




Die derde enkelsnit vanaf Ongevraagde “Hello” het 3 jaar geneem om te voltooi. Die musiek en backing vocals (deur Marisela en Esti Henn) is opgeneem in Julie 2004 by producer Renier Henn. Die enkelsnit se omslag word uitgereik met ‘n 40 sekonde snippet van die liedjie wat afgekondig word vir ‘n Augustus uitreiking. Ongelukkig weens tegniese probleme word die hoof stem opnames geskrap en die liedjie se uitreiking word gekanselleer terwyl Egmond verhuis na Johannesburg. Die half-voltooide liedjie word in ‘n laai gestoor tot later. In 2005 word die liedjie opgeneem by Bernie Millar en word dit herdoop as Jy’s In My Bloed, kompleet met nuwe backtrack, backing vocals en ekstra derde vers.
Maar die oorspronklike musiek het egter bly spook en die “haunting” vocals van Marisela en Esti Henn het hom aangepor om ‘n nuwe melodie met nuwe woorde te skryf by die reeds half voltooide liedjie. Om dit uit te toets, het Egmond dié weergawe gesing by een van sy konserte in 2006. Dit was so goed ontvang dat hy geweet het dit hoort op die album. Die oorspronklike titel is behou en stem opnames het gevolg by Barend du Plessis in Junie van daardie jaar, maar daardie weergawe is nie gebruik nie.
In vroeg Julie 2007 is die snit weer opgeneem, die keer by Bernie Millar. Stem opnames is gedoen dieselfde dag as Dis Elektries se “Deel 2”. Volgens Bernie Millar het die liedjie uitgestaan bo al die ander wat reeds voltooi was vir die album en het hy Egmond aangeraai om dit uit te reik as die enkelsnit om sy album mee af te skop. Kort na die opname word daar ‘n Engelse weergawe opgeneem getiteld Proudly African vir Crafters Market as die winkelgroep se jingle. Die volledige weergawe was later uitgereik op Lights Blinding in ‘n nuwe geredigeerde formaat met die verwysings na die winkelgroep verwyder.
Die debuut album is in 2008 aan radio stasies gestuur met Gee Voor Jy Groet as die snit wat bemark word. Sy debuut op Radio Kragbron is gevolg deur ander SA radio en internet radio stasies (insluitend Uitsaaines). Die snit word ‘n top 3 treffer toe dit as download uitgereik word en verwerf ‘n “Silver Award” op Wildhorse.Co.Za. Dié sukses het gesorg dat Gee Voor Jy Groet ook ingesluit was op ‘n limited edition compilation album getiteld Independant SA Artists Vol 1.
In Februarie 2010 het Egmond sy hand agter (en voor) die kamera gewaag om ‘n musiek video op te neem vir Gee Voor Jy Groet. Halfpad deur die produksie is hy genader deur ASTV om musiek videos in te stuur, wat die regte motivering was om die video in rekord tyd te voltooi. In Maart 2010, debuteer Gee Voor Jy Groet se musiek video op ASTV. Die wit en swart video word ‘n gunsteling op die stasie en draai vir jare op die briljante Afrikaanse kanaal totdat dit verander het na MYtv. Die akteurs wat in die musiek video speel, het ook in die Dis Elektries-video verskyn.
Op 23 Oktober 2015 is die 5de herdenking van die musiek video gevier deur ‘n spesiale uitreiking op iTunes wat ondermeer die 2006 live weergawe bevat, ‘n extended weergawe en die oorspronklike 2004 demo. Hierdie weergawe het ‘n ander omslag vanuit die video en is tans beskikbaar as EP.
In 2020 reik Egmond sy Remixed album uit wat die voorheen onuitgereikte 2007 Remix van die snit bevat. Die weergawe was slegs op die 2008 limited edition CD-weergawe van Ongevraagde “Ritmes” ingesluit. Die liedjie kry sy eerste digitale uitreiking en het selfs ‘n musiek video gekry wat oorspronklik opnames van die musiek video bevat asook verskeie optredes waar die liedjie in 2010 opgevoer was.








KRY “GEE VOOR JY GROET” HIER
Ja hier staan ek alweer vir die 100ste keer voor jou huis se bruin deur en ek sien daar kom swaar weer | Die laat uur van die nag en die koue se wag is die seer sonder smag ek onthou alweer jou lag | En ek vra myself af elke keer – hier gaan ons alweer | Wil jy my dan verruil? | Wil jy sonder my skuil? | Wil jy eet van die vrug wat die wêreld kon klug? | Wil jy kwaad bly vir my? | Wil jy sonder my bly? | Wil jy hoor op die lug dat ek nêrens kon vlug? | Gee Voor Jy Groet | En ek staan hier alweer vir die 1000ste keer | Ek’t my les geleer | Wil jy tog maar weer probeer? | Jou gordyne trek weg en ek sien jy voel sleg | Kom jy weet tog dis reg | En ek sal mos vir jou veg
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO