2021

VERSLAAF (2021 VERSION) NUWE ENKELSNIT

26 FEB ’21

Die nuwe musiek video en enkelsnit word uitgereik.
Die eerste enkelsnit vanaf die opkomende Ongevraagde “Hello” 2.0 projek sien vandag die lig. Verslaaf (2021 version) se musiek video en digitale uitreiking is beskikbaar op alle vooraanstaande platforms, insluitende iTunes, YouTube Music, Spotify en meer.

DIS ELEKTRIES (FT YOLANDI) KRY NUWE LEWE IN 2021 REMAKE

19 APR ’21

Die opkomende dans treffer premiere 27 April.
Egmond en Yolandi se nuwe enkelsnit Dis Elektries, vanaf die opkomende Ongevraagde “Hello” 2.0 projek, maak sy debuut die op die vakansie dag 27 April 2021 om 8vm op YouTube. Die enkelsnit, spesiaal opgeneem vir die album wat later die jaar uitkom, sal te koop wees op die 7de Mei 2021 op alle vooraanstaande digitale platforms.

Die liedjie is die afgelope jaar opgeneem in Suid-Afrika en Australië met Sandy Robbie agter die stuur. Die 2010 en 2016 weergawes van die liedjie word afgetree om plek te maak vir die splinternuwe weergawe.

DIS ELEKTRIES #4 OP TREFFERS RADIO

28 APR ’21

Die nuwe inskrywing word ‘n Top 5 treffer.
Egmond en Yolandi se nuwe enkelsnit het verlede week premiere op die stasie wat die nommer een treffer Melkweg Reënboog opgelewer het in 2018. Die liedjie het hierdie week sy debuut gemaak in die Top 20 in die nommer 4 posisie.

Update 4 Mei ’21:
Die enkelsnit is in sy tweede week in die nommer 5 posisie.

DIS ELEKTRIES 2010 REMASTERED MUSIEK VIDEO OPPAD

18 JUNIE ’21

Die oorspronklike video kry nuwe lewe.
Die 2010 musiek video treffer Dis Elektries (ft Yolandi) se “remastered version” word uitgereik op 30 Junie 2021. Hierdie weergawe gebruik die splinternuwe 2021 enkelsnit met moderne effekte en behou steeds die gevoel van die 2010 video. “Dit is ‘n groot plesier om hierdie ‘remastered’ weergawe uit te reik,” vertel Egmond, “en dis altyd lekker om iets te release op jou verjaarsdag, of course!”.

MORS (2021 VERSION) VIDEO & ENKELSNIT

24 SEP ’21

Die nuwe video en digitale enkelsnit nou uit.
Die onlangs bespiegelde 2021 weergawe van Mors is vandag uitgereik op digitale platforms. Die musiek video word ook vandag bekend gestel op YouTube. Kry die enkelsnit op jou gunsteling winkel hier. Die uitreikings datum vir die nuwe enkelsnit is gekies om die 10de herdenking van die oorspronklike 2011 Mors musiek video te vier.

TREFFER ALBUMS OP SOUNDCLOUD

14 OKT ’21

Die 3 treffer albums is nou op SoundCloud.
Sirkus ApplousMeer Sirkus Applous en 1 Dosyn – Grootste Treffers is in April vanjaar afgetree op digitale winkels om plek te maak vir die opkomende 2022 album Sirkus Applous Encore, die opgedateerde treffers album wat die opkomende enkelsnit Encore (Op Die Radio) sal insluit. Maar die sanger wou graag steeds die drie kompilasie albums iewers beskikbaar hê vir luisteraars en dit het ‘n tuiste gevind op Egmond se SoundCloud blad.

Vir die weergawes word die nuwe 2021 opname van Dis Elektries (ft Yolandi) en die 2015 opname van Kom Red My ingesluit. Besoek die nuwe Albums bladsy vir die SoundCloud skakel na die individuele albums.

ONGEVRAAGDE “HELLO” 2.0 WATCH PARTY

22 NOV ’21

Die nuwe album word gevier met ‘n YouTube “Watch Party”.
Ongevraagde “Hello” 2.0 word uitgereik op 3 Desember op alle digitale platforms. Om die album te vier, word daar ‘n spesial “Watch Party” gehou op YouTube. Kliek hier om die volledige speellys te sien wat op 3 Desember sy debuut maak.

HELLO LIRIEKE VIDEO PREMIERE 1 DESEMBER

29 NOV ’21

Die opkomende enkelsnit se lirieke video oppad.
Hello, die volgende treffer wat uitgereik gaan word vanaf Egmond se opkomende album Ongevraagde “Hello” 2.0, gaan om middernag op 1 Desember premiere met ‘n lirieke video. Die enkelsnit sal in vroeg 2022 uitgereik word met ‘n musiek video. Intussen stel die lirieke video die nuwe opname bekend wat die afgelope jaar in Suid-Afrika en Australië opgeneem is by producer Sandy Robbie.

ONGEVRAAGDE “HELLO” 2.0 NOU BESKIKBAAR

3 DES ’21

Die nuwe 2.0 album word vandag uitgereik.
Egmond bied met trots die reinkarnasie van sy debuut album aan in die vorm van Ongevraagde “Hello” 2.0; beskikbaar vandag op alle digital platforms. Die album sluit die Top 5 treffer Dis Elektries (ft Yolandi) in, asook die 2021 weergawe van Verslaaf wat in die begin van die jaar reeds oor die 4 duisend kykers op YouTube getrek het. Die nuutste enkelsnit wat in 2022 uitgereik word, Hello, se lirieke video is die 1ste Desember bekend gestel en spog klaar met oor die 600 kyker getalle in slegs 2 dae. Lees meer oor die album hier.

#SPOTIFYWRAPPED 2021

4 DES ’21

Spotify se jaarlikse Artist Wrap gee dieper insig.
Die offisiële Spotify Egmond profiel het die afgelope jaar se interaksie gedeel, met hoogtepunte dat die kunstenaar se musiek amper 13 ure lank gespeel was (dit is bykans dubbel soveel as 2020) en dat 15 lande die jaar na Egmond musiek geluister het. #SpotifyWrapped