Melkweg Reënboog en Reën (Aan Die Brand Steek) is die derde enkelsnit vrystelling vanaf Egmond se Nog Vuil Wasgoed album en die tweede “double A-side single” vrystelling van Egmond se loopbaan naas V’more / This Morning in Desember 2003 op CD-single. In ‘n verbasende skuif het beide liedjies enkelsnit status gekry toe die official audio van Melkweg Reënboog en toe Reën (Aan Die Brand Steek) in Augustus op You Tube verskyn het en verwys het na die vrystelling as ‘n “double A-side single”. Volgens Egmond kon hy nie kies tussen die twee treffers nie en het hy eenvoudige besluit om in daardie geval beide uit te reik.

Reën (Aan Die Brand Steek) het op Vuil Wasgoed verskyn en sou uitgereik geword het as die laaste enkelsnit van die EP, maar dit is teruggehou en in 2015 het dit weer ‘n draai in die studio gemaak en die 2016 Remake is gebore. Die produksie van die liedjie is laat Julie 2016 voltooi.

Die liedjie, wat reeds in 2011 gepen is, is oorspronklik in Augustus 2014 opgeneem (dieselfde dag as DJ!!!). Daardie studio opnames het twee weergawes van die liedjie vorendag gebring. (Die ander weergawe het sanger Marc Skarda gefeature as gaskunstenaar en is later uitgereik as ‘n bonussnit op die Vuil Wasgoed Deluxe-album).

Reën (Aan Die Brand Steek) het op Treffers Radio se Top 30 in Maart sy verskyning gemaak. Die liedjie se hoogste plek in die Top 30 was in die nommer 4 posisie. Die snit was vir meer as 12 weke lank in die Treffers Radio se Top 30 voordat dit uitgetree het om plek te maak vir Koebaai laat Junie 2018.

Volgens Egmond gaan Reën (Aan Die Brand Steek) oor die hulpelose gevoel wat agtergeblewendes het nadat iemand naby aan hul gesterf het. Egmond se worshond Sebastiaan is in April 2016 oorlede, 13 jaar nadat hy hom as geskenk gekry het. “Sebastiaan is oorlede terwyl die liedjie weer in produksie was en dit het gevoel asof die woorde deur iemand anders spesiaal vir my geskryf is. Ek voel nog sterker oor die boodskap hieragter en ek het besluit om hierdie liedjie aan Sebastiaan op te dra. Hy was daar van dag een af met my musiek loopbaan. Hy het my elke noot hoor skryf – insluitende hierdie liedjie s’n.”

Die enkelsnit se omslag beeld die eerste foto wat Egmond van homself en Sebastiaan geneem uit het toe hy hom as geskenk gekry het in Augustus 2003. ‘n “Visual Video” vir die enkelsnit is op iTunes Connect en YouTube bekend gestel in Augustus 2016 as ‘n homage aan Sebastiaan. Die offisiële musiek video vir Reën (Aan Die Brand Steek) is laat September 2016 bekend gestel op You Tube kort nadat ‘n gedeelte daarvan verskyn het in die promosie advertensie van die Nog Vuil Wasgoed album. Egmond vertel dat die Kruger-broers wat in die musiek video verskyn alreeds in 2014 afgeneem was en dat dit destyds vir Paradys se video bedoel was, maar dit is in die laai geplaas en gebêre totdat die regte liedjie te voorskyn gekom het. “Ek het hul elkeen eers ‘n mock-up van die video gewys vir hul approval voordat die sing dele bygelas was. Almal het dadelik ingestem!”

In 2026 word die enkelsnit geskei vanaf sy Double A-Side genoot om as ‘n individuele enkelsnit uitgereik te word as deel van die COLLECTORS Reeks. Die enkelsnit bevat die remastered Video Mix, asook die nuwe Alt Version, wat ‘n ietwat alternatiewe intro bevat. Die enkelsnit se oorspronklike ontwerp is steeds behou, sonder die sterre motief wat die oorspronklike omslag vertoon voordat daar besluit was om die liedjie in ‘n Double A-Side uitreiking in te verander. In Junie 2026 word die enkelsnit as ‘n limited edition 12″ Vinyl uitgereik op Elastic Stage.

Release history

Streaming – 30 Augustus 2016 (Double A-Side met Melkweg Reënboog)
CD-Single – 24 April 2026
LP-Single – 14 Junie 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Video Mix
2) Alt Version

12″ VINYL Tracklisting

A1) Video Mix
B1) Alt Version

Video stills

STROOM “MELKWEG REËNBOOG / REËN AAN DIE BRAND STEEK” HIER

Jy was daar, nog altyd en toe kom jou afskeid. My hart so gebroke, ek voel so verlore, verlore. Ek sal die reën aan die brand steek, en tussen sterre verdwaal. Om voor jou te loop, om jou te gaan haal. Want jy is my feë verhaal, verhaal. En engel ek kom jou haal. Die dagbreek is elders, die maanskyn in kelders. Jou spasie leeg langs my. Jou grasie skort in my. Ek sal die reën aan die brand steek, en tussen sterre verdwaal. Om jou op te spoor, om jou te gaan haal. Ek sal die reën aan die brand steek, en al die wolke betaal om voor jou te loop as ek jou kom haal. Want jy is my feë verhaal, verhaal. Die lewe sonder jou faal, so faal. En engel ek kom jou haal.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO