
2026

STOP EN RSA HIT PARADE TOP 20
16 AUG ’26
Stem vir die nuwe enkelsnit.
Radio Suid-Afrika het skaars die nuwe enkelsnit gespeellys, dan word die treffer opgeneem as ‘n kandidaat vir die RSA Hit Parade Top 20. Maak seker dat jy stem vir Stop. Volg die skakel hier. Die sluitingsdatum is 30 Augustus 2026. Die program saai Dinsdae aande om 20:00CAT uit.

STOP SPEEL OP NOG 4 RADIO STASIES
16 AUG ’26
Die nuwe enkelsnit sprei vlerke op radio golwe.
Nog radio stasies het Stop die afgelope week gespeel. Die stasies sluit in Harties FM, Jou Stasie, Global FM en Riebeek Valley Radio. Al vier stasies het reeds in verlede Egmond se vorige enkelsnitte gespeel. Ondersteun gerus die stasies en dring aan op die nuwe enkelsnit.

NEE OPGENEEM BY LEON BARNARDT
14 AUG ’26
Die volgende uitreiking vanaf 17:28 is voltooi.
Minder as drie weke sedert daar afgekondig is dat ‘n demo vir nuwe snit Nee ogeneem is, word die liedjie voltooi by Leon Barnardt as die derde enkelsnit vir die 17:28 projek. Die nuwe liedjie is ‘n opvolg op Stop en vertel die volgende hoofstuk van die storie. Die liedjie word beplan om in November uitgereik te word.

RADIO SUID-AFRIKA SPEEL STOP
13 AUG ’26
Die stasie wat “Jou Stem” is speel die nuwe enkelsnit.
Suid-Afrikaanse legende AJ Mouton het die nuus meegedeel dat Stop vir Radio Suid-Afrika reeds gespeellys is. Die nuwe enkelsnit sal ook eersdaags in ‘n nuwe onderhoud bespreek word op die stasie. Hou die nuus dop vir meer inligting, maar luister intussen hier na Radio Suid-Afrika.

AFRIKAANSE TREFFERS DEEL STOP VIDEO
12 AUG ’26
Die bekende Facebook blad spog met die nuwe video.
Met oor die 70 duisend followers op Facebook, het Andries Laubscher se blad Afrikaanse Treffers ‘n groot groep volgelinge wat gereeld vermaak word met die beste van Afrikaanse musiek. Stop is vandag gedeel op die blad en is gelys as SPLINTERNUUT. Lees die plasing hier.

STOP ONDERHOUD OP RADIO OVERBERG
12 AUG ’26
Egmond is terug op die lug by Radio Overberg.
Die nuwe enkelsnit word weer vandag gevier met ‘n onderhoud wat om 10:30 uitgesaai was op Radio Overberg. Omroeper Anne-Marie Burger, wat self al twee cameos gemaak het in die snitte Spookasem en Ongelooflik het met Egmond gesels oor die nuwe enkelsnit, die groot gewigs verlies en sy drawwery.

THE-GO-TO-GUY & STOP
11 AUG ’26
Die Gazette – North West News publiseer die nuwe persverklaring.
Stop tref nog nuwe hoogtes met die publikasie van nog ‘n artikel oor die vrystelling. The-Go-To-Guy deel die rubriek nie net op hul webwerf nie, maar ook op sosiale media. Lees die artikel hier.

WITBLITS SE NUUSFLITS SKRYF OOR STOP
10 AUG ’26
Die bekende publikasie deel tot ‘n spesiale teken prent wat ‘n toneel uit die video en lirieke uitbeeld.
Stop bereik selfs nog meer mense – te danke aan Hans Engelbrecht se prag artikel op Witblits Se Nuusflits. Egmond noem dat hy baie gevlei was toe hy die teken prent gesien het van homself en die Stop lirieke wat uitgebeeld is. Lees die komiese skrywe hier.

GALORE SA MEDIA DEEL STOP PERSVERKLARING
9 AUG ’26
Die eg Suid-Afrikaanse media sensasie gesels oor die nuwe enkelsnit.
Stop se persverklaring is vandag gedeel op die bekende Galore SA Media se webwerf. Lees die artikel hier. Groot dank aan Quinton vir die artikel se plasing.

NOG MEDIA DEEL NUUS OOR STOP
9 AUG ’26
Drie vermaaklikheids blaaie deel die persverklaring en nuwe video.
Die nuwe enkelsnit Stop is die afgelope naweek deur nog media gedeel, insluitend InDi Kollig, Skinder & Sop, en Kunstenaar Ondersteuningsblad. Ondersteun die bladsye op Facebook vandag nog.

STREEKTAAL RADIO SPEELLYS STOP
8 AUG ’26
Die nuwe enkelsnit gaan nou ook Nederlandse luisteraars vermaak.
Indien jy ‘n internasionale luisteraar is al die pad vanuit Europa kan jy ook inskakel op Streektaal Radio en die nuwe treffer Stop luister op die stasie. Elke Saterdag tussen 18:00 en 20:00 word musiek vanuit Suid-Afrika gespeel. Streektaal Radio is ook via de APP te hore dansy Waterberg Stereo 104.9 FM.

STOP IS GOEDGEKEUR VIR KYKNETNOU
8 AUG ’26
Die nuwe musiek video is binnekort op die kassie.
Die Leon Barnardt geproduseerde enkelsnit en musiek video het die groen lig gekry om op Kraakvars, kykNET NOU (DSTV kanaal 146) sy TV debuut te maak. Hou die spasie dop vir die premiere datum van die video op die DSTV kanaal.

STOP IS NOU BESKIKBAAR
7 AUG ’26
Stroom die nuwe enkelsnit nou!
Egmond se 29ste enkelsnit is vandag uitgereik en kan op alle digitale platforms gestroom word. Luister daarna op jou gunsteling hier.

GLANS DEEL PERSVERKLARING VIR STOP
6 AUG ’26
Die vermaaklikheids blad deel meer inligting oor die nuwe enkelsnit.
Op die vooraand van die nuwe enkelsnit is daar baie nuus oor Stop. Die nuwe treffer se persverklaring kan nou reeds gelees word op Glans se Facebook blad. Kliek hier om dit te lees.

VAAL STEREO SPEELLYS STOP
6 AUG ’26
Die stasie het die nuwe enkelsnit vandag op hul speellys geplaas.
Nog voordat die enkelsnit beskikbaar is, laai Vaal Stereo die nuwe treffer op hul radio golwe. Die stasie, wat reeds Top 10 treffers opgelewer het vir Egmond, en verlede jaar die #1 posisie oorhandig het aan Aardbewing, het nou ook Stop om aan te bied vir luisteraars. Luister hier en versoek die nuwe treffer.

NEE IS VOLGENDE
26 JUL ’26
Die opvolg op Stop word in Augustus opgeneem.
Skaars 24 uur na die opkomende enkelsit Stop bekendgestel is op Kosmos Stereo 99.3FM, is Egmond terug in sy tuis studio besig met nuwe musiek. Nee word bekendgestel as die opvolg treffer wat eersdaags by Leon Barnardt opgeneem gaan word. Daar kan nie tans veel bekend gemaak word oor die enkelsnit nie, behalwe dat daar verwysings na die album titel is, dit oorspronklik drie verskillende liedjies was, en dat hy sy volgende enkelsnit keuse vervang het na die radio onderhoud.

KOSMOS STEREO 99.3FM PREMIERE STOP
25 JUL ’26
Die nuwe enkelsnit word vir die eerste keer gespeel op radio.
Egmond het vandag om 10:30 sy nuwe treffer Stop bekendgestel op Kosmos Stereo 99.3FM. Tydens die halfuur lange onderhoud het Egmond se paaie weer gekruis met die stasie bestuurder Anna, wat hom destyds in 2008 ontmoet het tydens ‘n onderhoud oor die debuut album. Omroeper Rita was ook agter die mikrofoon, en die kuiertjie het boonop die 2011 enkelsnit Brug Lelies (ft Yolandi) ingesluit, en ook Egmond se gunsteling Roxette treffer Joyride. Opwindende nuus oor die musiek video is bekend gestel ten tyde van die onderhoud en sal binnekort offisieël bekend gemaak word. Kyk hier na fotos na die onderhoud wat deur Kosmos Stereo gedeel is op Facebook.

PRESAVE STOP
15 JUL ’26
Save die enkelsnit solank op jou gunsteling platform.
As jy gereed is om te “stop”, maak seker dat jy vandag die komende enkelsnit presave op jou gunsteling stroom platform. Hetsy dit Spotify, Apple Music, Deezer of enige van die vele ander digitale platforms is, STOP word orals uitgereik op 7 Augustus 2026. Presave hier.

EERSTE TEASER VIR STOP
12 JUL ’26
Die opkomende enkelsnit kry sy eerste teaser op YouTube Shorts.
Luister nou na die koor van die opkomende treffer Stop deur Egmond se YouTube blad te besoek en op die hofie SHORTS te kliek. ‘n 36 Sekonde teaser is beskikbaar gestel en luisteraars kan verskeie visuele vanuit die nuwe Leon Barnardt produksie sien. Kliek hier vir die short.

STOP CD & LP PREORDER NOU OOP
9 JUL ’26
Die enkelsnit kan nou bestel word op ElasticStage.
Stop is tans beskikbaar op preorder vir liefhebbers van fisiese media. Die enkelsnit, met spesiale B-side Aardbewing, is te koop op die webwerf ElasticStage. Die nuwe treffer kan bestel word op beide CD-Single en 12″ Vinyl. ElasticStage bied ook wêreldwye versending aan. Kry Stop hier.

STOP BEHIND THE SCENES
8 JUL ’26
Die eerste voorsmakie vir die nuwe video is nou op YouTube.
‘n Splinternuwe “agter die skerms” video is nou beskikbaar op Egmond se YouTube kanaal wat ‘n eksklusiewe kykie agter die skerms deel van die opkomende enkelsnit Stop. Kyk hier daarna.

STOP UITREIK DATUM BEKEND GEMAAK
7 JUL ’26
Die splinternuwe enkelsnit se omslag sien ook die lig.
Egmond se volgende Afrikaanse enkelsnit, getiteld Stop, word uitgereik op 7 Augustus 2026. Die nuwe treffer se omslag is vandag bekend gestel op sosiale media. Die enkelsnit en sy musiek video sal op dieselfde dag aanlyn premiere. Die nuwe enkelsnit is opgeneem deur Leon Barnardt, wat ook die musiek video se produksie behartig het. Die omslag is met die hulp van Britse ontwerper Thomas Lawrie-Clark voltooi, wat boonop vir die 40ste bestaansjaar van Egmond se gunsteling musiek groep, Roxette, nuwe musiek videos geproduseer het.

STOP MUSIEK VIDEO OPNAMES MET LEON BARNARDT
2 JUL ’26
Die opkomende enkelsnit se video is opgeneem in Centurion en Hartebeespoort Dam deur Leon Barnardt.
Kort na die stem opnames vir Stop voltooi is by Leon Barnardt Studios in Gauteng, volg die musiek video opname. Die video se ateljee opname is vroeg vanoggend voltooi, terwyl die storie lyn, en addisionele opnames, vanmiddag in en rondom Hartebeespoort Dam opgeneem was. Egmond se suster en haar dogter was op die stel gewees, en het gesorg vir tonne beeldmateriaal wat gebruik gaan word vir die “behind the scenes” musiek video. Hou die spasie dop vir die Leon Barnardt produksie wat eersdaags uitgereik gaan word.

VERJAARSDAG UITREIKINGS
30 JUN ’26
Egmond vier sy verjaarsdag met die heruitreiking van sy debuut album (en “Ekstras” album) op CD en LP 12″ Vinyl.
Bietjie meer as 18 jaar sedertien die debuut album Ongevraagde “Hello”, en “Die Ekstras Album” Ongevraagde “Ritmes” uitgereik was op CD, word beide weer vir die eerste keer op fisiese media uitgereik. Die albums, wat beide die nuutste remastered weergawes is, is slegs beskikbaar as ‘n limited edition uitreiking, met net 18 kopieë van die CD en LP opsies. ‘n Spesiale booklet is ook by elke album gelas. Wat die albums uniek maak is dat dit vir die eerste keer al die foute wat later ontdek is kon redigeer, en nou in sy oorspronklike formaat sonder die glipsies beskikbaar is. Die susters-album bevat die demo van Een Ding, en sluit die oorspronklike demo van Dis Elektries uit, wat weens tegniese probleme nie ingesluit kon word nie. Kry die albums hier.

STOP EN “HI!” OPNAMES BY LEON BARNARDT
29 JUN ’26
Twee nuwe liedjies word opgeneem by die briljante producer in Centurion.
Die veel bespiegelde Stop is vandag opgeneem by Leon Barnardt Studios in Gauteng. Die nuwe opname, wat sal dien as die tweede uitreiking vanaf die album 17:28, is tans in produksie. Stem opnames is voltooi, terwyl die demo opnames wat vroeër vanjaar in Richardsbaai opgeneem is, ook in die opname gebruik is. Die liedjie se musiek video word die Donderdag opgeneem. Naas Stop, is daar ook nuwe opname “Hi!” opgeneem, wat ‘n Engelse weergawe is van Stop, maar volgens Egmond “nie ‘n direkte translation is nie, maar eerder ‘n opvolg op die storie wat vertel word in die Afrikaanse snit.” Meer inligting word binnekort bekend gemaak.

ENKELSNITTE NOU OOK OP 12″ VINYL
15 JUN ’26
Die “Collectors Reeks” CD-Singles is nou ook op plaat beskikbaar.
Egmond se aanlyn winkel op ElasticStage het nou ook al die enkelsnitte beskikbaar gestel op plaat. Die uitreikings, wat as 12″ Vinyl te koop aangebied is, kan van vandag af bestel word op die webwerf. Skakels is by elke enkelsnit se bladsy geplaas, terwyl die hoofblad ook spog met skakels vir die LPs en CD-Singles, asook die Albums en EPs. Nog verdere uitreikings is op die horison vir die jaar, insluitende die twee Kersfees enkelsnitte, This Morning (Christmas For The Broken-Hearted) en V’more (Kersfees Remix), wat op 1 November 2026 uitgereik word, en die debuut album en susters-album, Ongevraagde “Hello” en Ongevraagde “Ritmes”, wat op 30 Junie 2026 weer beskikbaar gaan wees. Die 2.0 weergawe van die debuut album, asook die Revisited weergawe van die 1 Dosyn album, word ook die jaar uitgereik.

AARDBEWING TREF 50K OP YOUTUBE
13 JUN ’26
Die #1 treffer lok duisende nuwe kykers op YouTube.
Kort na die onlangse afkondiging op sosiale media dat die Aardbewing-era tot ‘n einde kom om plek te maak vir die volgende enkelsnit Stop, bereik die treffer nog verdere nuwe hoogtes. Die musiek video haal 50 duisend kyker getalle op YouTube, wat die pop-rocker se grootste prestasie nog is op die kanaal. Kyk na die musiek video hier.

IEWERS 20TH ANNIVERSARY EDITION
1 MEI ’26
Die 2006 opname word gevier met spesiale digitale enkelsnit.
Die sesde uitreiking uit Egmond se pen circa 2006 was die rock mid-tempo ballade Iewers. Die promosie enkelsnit is uitgereik as tussenganger vir sy debuut album, wat nog in wording was. Naas die snit se eerste opvoering in Junie daardie jaar by ‘n Bela Bela fees, is dit eers in 2011 as offisiële enkelsnit uitgereik, met ‘n ikoniese musiekvideo. Die digitale enkelsnit herwin die oorspronklike omslag kunswerk van 2006, en sluit 4 snitte in, insluitende die voorheen onbeskikbare studio demo, asook die Afrikaanse 2004 akoestiese demo. Stroom dit op Spotify, Apple Music en meer hier.

AARDBEWING VIDEO TREF 10K
23 APR ’26
Die #1 treffer behaal verdere sukses op YouTube.
Egmond se lead single vanaf die opkomende album 17:28 het gister 10 duisend kyker getalle gehaal op YouTube. Die Radio Edit word steeds weekliks gespeel op radio stasies regoor Suid-Afrika, en Nederland, en bly ‘n gunsteling op Apple Music en Spotify. Kyk hier na die video op YouTube.

CD-SINGLE COLLECTORS REEKS SLUIT AF MET DRIE UITREIKINGS
17 APR ’26
Die destydse Double A-Side single kry twee aparte uitreikings, saam met ‘n polsende treffer.
Die 2015 gunsteling DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie) verskyn vandag as CD-Single saam met die 2016 Double A-Side enkelsnitte Melkweg Reënboog en Reën (Aan Die Brand Steek). Die twee treffers, wat gelyktydig uitgereik was, kry elk ‘n individuele CD-Single. Die preorders maak dit die laaste uitreikings van die COLLECTORS Reeks se hooflyn. Daar kan wel bekend gemaak word dat die Kersfees enkelsnitte van 2017 en 2018 die jaar ook die lig sal sien betyds vir die fees seisoen. Bestel die drie nuwe uitreikings by ElasticStage nou.

DIS DUBBELLE ALGORRID3M ENKELSNITTE DAG
10 APR ’26
Die 2018 #1 Better Days, en die 2014 treffer Paradys kry eerste CD-Single uitreiking.
Hetsy jy van die Engelse of Afrikaanse weergawe hou, vandag kan jy een of albei kry. Die Algorrid3m treffers Paradys en Better Days is nou beskikbaar op CD-Single. Preorders is nou oop deur elasticStage.

TWEE GROOT TREFFERS NOU OP CD-SINGLE
3 APR ’26
Die YouTube sensasies kan nou gepreorder word via ElasticStage se webwerf.
Kom Red My en Koebaai, wat groot sukses behaal het tussen 2013 en 2018, se eerste CD-Single uitreiking is vandag op preorder. Die Van Coke Show treffer sluit ook die remix weergawe in, terwyl die sanger se populêrste YouTube sensasie die oorspronklike 2003 Engelse Demo weergawe That Night bevat, wat nog nooit voorheen beskikbaar was nie. Beide word volgende Vrydag uitgereik.

NOG TWEE JUWELE OP CD-SINGLE
27 MAR ’26
Egmond stel twee enkelsnitte uit die argiewe vry met baie geskiedenis!
Die snitte Verslaaf en Jy’s In My Bloed het albei bykans ‘n dekade lank geneem om hul plek los te slaan as offisiële enkelsnitte, met verskeie uitreikings deur die jare as promosie snitte en alternatiewe weergawes. Nou kan jy die CD-Singles preorder by ElasticStage van beide snitte, wat boonop ‘n handvol ekstra snitte bevat. Kry die Glenda Millar featured Jy’s In My Bloed hier, en die synthpop Verslaaf hier.

VLIEG EN ELECTRIC CD-SINGLE PREORDERS
20 MAR ’26
Die volgende twee titels in die COLLECTORS Reeks is op preorder.
Vlieg (duet met Yolandi) en Electric is vandag op preorder uitgereik op ElasticStage se webwerf. Die Vlieg enkelsnit sluit die A Capella weergawe in, terwyl die Electric single ook die Afrikaanse weergawe Dis Elektries insluit. Naas die uitreiking is daar nog 4 weke se preorders wat oorbly in die versamling. Koop die CD enkelsnitte hier.

OMSLAG VIR 17:28 BEKEND GEMAAK
14 MAR ’26
Die opkomende album word op sosiale media gedeel..
17:28 is vroeër vanjaar afgekondig as die titel vir Egmond se 16de album. Die offisiële omslag is nou bekend gemaak nadat fotos van die onlangse foto sessie op sy sosiale media verskyn het. ‘n Nuwe bladsy vir die album verskyn nou onder die ALBUM header, met meer inligting oor die album snitte en die opnames wat tans onderweg is.

DRIE NUWE CD-SINGLES OP PRE-ORDER VANDAG
13 MAR ’26
Die 2008 ballade, sy 2011 duet weergawe, en die 2022 treffer word deel van die COLLECTORS Reeks.
Brug Lelies word vandag beskikbaar gestel as twee verskillende CD-Singles, naamlik die 2008 solo weergawe (bestel hier), asook die 2011 duet weergawe met Yolandi (bestel hier). Die solo weergawe sluit in die onlangse remix wat op die album Remixed verskyn het, terwyl die duet weergawe die video en album weergawes van die liedjie bevat. Saam met die treffer, word die 2022 enkelsnit Hello ook uitgereik met die alternatiewe weergawe as B-side. Die enkelsnitte word volgende Vrydag uitgereik op CD-Single.

IEWERS EN ENCORE (OP DIE RADIO) KRY CD-SINGLES
6 MAR ’26
Die twee gunstelinge word deel van die COLLECTORS Reeks.
Die tweede laaste enkelsnit vanaf die debuut album, Iewers, en die voorloper vir die Sirkus Appous Encore album, Encore (Op Die Radio), is vandag op preorder beskikaar. Beide enkelsnitte sluit ‘n voorheen onbeskikbare demo weergawe in van die titel snit wat nog nooit op streaming beskikbaar was nie. Die enkelsnitte word volgende Vrydag uitgereik op CD-Single.

FOTOSESSIE VIR NUWE ALBUM 17:28
5 MAR ’26
Die opkomende album se eerste foto vandag bekend gestel.
Die nuwe album wat in Januarie afgekondig is se foto sessie het vandag plaasgevind. Die eerste foto is op sosiale media uitgereik, met verdere fotos wat gaan volg in die volgende week. Die album omslag se ontwerp sal eersdaags bekend gestel word.

TWEE TREFFER DUETTE NOU OP CD-SINGLES PREORDER
27 FEB ’26
Die #1 Dis Elektries (ft Yolandi) en die Afri-Indie benoemde Pyn (ft Kaley) is vandag op preorder.
Die twee duette met nagtegale Kaley en Yolandi kan nou by jou CD versameling gelas word deur dit te preorder by Elastic Stage. Kry Dis Elektries hier, en Pyn hier. Die enkelsnitte word volgende Vrydag uitgereik op CD-Single.

DRIE NUWE CD-SINGLES UIT VANDAG
20 FEB ’26
Maak plek vir drie nuwe enkelsnitt op CD formaat op jou rak vandag.
Vir die eerste keer sedertien die COLLECTORS reeks se fokus geskuif het na die enkelsnit uitreikings, word daar drie nuwe CD-Singles op preorder geplaas vandag wat volgende Vrydag 27 Februarie 2026 uitgereik word. Die eerste #1 treffer As Jy Wil is eerste aan die beurt, terwyl daar twee weergawes van Ongelooflik uitgereik word – die 2012 Arnaldo Suarez Remix, asook die 2023 radio treffer featuring Kaley.

GEE VOOR JY GROET EN EVERYTHING WE SAY IS DIE NUUTSTE CD-SINGLES
13 FEB ’26
Die nuwe preorder spog met die radio treffer Everything We Say en die ASTV video sukses Gee Voor Jy Groet.
Twee nuwe CD-Singles is vandag op preorder as deel van die COLLECTORS reeks. Die twee vrystellings is nou op preorder en sal volgende Vrydag 20 Februarie 2026 uitgereik word. Kry Gee Voor Jy Groet hier, en preorder Everything We Say hier.

GISTER EN SPOOKASEM KRY CD-SINGLES
6 FEB ’26
Die volgende preorder sluit die onlangse Top 10 treffer, asook die 2005 promosie uitreiking in.
Spookasem maak sy debuut op CD-Single, terwyl die 2005 promosie enkelsnit Gister weer terugkeer op die formaat nadat dit einde verlede jaar as digitale enkelsnit uitgereik is. Die uitreikings het ekslusiewe demo weergawes wat ook vir die eerste keer op CD verskyn. Die COLLECTORS reeks se nuutste twee vrystellings is nou op preorder en sal volgende Vrydag 13 Februarie 2026 uitgereik word.

MORS EN COLLAB MJOLO NEX NOU OP CD-SINGLE
30 JAN ’26
Die Candy Nm collab en radio deurbraak is nou op preorder.
Egmond se 2004 radio deurbraak treffer Mors, en die 2025 collab met Candy Nm, Mjolo Nex (Don’t Wanna Die), is nou op preorder beskikbaar. Die COLLECTORS reeks se volgende twee vrystellings is van vandag af op preorder en word volgende Vrydag 6 Februarie 2026 uitgereik.

TWEE NUWE CD-SINGLES OP PREORDER VANDAG
23 JAN ’26
Die eerste Afrikaanse enkelsnit en die onlangse remake is volgende op preorder.
Die COLLECTORS reeks duur voort met die nuwe uitreikings van V’more en Jy’s In Paradys (ft Algorrid3m). Die enkelsnitte spog elk met bonus snitte, waaronder die V’more enkelsnit die studio demo insluit, en beide die 2015 en 2024 weergawes van Jy’s In Paradys ingesluit is op die uitreiking. Die reeks het verlede week afgeskop met This Morning en die onlangse1 enkelsnit Aardbewing wat vandag beskikbaar is. Besoek die skakels vir die preorders van V’more en Jy’s in Paradys wat volgende Vrydag uitgereik word.

DIE COLLECTORS REEKS DUUR VOORT MET CD-SINGLE UITREIKINGS
16 JAN ’26
Die verrassende uitreikings beteken dat al 28 enkelsnitte op CD single te koop sal wees.
Vandag merk die einde van die COLLECTORS reeks se album / EP uitreikings, met die belofte dat die albums wat nog nie beskikbaar is nie wel die lig sal sien die jaar. Daarmee begin die nuwe versameling reeks op CD formaat, wat al 28 die sanger se enkelsnitte sal uitreik. Elke Vrydag word 2 enkelsnitte uitgereik op preorder, met een oud en een nuut as deel van die preorder. Die reeks skop af met Egmond se eerste enkelsnit This Morning, asook sy splinternuwe #1 enkelsnit Aardbewing. Besoek die skakels vir die preorders wat volgende Vrydag uitgereik word.

AARDBEWING STEEDS ‘N TOP 20 TREFFER OP VAAL STEREO
15 JAN ’26
Na 8 weke op die treffers parades is die enkelsnit steeds in die Top 20.
Aardbewing is steeds ‘n gunsteling op Vaal Stereo. Luisteraars stem weekliks vir hul gunsteling liedjies en die nuutste enkelsnit, wat in Oktober uitgereik is, vermaak nogsteeds luisteraars van dié stasie. Die treffer, wat reeds die nommer 1 posisie gehaal het in laat 2025, is vanaand in die nommer 19 posisie, 8 weke nadat dit verskyn het.

IN MY ARMS IS DIE TWEEDE 17:28 ENKELSNIT
9 JAN ’26
Die liedjie word opgeneem vir die nuwe album getiteld 17:28.
Na die onlangse sukses van Aardbewing volg die tweede enkelsnit wat nou bekend gemaak kan word as In My Arms. Die liedjie het ‘n lang geskiedenis en was nooit deel van die album wat nou ook ‘n titel het. Volgens Egmond vertel die liedjies ‘n storie wat by die nommers titel sal aanpas. Ander liedjies wat deel vorm van die projek is die opkomende snitte Iemand en Stop. Hetsy die album ‘n EP of vollengte album gaan wees is nog nie bekend nie. In My Arms is tans in produksie deur Sandy Robbie in Australië. Stem opnames is vandag in Richardsbaai voltooi.
UPDATE 14 MAR ’26: Die snit word vir eers vervang deur Stop, wat die 2de enkelsnit gaan wees. In My Arms word tans beplan as die album se 3de uitreiking.

KOEKSISTER POP EN KARNAVAL VANDAG OP PREORDER
9 JAN ’26
Die COLLECTORS reeks gaan volstoom met drie nuwe preorders vandag.
Vandag word die 2020 album Remixed, en die 2022 treffer versameling Sirkus Applous Encore, offisieël vrygestel op ElasticStage, terwyl drie nuwe preorders die lig sien. Koeksister Pop is die eerste van die vrystellings wat op ‘n unieke manier uitgereik word. Die CD met 12 bladsy booklet bevat die oorspronlike 20 stuk looporde, maar die 2024 remix van Everything We Say vervang die Remake op al die weergawes. Daar is dan ook ‘n verkorte 13-stuk LP besikbaar, en ‘n Part 1 en Part 2 LP waar die 20-stuk loopoorde in 2 gedeel is. Die kunswerk dui ook aan op die twee dele wat saam ‘n geheel vorm. Naas die treffer versameling is Karnaval en Karnaval Deluxe ook besikbaar. Laasgenoemde is ‘n limited edition waarvan slegs 20 eksemplare beskikbaar sal wees. Die twee albums word volgende Vrydag 16 Januarie 2026 uitgereik.

DIE JAAR SKOP AF MET 2 NUWE PREORDERS
2 JAN ’26
Die COLLECTORS reeks groei met nog twee uitreikings wat volgende Vrydag vrygestel word.
Die jaar se eerste twee uitreikings, Sirkus Applous en Meer Sirkus Applous, wat verlede Vrydag op preorder gegaan het, is nou beskikbaar om te koop. Twee nuwe preorders sien vandag die lig, nl. die 2020 album Remixed, en die 2022 treffer versameling Sirkus Applous Encore. Dit is die eerste keer dat beide albums op LP en CD verskyn. Terwyl die Remixed album ‘n replika is van die digitale uitreiking, is die Sirkus Applous Encore album ‘n verrassing vir aanhangers. Dié album sluit nuwe weergawes in van die meeste album snitte wat nog nooit voorheen beskikbaar was nie, en wat ook nie op digitaal uitgereik is nie. Lees meer daaroor op die album se bladsy hier. Die twee albums word volgende Vrydag 9 Januarie 2026 uitgereik.
