Hello is die derde vrystelling vanaf Egmond se Ongevraagde “Hello” 2.0 album. Die splinternuwe opname is deur jare-lange collaborator Sandy Robbie voltooi in Australië in die laaste helfde van 2021. Die nuwe treffer, wat begin Desember 2021 bekend gestel was met ‘n lirieke video, het binne ‘n maand oor die 2000 kykers gelok op die platform YouTube. Die enkelsnit en musiek video word 4 Februarie 2022 uitgereik.

Hello het nes die 2021 weergawe van Dis Elektries ‘n nuwe baadjie aangetrek vir die 2.0 album. Volgens die sanger was dit brood nodig. Die liedjie het nuwe lirieke en ‘n nuwe titel gekry om te onderskei tussen die twee weergawes, soos ‘n ouer boetie of, in die album titel geval, ‘n “2.0” weergawe van die oorspronklike. Die lirieke is geskryf in August en September 2021 en stem opnames is tussen September en November 2021 voltooi.

Die titelsnit het ‘n lang geskiedenis wat strek tot in 2004. Dit is die sanger se heel eerste Afrikaanse liedjie wat geskryf is sonder om bestaande Engelse liedjies te vertaal. Die oorspronklik titel heet Gister. Die album titel, wat in Januarie 2004 bekend gemaak was, het sy tuiste gevind in die snit. Dit was die 4de opname wat vir die album voltooi was in 2005. Bernie Millar het die opname behartig met Sandy Robbie op kitaar en Glenda Millar op backing vocals. Die liedjie was as promosie enkelsnit uitgereik en die rock snit het sy debuut gehad in Desember 2005 op Radio Kragbron.

In 2006 was die liedjie opgevoer maar die gehoor se reaksie was baie negatief. Dit het alle geloof in die liedjie laat verdwyn en planne om dit as enkelsnit uit te reik was gestaak. ‘n iTunes Exclusive remix het in 2016 die lig gesien om die 2011 debuut album se 5de herdenking te vier. Dit het later in 2018 as die b-side op die Koebaai enkelsnit verskyn. In 2020 is dit op die Remixed album ingesluit.

Egmond vertel hy wou graag die liedjie ‘n tweede kans gee na die gemengde reaksie op dit omdat hy nog altyd in die wysie geglo het. Die nuwe lirieke bevat baie homages aan bekende pop kultuur van die mid tagtiger jare tot vandag, nl. Egmond se passie vir ThunderCats, He-Man, She-Ra, Teenage Mutant Ninja Turtles, en ook sy smaak in musiek (Roxette en Enya) en flieks of TV reekse (Harry Potter, The Lord of the Rings, Fringe, Lost en meer). Hy vertel dat hy reeds jare lank probeer om die verwysings in ‘n liedjie te gebruik, en dat dit perfek gepas het.

Die spesifieke verwysing na Super7 mag dalk party die kop laat krap. Maar die sanger, wat reeds in 2018 op die Van Coke Show sy versameling “speelgoed” vertoon het, vertel dat slegs ander versamelaars sal weet hoekom Super7 se ThunderCats ‘ongevraagd’ is. “Als wat ‘ongevraagd’ in die lirieke is is iets wat onverwags opgedaag het sonder om te vra daarvoor, maar wat baie welkom is.” Lees maar rond op die aanlyn forums hoekom Super7 geprys word nadat dit die ThunderCats ULTIMATES! reeks gered het ‘n paar jare nadat Mattel dit skielik gekanselleer het.

Die musiek video is in Januarie 2022 opgeneem en sluit verskeie tonele in wat sinspeel op die lirieke en selfs, die COVID-19 pandemie. Die sanger “cameo” self as die karakters Lion-O (van ThunderCats), She-Ra, He-Man, Michaelangelo (van TMNT), Hordak en Shadow Weaver (die heks!). Agter die skerms tonele van die “green screen” werk is op sosiale media gedeel met grepe uit die video wat die balans van Januarie gespog het om gereed te maak vir die launch. Die e-tydskrif Olka Bolka het ‘n artikel oor die nuwe enkelsnit geplaas en ook ‘n onderhoud gevoer met die sanger.

KRY “HELLO” HIER

“Hello” – ongevraagde “hello”. “Hello” – ongevraagd soos Roxette wat op jou hi-fi speel, of Enya om my hart te steel. Gister, sonder jou was daar gister. Weg is die spasie wat ekstra was op my bed. Jy die hotspot vir my Netflix internet. Gister, ek alleen saam met gister. Jy kry ‘n pizza, ons gaan weer Lost kyk. Ek vat ‘n selfie, ons albei try jonk lyk. “Hello” – ongevraagde “hello”. “Hello” – ongevraagd soos my Super7 ThunderCats, Turtles, He-Man, She-Ra, Hordak en sy heks. Gister, ek verlang nie na gister. Nou’s dit ek en jy! Naweke braai ons en kyk Harry Potter. Ek like my braaibroodjie buite gebotter. Gister, ek was alleen gewees gister. Nou’s dit ek en jy! Na ure wil ek The Lord of the Rings binge, Desperate Housewives of DVDs van Fringe…

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO