Brug Lelies is spesiaal vir die debuut album se 2011 uitreiking opgeneem as ‘n duet met Yolandi (van Dis Elektries-faam). Na die sukses van die laasgenoemde treffer (wat vir 8 weke lank nommer 1 was), het Egmond Yolandi genader om haar stem te leen aan Brug Lelies. “Ek was besig om na die debuut album te luister en het agtergekom dat daar iets kort. Ek het eers die tracklisting rondgeskuif, en het nadat ek Brug Lelies laaste geplaas het, besef dat dit Yolandi was wat gekort het!” vertel Egmond.

Die opname vir Vlieg was reeds geskeduleer vir ‘n 11.11.11 uitreiking, en die debuut album moes al reeds in September 2011 uitgereik geword het, maar Yolandi kon eers in Oktober haar opname doen. Skaars dae nadat haar stem voltooi is, is die liedjie bekendgestel op Uitsaaines, en is die debuut album uitgereik op 17 Oktober 2011.

Die oorspronklike solo-weergawe het reeds in 2009 ‘n musiekvideo gekry, maar is aangepas vir die duet-weergawe. ‘n Snippet van die musiekvideo is in Desember 2011 bekendgestel, maar die volledige video is eers op 16 Julie 2012 uitgereik. Die musiek video het ‘n gedaante wisseling ondergaan in die laaste paar minute van produksie, en is ‘n verf tegniek toegedien om die video ‘n meer “Enya-rigge” gevoel te gee volgens Egmond. Met die voltooiing van die musiek video, bring dit die album se musiek video geskiedenis “full circle” omdat die video nie net die eerste nie, maar ook die laaste video vir die album is.

In 2020 word die musiek video weer genader nadat die oorspronklike solo weergawe se video aangepas was vir ‘n finale heruitreiking. Alhoewel dit oorspronklik die plan was om die video dieselfde verf tegniek toe te dien, was daar besluit op ‘n nuwe “look” vir die video. Dit het nuwe materiaal ingesluit van Yolandi se 2011 opnames wat nog nie beskikbaar was nie. Die finale nuwe weergawe van die video het sy premiere gehad op 22 Mei 2020.

KRY “BRUG LELIES (FT YOLANDI)” HIER

Waar in die wind is die kind wat wou vind | In die reën is die een wat alleen saggies ween | Elke son wat moes blom is nou stom andersom | Buite dag, binne nag, trane waar jy moes lag | Iets is weg, jy was reg, al die sleg uit die weg | Kanse bleek, jy versteek, liefde smeek – rook die reuk | Droom oor die lug | Lelies wit onder brug | Onderbreek elke wens | Oor die streep bly jy mens | Jy verlang na die sang en die bang kom jou vang | Jy sal vind in die wind jy’s ‘n man nie ‘n kind… | Ek bring vir jou lelies | Wittes | Ek droom van jou…

Woorde: Egmond & Yolandi
Musiek: Egmond & Nathi Louw

© Kopiereg SAMRO