Die debuut album Ongevraagde “Hello” is tussen 2003 en 2008 opgeneem by Bernie Millar en Renier Henn. Die album spog met ‘n verskeidenheid talente as deel van die produksie, naamlik Sandy Robbie, Glenda Millar, Nathi Louw, Tshepo Mohapi, Thabang Makoe, Kgotso Shomang, Esti Henn, Eduan Henn en Marisela. Op skrikkeljaar sien die album die lig (met die bonus “ekstras album” Ongevraagde “Ritmes”) op CD en digitaal. Verskeie radio onderhoude tussen 2004 en 2008 sorg vir lugtyd van die enkelsnitte. RhythmRecords reik ook die album uit digitaal en in Mei 2008 en ‘n promosie veldtog op 24.com en Channel24 volg. Verskeie album snitte word bemark en as gratis downloads beskikbaar gestel.

In 2009 word As Jy Wil ‘n #1 download en word daar besluit om die demo weergawe van Dis Elektries te verander in ‘n duet, maar daardie opname word onttrek. Terwyl mede-skrywer Nathi Louw op televisie verskyn in 2009, en die liedjie Brug Lelies se wysie op kitaar speel, kry Egmond die idee om meer mense te bereik in die formaat. Die sanger waag sy hand agter die kamera en neem self ‘n musiek video op vir Brug Lelies, wat die lig sien in Januarie 2010. Dit lei tot ‘n uitnodiging van ASTV om die video in te dien, maar omdat daar reeds video opnames vir Gee Voor Jy Groet voltooi was, word daar besluit om dié video eerder te voltooi en in te dien. Die besluit lewer resultate en die wit en swart musiek video word ‘n weghol treffer.

Dis Elektries word weer benader as ‘n duet, en ou skool sang maat Yolandi van Deventer, neem haar stem op by Pieter de Bruin. Die musiek video word die vierde treffer wat op ASTV draai en daar word besluit om die debuut album ‘n tweede kans te gee. In September 2010 word die album met ‘n aangepasde loop orde en nuwe omslag uitgereik. Die album sluit die nuwe duet met Yolandi in asook ‘n remix van voorheen onbeskikbare opname Ongelooflik. ‘n CD en DVD stel word ook uitgereik op Egmond.Co.Za en pryse word weggegee in ‘n kompetisie van ‘n plaaslike koerant.

Die jaar 2011 lewer nog ‘n string suksesvolle musiek videos op. Ou enkelsnitte word weer uitgereik en Channel24 bemark die musiek en videos. Radio sukses volg met verskeie onderhoude en top 10 treffers, terwyl Dis Elektries (ft Yolandi) vir 8 weke lank die nommer een posisie beklee op Uitsaaines in 2011. Die aanvraag na nog ‘n duet met Yolandi lewer twee opnames op. Brug Lelies word verander in ‘n duet vir ‘n nuwe weergawe van die album, terwyl daar in die agtergrond gewerk word aan Vlieg wat geskeduleer word as ‘n enkelsnit vir einde van die jaar.

Met Brug Lelies (ft Yolandi) in die kant word die album se loop orde weereens verander. Brug Lelies word laaste geplaas om die album af te sluit, en die remix van Ongelooflik, asook die deel 2 van Dis Elektries, word verwyder om die album weereens ‘n kort en kragtige 10-stuk versameling te maak. (Die solo weergawe van Brug Lelies, deel 2 van Dis Elektries en Ongelooflik word later in 2012 ingesluit op die Ongevraagde “Ritmes” album.) Die 2008 en 2010 weergawes word afgetree en Egmond deel met die uitreiking dat hy gevoel het of die album uiteindelik voltooi was. Die omslag wat ontwerp was vir die album se 2010 weergawe is aangepas om elemente van die musiek videos uit te beeld, met tonele wat op die agtergrond verskyn, asook Egmond se worshond Sebastiaan wat in die hoek links onder loer na die kamera.

Die debuut album was in Desember 2011 in Musicco winkels uitgereik vir ‘n beperkte tydperk en is sedertien slegs op digitale platforms beskikbaar. In 2015 en 2016 is al die enkelsnitte ook uitgereik op iTunes met verskeie b-sides en demos as deel van die album se 5-jaar herdenking. ‘n Spesiale remake van Dis Elektries het gevolg in Oktober 2016, terwyl ‘n remix van Gister ook uitgereik is op iTunes Connect.

In 2020 is hierdie oorspronklike 2008 weergawe vir die eerste keer digitaal uitgereik, en aangesien dit ook op Skrikkeljaar gebeur, en boonop die 3de Skrikkeljaar is sedert 2008, is daar drie bonus snitte bygesit wat nie die album gehaal het nie. Die liedjies is ondermeer die akoestiese weergawe van In My Arms wat opgevoer is in 2003, asook die studio demos van Rooi en Een Ding. Die oorspronklike album omslag is weer gebruik vir die vrystelling tesame met die onderskrif Skrikkeljaar. Die omslag bring hulde aan die debuut album van Egmond se gunsteling musiek groep, Roxette. Daardie album, Pearls of Passion, het ‘n soortgelyke byskrif gehad het toe dit weer uitgereik was in 1997, 11 jaar na sy debuut.

Verskille tussen die 2011 weergawe en die oorspronklike 2008 weergawe sluit in die liedjies Dis Elektries en Brug Lelies wat beide in duette in verander is, met Dis Elektries wat ‘n totale ou demo weergawe uit die argiewe laat kom het om weer opgeneem te word as ‘n meer dans georienteerde weergawe. Ander liedjies soos Gister en Gee Voor Jy Groet het klein veranderings ondergaan in post-production. Die album het ook ‘n ander hardloop orde gehad, met Brug Lelies en Verslaaf wat plekke omgeruil het. Die liedjie Dis Elektries het ook in die 2011 weergawe opgeskuif in die nommer 5 posisie omdat die liedjie se nuwe styl meer ingepas het by die begin van die album.

Brug Lelies se solo weergawe is uiteindelik in 2020 digitaal uitgereik as deel van die album se promosie. Verslaaf sou self deel vorm van die bemarkings veldtog maar die remix weergawe is op die ou einde gebruik vir die Remixed album.

In Desember 2021 word die 2011 album se 10de jaar herdenk met die uitreiking van Ongevraagde “Hello” 2.0. Die album bevat nuwe weergawes van verskeie treffers, insluitende Dis Elektries. Met die uitreiking van “2.0” word die 2011 album ook afgetree. 

‘n Spesiale LP en CD van die debuut album word uitgereik as die “definitive” weergawe, wat slegs te koop aangebied word hier. Die album bestaan uit 12 snitte, en sluit ook die nuwe remasters van Gister en Jy’s In My Bloed in wat uitgereik word as hul onderskeidelike “20th Anniversary Editions” op Kersdag 2025. Die 2021 weergawe van Dis Elektries (ft Yolandi), asook die nuwe opname Hello, word hier ingesluit, saam met This Morning se 2023 single edit remaster. Die uitreiking bied twee weergawes van die album op CD en LP, met beide weergawes wat versamelaars die opsie bied met of sonder ‘n 12-bladsy booklet. Die booklet sluit voorheen onbeskikbare fotos in, en opgedateerde kunswerk vir die album.

Release history

Uitgereik 12 April 2007 – Gratis EP (Retired)
Uitgereik 29 Februarie 2008 (Retired)
Eerste reissue uitgereik 15 September 2010 (Retired)
Tweede reissue uitgereik 17 Oktober 2011
(Retired)
Skrikkeljaar” weergawe uitgereik 29 Februarie 2020
Collectors LP/CD uitgereik 12 Desember 2025

Tracklisting

2008 / 2020

1) Mors
2) V’more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Iewers
6) Gister
7) Jy’s In My Bloed
8) Dis Elektries
9) Brug Lelies
10) Verslaaf
11) In My Arms [Live & Unplugged] *
12) Een Ding [Demo] *
13) Rooi [Demo] *

* Skrikkeljaar bonus snitte

2010

1) Mors
2) V’more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Dis Elektries (ft Yolandi)
6) Iewers
7) Gister
8) Jy’s In My Bloed
9) Ongelooflik (RhudaRemix)
10) Dis Elektries (Deel 2)
11) Brug Lelies
12) Verslaaf

2011 / 2025

1) Mors
2) V’more
3) Gee Voor Jy Groet
4) As Jy Wil
5) Dis Elektries (ft Yolandi)
6) Iewers
7) Gister
8) Jy’s In My Bloed
9) Verslaaf
10) Brug Lelies (ft Yolandi)
11) Hello *
12) This Morning *

* 2025 Collectors Edition bonus snitte

STROOM “ONGEVRAAGDE ‘HELLO’ SKRIKKELJAAR” HIER

• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe Brug Lelies musiek ook deur Nathi Louw.
• Opgeneem tussen Jun 2003 en Okt 2011.
• Opnames gedoen by Air Studios, Pieter de Bruin en AdRock Studios.
• Finale produksie en meng deur Bernie Millar, Egmond en Renier Henn.
• Yolandi Van Deventer verskyn op Dis Elektries en Brug Lelies.
• Agtergrond stemme deur Glenda Millar (V’more, Jy’s In My Bloed, Gister).
• Agtergrond stemme deur Esti Henn en Marisela (Gee Voor Jy Groet).
• Kitaar deur Sandy Robbie, Nathi Louw en Tshepo Mohapi.
• Kitaar deur Tshepo Mohapi.

© Kopiereg SAMRO