Na ‘n “dosyn jare” in die industrie, maak Egmond sy buiging met ‘n versameling van sy grootste treffers tot dusver (let wel nie almal nie, bygesê!) op die album 1 Dosyn. Sê Egmond “My 12 jaar herdenking in die musiek industrie het voorgelê en wat ‘n beter manier om dit te vier deur ‘n Grootste Treffers album uit te reik!!! Aangesien daar alreeds 3 singles vanaf die Vuil Wasgoed EP uitgereik was, en verskeie ander nuwe snitte nog in produksie was vir die opvolg EP Nog Vuil Wasgoed, was daar meer as genoeg materiaal om in te sluit op die album.”

Die 12-stuk album skop af met sy debuut 2003 opname This Morning, en word gevolg deur ‘n string bekende snitte en voorheen onbeskikbare juwele, insluitende ‘n aangepasde weergawe van Electric (ft Nathi Louw) (wat naas This Morning nog nie voorheen op enige Egmond-album beskikbaar was nie), ‘n spesiale 2015 Remix van Verslaaf en Jy’s In Paradys, ‘n nuwe weergawe van die 2014 treffer Paradys (ft Slay). Die musiek video van Jy’s In Paradys en die single is op 1 Junie 2015 uitgereik. Verslaaf is uitgereik as die 2de single vanaf die album ook in Augustus en sy promosie video is in Julie 2015 bekend gestel.

Wat die album ook uniek maak is dat die versameling bestaan uit verskeie voorheen onbeskikbare weergawes van verskeie liedjies (soos die musiek video weergawes, oorspronklike asook langer weergawes, en nog vele ander). Die album se loop orde is ook chronologies gerangskik, en lys die musiek soos wat dit voltooi was deur die jare.

Die album vier die kunstenaar se loopbaan vanaf 2003 tot 2015. Die promosie video vir die album is in 2016 aanlyn beskikbaar gemaak. In April 2021 word die album onttrek van alle platforms om plek te maak vir die nuwe opkomende Sirkus Applous Encore, ‘n opgedateerde treffer album wat in 2022 uitgereik gaan word. Die album was beskikbaar op SoundCloud tot mid 2025 en het die 2021 weergawe van Dis Elektries (ft Yolandi) asook die 2015 weergawe van Kom Red My ingesluit. Die weergawe is afgetree nadat die 10de herdenkings Revisited album afgekondig is.

Egmond vertel dat hy, nes met die 2011 weergawe van sy debuut album, ‘n 10 jaar herdenking van sy eerste Grootste Treffers albums wou vrystel. “Dit was altyd die plan gewees om die album terug te bring. Daar is sedert dit in 2015 uitgereik is baie veranderinge gemaak aan amper al die snitte. Baie is opgegradeer, geremaster, en ander is heeltemal oor opgeneem. Vyf van die liedjies het ook nie die Koeksister Pop album gehaal nie, en die was die geleentheid om hulle hul regte plek te gee.” Die remake van Jy’s In Paradys is al in 2024 uitgereik as ‘n bonus snit op die deluxe weergawe van Karnaval, en word as enkelsnit uitgereik twee weke voor die album se bekendstelling mid Augustus 2025. ‘n Nuwe musiek video is ook opgeneem hiervoor.

Die oorspronklike album word vir die eerste keer weer uitgereik laat Desember 2025, met slegs die snitte Dis Elektries en Kom Red My wat met hul nuutste weergawes vervang word. Die album is slegs beskikbaar op CD en LP as deel van die COLLECTORS reeks. Die Revisited weergawe word as ‘n verrassing uitgereik op die laaste dag van die jaar, en is as limited edition van 20 eksemplare beskikbaar op CD en LP.

Release history

Uitgereik 19 Augustus 2015
Revisited – uitgereik 15 Augustus 2025
Collectors LP/CD uitgereik 26 Desember 2025
Revisited – Collectors LP/CD uitgereik 31 Desember 2025

Tracklisting

2015

1) This Morning
2) Mors [extended version]
3) Jy’s In My Bloed (ft Glenda Millar)
4) Iewers
5) Electric (ft Nathi Louw) [new edit]
6) Gee Voor Jy Groet
7) Verslaaf [2015 Remix]
8) Dis Elektries (ft Yolandi)
9) Vlieg (duet met Yolandi)
10) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
11) Kom Red My
12) Jy’s In Paradys (ft Slay)

2025

1) This Morning (Album Version – 2023 Remaster)
2) Mors [extended version]
3) Jy’s In My Bloed (ft Glenda Millar)
4) Iewers
5) Electric (ft Nathi Louw) [new edit]
6) Gee Voor Jy Groet
7) Verslaaf [2015 Remix]
8) Dis Elektries (ft Yolandi – 2021 Version)
9) Vlieg (duet met Yolandi)
10) Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix)
11) Kom Red My (2015 Remake)
12) Jy’s In Paradys (ft Slay)

2025 – Revisited

1) This Morning (Single Edit – 2023 Remaster)
2) Mors (2021 Version)
3) Jy’s In My Bloed (ft Glenda Millar – 2021 Remaster Edit)
4) Iewers (Album Version)
5) Electric
6) Gee Voor Jy Groet (Single Edit)
7) Verslaaf (Video Remix)
8) Dis Elektries (ft Yolandi – 2021 Version)
9) Vlieg (ft Yolandi)
10) Ongelooflik (ft Kaley)
11) Kom Red My (2015 Remake)
12) Jy’s In Paradys (ft Algorrid3m – 2024 Remake)

STROOM “1 DOSYN REVISITED” HIER

• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (12) musiek ook deur Algorrid3m.
• Opgeneem tussen Jun 2003 en Aug 2015.
• Opnames gedoen by Air Studios (1, 3, 5, 7, 10), Shilling Fox (9), AdRock Studios (2, 4, 6) Barend du Plessis (8), Pieter de Bruin (8), Marc Skarda (12) en Sesalos (11).
• Finale produksie en meng deur Bernie Millar (1, 3, 5, 7, 10), Marc Skarda (12), Shilling Fox (9), Renier Henn (2, 4, 6).
• Remixes behartig deur Arnaldo Suarez (10) en Egmond (7).
• Oorspronklike produksie en programering deur Egmond (8, 10), Thabang Makoe en Kgotso Shomang (5), Sandy Robbie (9, 11).
• Addisionele produksie en programering deur Sandy Robbie (12).
• Agtergrond stemme deur Glenda Millar (1 & 3).
• Agtergrond stemme deur Esti Henn en Marisela (6).
• Agtergrond stemme deur Marc Skarda (12).
• Kitaar deur Sandy Robbie (1, 3, 5, 7, 10, 12).
• Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg.
• DJ Slay / Algorrid3m verskyn op Jy’s In Paradys.
• Nathi Louw verskyn op Electric.

© Kopiereg SAMRO