2016

SKOP DIE NUWE JAAR AF MET DJ SE NUWE VIDEO
1 JAN ’16
Die DJ musiek video skop 2016 af.
Egmond se enkelsnit DJ is in Augustus uitgereik en sedert Oktober verlede jaar word daar gespog met fotos vanuit die video op Google+ en Facebook. Die video, wat spog met Rose Pahl as ‘n mannequin DJ, is vandag uitgereik.
Update 2 Jan ’16:
Die nuwe musiek video word elders ook gelys. DJ se kraakvars musiek video is nou ook te sien op Vimeo. Loer hier na die video.

DJ – REG OF WEG?
4 JAN ’16
Pieter Cloete vra wat dink jy van DJ.
Maak jou stem dik in die nuwe poll wat uitgereik is op PieterCloete.Com en laat hoor of jy dink die nuwe video is “Reg” of “Weg”. Stem hier.

VUIL WASGOED WORD DELUXE
16 FEB ’16
Egmond se derde album kry ‘n Deluxe Edition.
Die 4-stuk EP Vuil Wasgoed is vandag uitgereik as ‘n deluxe 10-stuk album. Die 6 bonus snitte op die album sluit onder andere twee nuwe demos in van die liedjies wat oorspronklik weggelaat was van die EP in 2014, nl. Melkweg Reënboog en DJ. Kry die album vandag nog.
Update 7 Nov ’22:
Die Deluxe Weergawe word eersdaags afgetree om plek te maak vir die EP se 10de herdenking in 2024. Die oorspronklike 4-stuk EP is weer beskikbaar gestel.

‘DOUBLE A-SIDE’ ENKELSNIT WORD UITGEREIK
30 AUG ’16
Melkweg Reënboog en Reën (Aan Die Brand Steek) is nuwe enkelsnit.
As voorganger vir die nuwe album Nog Vuil Wasgoed reik Egmond sy eerste ‘Double A-Side’ enkelsnit uit met twee liedjies wat nog groot treffers gaan word. Die jare lange bespreekte Melkweg Reënboog is uiteindelik in sy volledige studio weergawe beskikbaar, terwyl Reën (Aan Die Brand Steek) die 2016 remake weergawe van die liedjie is. Musiek videos volg vir beide liedjies in die volgende paar maande.

NOG VUIL WASGOED WORD UITGEREIK
31 AUG ’16
Egmond se vierde album nou beskikbaar.
Die susters-projek van die EP Vuil Wasgoed is vandag bekend gestel. Die album, wat 7 snitte bevat, is nou beskikbaar.

REËN AAN DIE BRAND STEEK VIDEO VRYGESTEL
17 SEP ’16
Die see en strand video vir die hartseer ballade is voltooi.
Die offisiële musiek video word bekend gestel op You Tube kort nadat ‘n gedeelte daarvan verskyn het in die promosie advertensie van die Nog Vuil Wasgoed album. Egmond vertel dat die Kruger-broers wat in die musiek video verskyn alreeds in 2014 afgeneem was en dat dit destyds vir Paradys se video bedoel was, maar dat toe toe gebêre was en nou eers gebruik is.

VLIEG SE NOG VUIL WASGOED WEERGAWE TREF OOK DIE LIG
17 SEP ’16
Die duet met Yolandi kry ‘n tweede musiek video.
In 2011 het die oorspronklike musiek video vir Vlieg die lig gesien. In 2016 kom ‘n tweede weergawe – die weergawe wat oorspronklik in 2012 sou verskyn het! Die nuwe “aangepaste” video is uitgereik vir verdere promosie vir die Nog Vuil Wasgoed album wat verlede maand uitgereik is. Die musiek video word op dieselfde dag uitgereik as die nuwe video vir die treffer Reën Aan Die Brand Steek.

MUSICAL VENTURE RADIO BERIG OOR NOG VUIL WASGOED
7 OKT ’16
Die nuwe album kry ‘n aanlyn berig.
Musical Venture Radio se webwerf het vandag ‘n berig geplaas oor die nuwe album, tesame met ‘n skakel van die musiek video Reën Aan Die Brand Steek. Lees die berig hier.

GISTER KRY EXCLUSIVE 2016 REMIX
13 OKT ’16
Die enkelsnit word slegs op iTunes Connect uitgereik.
Die enigste snit vanaf Ongevraagde “Hello” wat nooit as enkelsnit uitgereik was nie word vandag in ‘n nuwe formaat uitgereik slegs op iTunes Connect. Die liedjie is ‘n nuwe weergawe van die oorspronklike 2005 opname ter viering van die debuut album se 5de herdenking.

DIS ELEKTRIES 2016 REMAKE VERRAS
18 OKT ’16
Die enkelsnit word uitgereik ter viering van die debuut album se 5de herdenking.
Egmond se groot treffer Dis Elektries word uitgereik vandag in ‘n nuwe vorm. Na die sukses van die remakes van beide Kom Red My en Reën (Aan Die Brand Steek), is die liedjie spesiaal opgeneem ter viering van die debuut album se 2011 uitreiking. Die liedjie gaan ook gepaard met ‘n nuwe musiek video en bevat nuwe stem opnames deur Egmond. Die remake is deur Sandy Robbie behartig.

“AFRIKAANSE KUNSTENAARS EN NUWE ALBUMS” SKRYF OOR VLIEG OP FACEBOOK
17 NOV ’16
Die Afrikaanse vermaaklikheids groep deel die Vlieg video op Facebook.
Die bladsy deel mee dat Egmond “Nog een opkomende kunstenaar wat nog gaan naam maak” is met die skakel van die Vlieg duet met Yolandi.