Dis Elektries het ‘n geskiedenis wat terugdateer tot 2004! Egmond ontdek ‘n gratis CD met sagteware in ‘n tydskrif. Een van die programme is ‘n freeware musiek program, en vir die kunstenaar wat besig was om sy debuut album op te neem daardie tyd, was dit ‘n geval van “kom-ons-kyk-wat-gebeur-as-ek-dit-en-dit-druk”. Die resultaat was indrukwekkend, maar is in die laai gebêre. Toe in 2006 word daar in die argiewe laai gekrap en die backtrack word weer ontdek. Die mense in Egmond se binnekring het dit ‘elektries’ genoem. ‘n Week later is daar ‘n melodie en bypassende lirieke geskryf.

‘n Paar maande later word dit opgeneem saam met Gee Voor Jy Groet by Egmond se oom Barend du Plessis in Rooihuiskraal. Maar beide weergawes word opsy geskuif omdat die opnames geklink het of iets gekort het. Egmond nader ‘n vriend in 2007 om ‘n nuwe weergawe van die snit te bou. ‘n “House”-weergawe word gebore en opgeneem vir die album in Julie daardie jaar en ingesluit op die 2008 uitreiking van Ongevraagde “Hello”.

Kort nadat As Jy Wil aandag getrek het op die internet in Desember 2008, het Egmond dit oorweeg om ‘n vroulike stem by die oorspronklike dans weergawe van Dis Elektries te sit. ‘n Briljante sangeres genaamd Letitia Lindeque het in Mei 2009 haar stem verleen aan die snit. In Junie 2009 word dit uitgereik, maar weens faktore buite beide kunstenaars se beheer, word die liedjie onttrek en vervang deur ‘n gratis uitreiking van Mors.

In 2010 breek Dis Elektries se tyd weer aan. Yolandi van Deventer (wat saam met Egmond op skool gesing het) is genader om haar stem te verleen aan die snit. In vroeg Mei 2010 is die liedjie voltooi en is dit bekendgestel aan ‘n gehoor tydens een van sy konserte. Die liedjie word eers in September 2010 uitgereik maar die video van As Jy Wil maak voorbrand op die treffer. Die oorspronklike video van Dis Elektries word opgeneem as ‘n opvolg op As Jy Wil en Yolandi cameo ook in daardie musiek video.

Dis Elektries het in Julie 2011 gespeel tydens ‘n program oor Egmond op die stasie Uitsaaines. In Augustus het die liedjie vanuit nêrens die stasie se Top 10 betree in die nommer 8 posisie, en het die daaropvolgende week gespring na nommer 2. Die liedjie was vir 10 weke lank in die nommer 2 posisie voordat dit gespring het na #1 waar dit vir 8 weke lank koning gekraai het. Na 22 weke het Dis Elektries die Uitsaaines-charts verlaat. Dis Elektries is ook ingesluit op die CD-single van Vlieg, wat te koop was in Musicco winkels.

Die oorspronklike 2007 opname word later herdoop met die suffix “Deel 2” nadat die debuut album in 2010 weer uitgereik word met die duet. Daardie weergawe is later ingesluit op die digitale uitreikings van die albums Ongevraagde “Ritmes” (2012) en Ongevraagde “Hello” Skrikkeljaar (2020).

In 2015 word die enkelsnit as deel van die 5-jaar herdenkings veldtog digitaal uitgereik. Na die sukses van die “2015 Remake” van Kom Red My, word daar besluit in 2016 om dieselfde te doen vir Dis Elektries om sodoende die liedjie te verbeter vanaf die oorspronklike freeware weergawe met addisionele produksie en stem opnames. Die “2016 Remake” van die treffer Dis Elektries word op die debuut album Ongevraagde “Hello” se 5de herdenking uitgereik. Die snit spog ook met ‘n bykomende musiek video wat selektiewe beeldmateriaal bevat van die oorspronklike 2010 musiek video treffer.

Volgens Egmond wou hy nog altyd Dis Elektries opdateer het. “Toe ek met die Vuil Wasgoed projek begin het in 2011, het ek baie keer gewonder hoe dit sou klink as ek hierdie liedjie die treatment kon gee wat van die nuwe liedjies gekry het.” Toe die album se herdenking aanbreek was daar besluit om die geleentheid te gebruik om verdere werk aan die snit te doen. Yolandi se oorspronklike 2010 stem opnames is tot meer prominensie gebring is. Egmond het self nuwe stem opnames in Augustus 2016 vir die liedjie voltooi. Die bypassende musiek video is in Oktober uitgereik, en alhoewel die oorspronklike video se aksie tonele 95% gesny is uit die video, bevat dit voorheen onbeskikbare footage van Yolandi en Egmond.

In 2021 word beide weergawes afgetree om plek te maak vir die nuwe studio produksie daarvan. Die musiekvideo vir die “2016 Remake” word ook herwin vir die nuwe weergawe. Mid Junie 2021 word daar fotos op sosiale netwerke uitgereik van ‘n nuwe “remastered” weergawe van die oorspronklike 2010 musiek video. Dit word bekend gemaak dat daardie musiek video ook aangepas word vir die treffer se nuwe weergawe en dat ‘n “remastered version” op 30 Junie uitgereik gaan word op YouTube. Die video bevat die oorspronklike materiaal wat opgeneem is in 2010 wat verwerk en aangepas is by die nuwe snit.

NOU BESKIKBAAR AS “DIS ELEKTRIES (2021 REMAKE)” HIER

Hulle sê as dit donker word en die maan se lig begin skyn | Is daar dinge wat verander en net die jonges kan dit voel | Hulle sê dis elektries | Hier staan ons | Ek sien jou hande soek verdwaald | Hier gaan ons | Na ‘n plek dus anderkant die maan | Kom saam ons | En jou eend verander in ‘n swaan | Voel jy dis elektries | Sien jy dis elektries | Hoor jy dis elektries | Ruik jy dis elektries | Verstaan ons | Die swart ring skadus is ons oë | Ontgaan ons | Die donker ritme hou ons bo | Bestaan ons in die buitekringe van jou naam

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO