2020

ONGEVRAAGDE “HELLO” SKRIKKELJAAR UITGEREIK

29 FEB ’20

Die oorspronklike “Radio Weergawe” is nou beskikbaar.
Alhoewel Ongevraagde “Hello” se “finale” weergawe in 2011 uitgereik was, was die album reeds in 2008 op skrikkeljaar bekendgestel en uitgereik aan radio stasies regoor Suid-Afrika. Hierdie oorspronlike album weergawe, wat die oorspronklike weergawes bevat van die geliefde album, word nou as die SKRIKKELJAAR weergawe uitgereik – presies 3 skrikkeljare later en met 3 bonus snitte van liedjies wat nooit die album gehaal het nie. Ingesluit is die akoestiese optrede van In My Arms, asook die studio demos van Een Ding en Rooi. Die album spog met die oorspronklike omslag wat vir die album in 2008 ontwerp was.

ONVOLTOOIDE 2010 VERSLAAF VIDEO UITGEREIK

26 MAR ’20

Die 2010 video opname nou op YouTube.
Ongevraagde “Hello” se sesde digitale enkelsnit, Verslaaf, het reeds in 2008 die rondtes gedoen op die web. ‘n Musiek video was beplan in 2010 en die eerste tonele was opgeneem in Maart daardie jaar maar die video was nooit voltooi nie. Hierdie video materiaal was 5 jaar later aangepas vir die enkelsnit se 2015 remix. Nou ‘n dekade later word die oorspronklike beeldmateriaal vrygestel soos wat dit opgeneem was.

BRUG LELIES VIDEO TREK NUWE BAADJIE AAN

1 APR ’20

Die oorspronklike 2010 video kry nuwe lewe.
Die tweede enkelsnit vanaf Ongevraagde “Hello” in 2008 was die treffer Brug Lelies, terwyl die musiek video eers in Januarie 2010 die lig gesien het. Die video is nou ter viering van die debuut album se digitale uitreiking gemoderniseer en tot sy volle reg gebring. Die video premiere die 7de April om 9vm op YouTube. Daar sal ook ‘n digitale uitreiking van die enkelsnit wees op dieselfde datum.

BRUG LELIES ENKELSNIT NOU DIGITAAL BESKIKBAAR

7 APR ’20

Die enkelsnit spog boonop met nuwe dans remix.
Brug Lelies se oorspronklike solo weergawe was reeds bekendgestel as Egmond se vyfde enkelsnit vanaf sy debuut album in 2008, maar was in 2011 vervang deur die duet weergawe wat op die album se finale weergawe bekend gestel was. Ter viering van die oorspronklike 2008 weergawe getiteld Ongevraagde “Hello” Skrikkeljaar is die liedjie se enkelsnit vir die eerste keer ook uitgereik op iTunes, Google Play en vele ander platforms. Die liedjie se b-side is ‘n nuwe dans remix wat nog nie voorheen beskikbaar was nie. Boonop is die 2010-uitgereikte musiek video nou beskikbaar in sy nuwe geredigeerde weergawe met addisionele spesiale effekte en nuwe footage wat nog nie gesien was nie maar reeds in 2009 opgeneem was.

VERSLAAF KRY MUSIEK VIDEO DEKADE LATER

23 APR ’20

Die 2008 enkelsnit sou reeds in 2010 ‘n video gekry het.
Verslaaf het in 2008 sy debuut gemaak op Channel24 as enkelsnit vir Egmond se debuut album Ongevraagde “Hello”. In 2010 is opnames vir ‘n musiek video begin maar nooit voltooi nie. In 2015 het die 1 Dosyn-album se Remix gedeeltes van daardie beeld materiaal herwin vir ‘n video, maar die oorspronklike liedjie het nooit ‘n volledige video ontvang nie. Nou ‘n dekade later word ‘n nuwe “Video Remix” uitgereik vir die treffer met opnames uit beide dekades. Die video word die 1ste Mei uitgereik op YouTube met ‘n digitale enkelsnit wat gaan volg op iTunes, Google Play en Spotify in Junie.

REMIXED ALBUM OPPAD

6 MEI ’20

Die 11-stuk album bestaan uit verskeie remixes.
Egmond stel sy eerste remix album bekend in Junie 2020 wat ‘n versameling van sy beste remixes insluit, ondermeer die splinternuwe Verslaaf Video Remix, die remix van Brug LeliesKom Red My se Vocal Up Remix, asook talle voorheen onbeskikbare mixes wat so ver terug strek as 2003. Die album word op iTunes, GooglePlay en Spotify uitgereik deur Next Music.

KOM RED MY REMIX VIDEO

7 MEI ’20

Die Vocal Up Remix spog nou ook met ‘n musiek video.
Die 2013 treffer Kom Red My se remix was ingesluit op die 2015 remake enkelsnit, en later op die treffers album Meer Sirkus Applous, herdoop as die 2019 Remix omdat dit beplan was vir uitreiking daardie jaar. Daardie weergawe het nou, as deel van Egmond se Remixed album, ‘n musiek video ontvang. Die video bestaan uit beeldmateriaal van die oorspronklike musiek video feature, agter die skerms en ook studio opnames. Die album Remixed word binnekort digitaal uitgereik. Kom Red My sal as remix enkelsnit uitgereik word later die jaar.

VLIEG ACAPELLA VIDEO MET YOLANDI

10 MEI ’20

Die 2011 treffer se Acapella weergawe word boonop gebruik op TikTok.
Egmond en Yolandi se top 5 treffer Vlieg se Acapella weergawe word in video formaat uitgereik op Moedersdag nadat dit ontdek is dat hierdie weergawe gereeld op TikTok gebruik word deur die publiek vir hul tuis videos. Die video, wat ‘n ietwat verkorte weergawe is van die finale snit, is volkleur beeldmateriaal wat nog nooit te sien was nie sedert dit in 2011 opgeneem was. Die Acapella weergawe het in 2016 op die deluxe weergawe van Vuil Wasgoed verskyn.

THIS MORNING REMIX GETS NEW VIDEO

11 MAY ’20

The 2003 Arnaldo Suarez Remix is the latest Remixed album track to receive a music video.
Egmond’s first single was released in August 2003 as a limited edition CD-single. This release featured a remix by Arnaldo Suarez from Argentina. This remix has now been included on Egmond’s new album Remixed – 17 years after it originally appeared on the CD-single. It is the first time that the remix has been made available digitally. As part of the album’s promotion, the remix was treated to a new music video. In 2013 an “iTunes Version” of the original 2003 music video was released that matched the single’s digital release cover, but in 2017 the video was deleted in favour of a new edit of the original 2003 version. That 2013 version has now been revisited and a new edited version of it is being released for the remix’s music video.

JY’S IN MY BLOED REMIX KRY OOK VIDEO

12 MEI ’20

Nog ‘n Remixed snit word bederf met ‘n musiek video.
Daar word vandag ‘n nuwe video bekend gestel vir die Jy’s In My Bloed remix wat verskyn op Egmond se opkomende album Remixed. Volgens Egmond is die video materiaal in 2012 opgeneem maar later geskraap. Die finale video het ander beeldmateriaal gebruik wat in 2013 opgeneem is, al het gedeeltes van die 2012 opnames in die video opgeeindig. Die remix maak gebruik van die 2012 footage en wys hoe die oorspronklike musiek video eintlik sou gelyk het. Die nuwe video maak dit die onlangste vrystelling van ‘n string videos wat ter reklame van die Remixed album uitgereik word, en Egmond noem dat daar nog oppad is!

GEE VOOR JY GROET REMIX VIDEO NOU UIT

13 MEI ’20

Die nuutste Remixed musiek video snit word bekend gestel.
Gee Voor Jy Groet se “2007 Remix” is die nuuste video wat volg op ‘n string treffers se remix videos wat vir Egmond se nuwe album Remixed uitgereik word. Die video is ‘n mengsel van die oorspronklike 2010 musiek video asook optredes van die liedjie. Die wit en swart video is nes Kom Red My se remix ook ‘n anamorphic wide screen voltooi.

BRUG LELIES DUET KRY NUWE VIDEO

18 MEI ’20

Die duet weergawe spog nou ook met ‘n nuwe musiek video.
Egmond se enkelsnit Brug Lelies het onlangs ‘n nuwe musiek gekry gekry. Die duet weergawe volg nou met ‘n ander verwerking van daardie video, asook nuwe materiaal van Yolandi wat nog nooit voorheen beskikbaar was nie. Die video premiere Vrydag 22 Mei 2020 om 9vm.

BRUG LELIES REMIX VIDEO VOLTOOI REMIXED VISUELE ALBUM

20 MEI ’20

Die nuwe album het nou ook ‘n visuele album geword.
Die nuwe album Remixed is Egmond se nuutste konsep album wat ook ‘n volledige visuele genoot het. Die album wat uit 11 remixes bestaan is nou in sy volledigheid uitgereik op You Tube as ‘n playlist wat ook die Brug Lelies remix insluit. Die video bevat nuwe beelmateriaal wat oorspronklik nie gebruik was vir die video nie weens die kwaliteit daarvan, maar wat herwin is in die splinternuwe remix weergawe. Die video premiere Vrydag 29 Mei 2020 om 9vm.

LUISTER NA EGMOND OP SPOTIFY

22 JUN ’20

Luister na jou gunsteling Egmond-album, EP of enkelsnit.
Die bekende musiek platform Spotify spog ook met Egmond se musiek om te stream. Die volledige back-catalog is beskikbaar om na te luister, met ‘n “verified artist” status vir die bladsy wat ook spog met fotos en meer. Volg die skakel en volg Egmond nou op Spotify.

ELECTRIC SINGLE & VIDEO OUT NOW

30 JUN ’20

The new single boasts a unique music video.
Egmond’s new single Electric is out now on all digital platforms. The single, which was announced in May to be a solo version of the 2007 recorded track, utilized the original footage filmed in 2013 for a then-incomplete music video that saw the light in 2014. The song, which previously featured Nathi Louw, is now available for the first time as a solo record since it was released on a limited CD-single in 2007. Read about the single release here. Watch the new music video here.

KOM RED MY REMIX NUWE ENKELSNIT

23 JUL ’20

Die volgende enkelsnit vanaf Remixed is die “Vocal Up Version” van Kom Red My.
Die tweede uitreiking vanaf die nuwe album Remixed is Egmond se treffer Kom Red My wat in remix vorm ingesluit is op die album. Die weergawe moet nie verwar word met die 2015 weergawe wat op die enkelsnit ingesluit was nie, aangesien dit nie die ander intro en interlude bevat soos in daardie weergawe nie. Die liedjie se musiek video is reeds uitgereik as deel van die album se visuele vieringe. Die enkelsnit word eersdaags op iTunes, Spotify, GooglePlay en ander digitale platforms uitgereik.

SPOTIFY #2020ARTISTWRAPPED

3 DES ’20

Spotify se jaarlikse Artist Wrap gee dieper insig.
Die offisiële Spotify Egmond profiel het die afgelope jaar se interaksie gedeel, met hoogtepunte dat die kunstenaar se musiek oor die 7 ure lank gespeel was en dat 20 lande die jaar na Egmond musiek geluister het. #2020ArtistWrapped

EVERYTHING WE SAY OUT NOW

4 DEC ’20

The new music video also debuts today!
After three years of talking about the single, the next Egmond and Algorrid3m collaboration has finally seen the light at the start of December 2020. The first official snippet from the upcoming single was teased in August on YouTube. The highly anticipated single, which also has its YouTube debut at 8:30AM CAT, is released as a 2-track digital single including the standard single version and music video mix. 

Update 18 Sep ’22:
The single has now been retired to make way for the new Sandy Robbie remake that will be released later this year.