Die ontstaan van 17:28

Beskryf as sy mees persoonlike album tot nog toe, word 17:28 vroeg in 2026 aangekondig as die pop-rocker Egmond se volgende album. Met ’n uitreikingsdatum wat aanvanklik tentatief vir vroeg 2027 beplan word, begin die werk aan die projek stadig vorm aanneem.

Die album se reis begin met Aardbewing, die #1-treffer wat laat in 2025 uitgereik word en die eerste vrystelling uit die projek word.

Stop word as die tweede enkelsnit aangekondig. Die liedjie word egter byna teruggehou toe In My Arms in Januarie 2026 voorkeur kry as die moontlike opvolger van Aardbewing. Teen Maart word In My Arms weer onttrek en word Stop teruggebring as die tweede enkelsnit.

Met sy titel wat reeds ’n belangrike deel van die groter verhaal vorm, word Stop uiteindelik die perfekte opening tot die projek. Die liedjie word in Junie 2026 by Leon Barnardt opgeneem en bring ’n belangrike deel van die aanvanklike albumplan tot ’n einde.

Van album na EP

Die volgende hoofstuk van 17:28 ontstaan egter op ’n manier wat niemand beplan het nie.

Nee word laat in Julie 2026 aangekondig as die volgende opname. Egmond beskryf die liedjie as “stokoud en splinternuut” — ’n kombinasie van drie onafgehandelde wysies wat hy oor die jare eenkant gebêre het en wat uiteindelik soos ’n handskoen bymekaar gepas het.

Nee was volgens Egmond nooit deel van die oorspronklike 17:28-plan nie. Ná sy onderhoud op Kosmos Stereo voel hy egter die druk om weer ’n treffer soos Stop te lewer. Hy gaan huis toe en skryf die liedjie die volgende dag.

Skielik is daar ’n nuwe liedjie wat reeds op dieselfde vlak as Stop voel — en die nuwe snit begin ’n kettingreaksie wat verskeie ander liedjies se plek binne die projek verander.

Nee word die derde enkelsnit en word in Augustus 2026 opgeneem, met die finale afronding wat vir vroeg September beplan word.

Maar Nee is nie die laaste verrassing nie.

Teen middel Augustus 2026 word Droom Download as die volgende bevestigde snit vir 17:28 aangekondig. Net soos Nee was die liedjie nooit deel van die oorspronklike plan nie.

Die idee vir die liedjie ontstaan uit ’n toevallige opmerking van Egmond se skoonsuster voor ete. Toe sy opmerk dat hy teen agtuur daardie aand reeds sy eerste droom sou “download”, besluit Egmond onmiddellik dat hy ’n liedjie met dié titel gaan skryf.

’n Paar dae later het die toevallige opmerking in ’n liedjie verander.

Met Droom Download se ontstaan begin die oorspronklike albumplan finaal verander. Einde Augustus verskyn nog ‘n nuweling uit sy pen uit, getiteld Confetti Reën. Die snit is die laaste stuk van die legkaart wat bevestig dat die projek eerder as ’n vyf-snit-EP sal voort leef.

Vyf liedjies. Een storie.

Egmond beskryf Confetti Reën as die liedjie wat die projek perfek afrond.

Die vyf liedjies wat uiteindelik op 17:28 verskyn, hou volgens hom almal direk met mekaar verband en vertel ’n groter verhaal wat agter die albumtitel versteek lê.

Daar is ’n begin en ’n einde aan die verhaal, maar die volgorde van die liedjies volg nie noodwendig die chronologie van wat gebeur nie. Die luisteraar word dus self deel van die verhaal en kan besluit wat waar gebeur — en hoe die vyf liedjies bymekaar aansluit.

Die eindresultaat is ’n projek wat heelwat anders lyk as die album wat vroeg in 2026 aangekondig is. Die finale tracklisting word afgekondig mid September 2026 op sosiale media.

Liedjies wat deel van die reis was

Verskeie ander snitte is tydens die skryf- en ontwikkelingsperiode vir 17:28 aangekondig, waaronder Einde Van Die Begin, Iemand, Sondag Droom en Die Een Wat Jou Goodnight Wil Soen.

Sondag Droom is ’n Afrikaanse weergawe van Everything We Say, terwyl Iemand, ’n diep ballade wat oorspronklik in 2022 geskryf is, in 2026 nuwe lirieke kry. Daar is selfs ‘n Engelse weergawe geskryf vir ‘n duet met ‘n Sweedse kunstenaar, getiteld Drowning. Daardie liedjie sal ook in die nabye toekoms die lig sien.

Einde Van Die Begin het ’n nog langer geskiedenis. Die liedjie is oorspronklik in 2004 geskryf onder die titel Oorsee, voordat dit jare later nuwe lewe en nuwe lirieke kry.

Met die ontwikkeling van 17:28 en die verskuiwing van die projek se fokus is dit egter nie meer seker of dié liedjies uiteindelik deel van die EP sal wees nie. Hulle bly nietemin deel van die geskiedenis van hoe 17:28 ontstaan en ontwikkel het.

Die geheim van 17:28

Die titel 17:28 is meer as net ’n naam vir die projek.

Benewens die verwysing wat in die lirieke van Stop versteek is, verskyn die titel op verskeie plekke binne die wêreld van die projek — onder meer in die musiekvideo’s, enkelsnit-omslae en ander visuele elemente. Die derde enkelsnit, Nee, bevat ook ’n verdere verwysing daarna.

Die omslag fotosessie vind in Maart 2026 plaas, met die omslag wat later daardie maand op sosiale media bekendgestel word.

Wat as ’n album begin het, ontwikkel uiteindelik in ’n vyf-snit-EP wat ’n veel groter storie vertel as wat oorspronklik beplan is.

17:28 word beplan vir vrystelling op streaming, CD en LP.

Release history

TBA

Tracklisting

CD / LP / Streaming


1) Stop

2) Nee

3) Aardbewing
4) Droom Download
5) Confetti Reën

HOU DIE SPASIE DOP

Opgeneem tussen Mei 2025 – TBA.

© Kopiereg SAMRO