



In Februarie van 2003 het Face Of A Star sy opwagting gemaak as die 2de liedjie uit Egmond se pen. Toe die tyd aanbreek vir Egmond se eerste opname, was dit ‘n kompetisie tussen This Morning en Face Of A Star. Producer Bernie Millar het op die eersgenoemde besluit om op te neem. Desember van dieselfde jaar is As Jy Wil op papier neergesit skaars dae nadat daar besluit is op ‘n Afrikaanse album. Dit was die begin…
Egmond noem dat hy baie opgewonde was om die liedjie op te neem en dat dit reeds na Gee Voor Jy Groet opgeneem sou word, maar dit was die heeltyd uitgestel en vervang deur ander snitte. Toe die liedjie se tyd aangebreek het 4 jaar later, was Egmond se idee baie sterk: ‘n klank wat baie meer dans georienteerd is as sy kenmerkende pop/rock. Toe hy uit die studio stap met As Jy Wil onder die arm, was sy glimlag baie breed. Dis Twenty 4 Seven vs Roxette, volgens hom. Die liedjie is voltooi in die laaste week van Oktober, skaars dae na Proudly African opgeneem is.
Die 4de enkelsnit vanaf sy Ongevraagde “Hello” album is in Julie 2008 op 24.com uitgereik en in Januarie 2009 bekend gestel as gratis download op Wildhorse.Co.Za. Die liedjie het daardie week sy debuut gemaak in die nommer 1 posisie op die webwerf se charts. Skaars ‘n jaar later, na die sukses van sy eerste video op ASTV, volg As Jy Wil se musiek video ook op die kanaal. Die briljante video word volgens Channel 24 tong-in-die-kies beskryf as “Egmond goes channel hopping”. Die enkelsnit kry ook die geleentheid om gratis af gelaai te word op die webwerf.
Maar soos met die konstante uitstelling van die opname, was die pad na die video se voltooiing ook langer as beplan. Die video was reeds opgeneem in Maart 2010, kort nadat Gee Voor Jy Groet op ASTV begin speel het. Dit sou reeds April klaar gewees het, maar iets het elke keer voorgeval. Die musiek video was eers 4 maande later voltooi en is op YouTube uitgereik op 27 Junie 2010. Die video het in Julie 2010 sy buiging op ASTV gemaak.
Die klein dogtertjie wat die Feëtjie gespeel het in die Gee Voor Jy Groet video vertolk weereens ‘n rol in die As Jy Wil video. “Sy was ‘n regte klein ster en so gewillig om weer in my video te speel,” vertel Egmond. Die Barbie poppe waarmee sy speel behoort aan Elda, Egmond se suster, en was spesiaal vir die video geleen. Die ThunderCats, wat ook ‘n cameo in die video maak, is een van sy gunsteling kinderdae herrinneringe. Die onlangse Harry Potter phenomenan het ook by Egmond tuiste gevind, en van die reeks se boeke is ook te sien in die video.
Volgens Egmond is die hele video ‘n droom, en nadat hy wakker word, verbeel hy dat ‘n vrou op die televisie hom roep! Met nadere ondersoek gebeur die ongevraagde – hy word self in die TV vasgevang! Die vrou op die TV is niemand anders as Yolandi nie – die engel stem agter Dis Elektries. Egmond sê Yolandi was baie ‘game’ om ‘n cameo te maak in die video wat eindig met WORD VERVOLG – die inleiding na hul duet se musiek video wat in September 2010 uitgereik is.
Die 5de herdenking van die musiekvideo is gevier met ‘n uitreiking van die single op 29 Oktober 2015. ‘n Spesiale 3-stuk enkelsnit is uitgereik wat die oorspronklike Engelse demo Face Of A Star bevat, asook die Afrikaanse demo en die single weergawe van As Jy Wil. Hierdie weergawe van die titel snit was nog nie voorheen beskikbaar op iTunes nie.

















KRY “AS JY WIL” HIER
Los skool dis droog | Die gety is hoog | My wiele sal ons ver weg neem | Die wolke min | Klim in my kar in | Jou wense sal jou nooit vervreem | Die oggend grou | Vat hierdie kans nou | As jy wil dan sal ek jou kom haal | Weg vat en nooit weer terug bring | Ons kan slap tjips eet al lyk ons faal | Uitgaan, dut, dans en vrot sing | Na na na na – as jy wil | In Jozi’s bier | Die Kaap is ook duur | Maar bly jy hier is jy alleen | Kom saam met my | Die backseat is okay | ‘n Trippie suid was nooit gemeen | Die sonlig flou | Vat hierdie kans nou…
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO