Egmond se eerste liedjie wat in Afrikaans opgeneem was het die baan opener geword vir die debuut album Ongevraagde “Hello” wat gevolg het in 2008. Oorspronklik opgeneem en uitgereik as This Morning vroeër in 2003, het V’more sy ontstaan gekry nadat iemand gesê het dat dit ‘anders’ sal klink in Afrikaans – juis omdat daar nie so iets op die mark was nie.

Die woorde is geskryf in Hermanus vir iemand wat te diep ingekruip het eens op ‘n dag by die see. Volgens Egmond was die titel die enigste “vertaling” wat plaasgevind het. “Ek het op my bed gesit met Sebastiaan my worshond langs my, en die woorde het net gevloei.”

Die oorspronklike backtrack deur Bernie Millar, met Sandy Robbie op kitaar, is net so gebruik. Glenda Millar was weer deel van die opname en het backing vocals voltooi vir die produksie. Die liedjie is voltooi en uitgereik die 12de Desember 2003. Egmond vertel dat hy daardie dag die CD in die pos gekry het en dat hy heel toevallig genooi was na ‘n Adam Tas konsert in dieselfde oord waar hy vroeër die jaar opgetree het. Adam Tas het gehoor dat Egmond in die gehoor was, en dat hy daardie dag sy nuwe enkelsnit uitgereik het, en Egmond is genooi om die liedjie op te voer. Die reaksie van die gehoor was verstommend. Die besluit was dan en daar geneem – Afrikaans was die regte rigting om te gaan.

Die liedjie se double A-side CD single met This Morning was te koop op Egmond.Co.Za. ‘n Musiek video is ook opgeneem tydens Desember, en selfs Adam Tas het ‘n draai in die video gemaak. Na die konsert is Egmond genader deur Renier Henn, was besig was om Adam Tas se tweede album op te neem. Die geleentheid om self ‘n album daar op te neem is aangegryp en Egmond het verhuis na Modimolle vir die projek.

In Maart 2004 het V’more en Mors (die eerste snit opgeneem by Renier Henn) hul debuut gemaak op Radio Pretoria. Die liedjie het weer in 2005 lugtyd gekry op Radio Kragbron en V’more was gereeld opgevoer by konserte die volgende paar jaar.

Na die video sukses van Gee Voor Jy Groet en As Jy Wil in 2010 was daar nog navraag vir musiek videos. Iewers en V’more was sterk kandidate en daar was ‘n kompetisie gewees op MyVideo.Co.Za waar die oorspronklike 2003 musiek video van V’more moes kompeteer teen die ‘live’ weergawe van Iewers. Daar was nie ‘n wenner nie omdat albei gelykop geeindig het. Iewers se musiek video het eerste gevolg in Januarie 2011, en V’more se video wat sou volg in Maart, is aangeskuif weens produksie probleme. “Die video se oorspronklike idee het nie gewerk nie, al was dit op papier interessant, was die beeld materiaal nie goed genoeg nie,” vertel die sanger. Die video is na 3 maande voltooi en uitgereik einde Junie 2011.

In September 2011 het V’more die Uitsaaines Top 10 om 10 in die #9 posisie betree. V’more het hoër geklim na #8 waar dit vir 2 weke gestaan het, geval het na #9 en weer gespring het na #7. V’more is ook ingesluit op die Ongevraagde “Ritmes” album in sy extended weergawe vorm, wat amper ‘n minuut langer is as die album weergawe. In Augustus 2013 is V’more ook gelys op Channel24 as “Song Of The Week”. Die enkelsnit is uiteindelik digitaal uitgereik in 2016 as deel van die 5 jaar herdenkings veldtog sedertien die debuut album sukses behaal het in 2011.

‘n Kersfees weergawe is uitgereik in laat 2018 as deel van die Meer Sirkus Applous album wat spog met ‘n video wat bestaan uit die materiaal wat opgeneem was vir die oorspronklike 2011 opname. Vir die 2.0 weergawe van die debuut album is ‘n 2021 Remaster van die enkelsnit op die projek ingesluit. Om die 20ste herdenking van die enkelsnit se uitreiking te vier, word daar op 12 Desember 2023 ‘n spesiale “20th Anniversary Edition” enkelsnit uitgereik wat die studio demo insluit. Die oorspronklike omslag van die enkelsnit is gebruik daarvoor. Die 2003 musiek video word ook uitgereik ter viering van die mylpaal.

KRY “V’MORE” HIER

Ek sien jou – jy glimlag so blazé | En ek weet jou oë het geen berou | oor die tye saam met my | Dis verlate in my hart se koue kant | En die radio maak dit erger | Die musiek laat my verlang | En ek wonder: “Gaan die afstand langer bly?” | Seisoene vir die eensames | Ek’s vas al is ek vry | Jy’s die een vir my | Maar jy’s so ver weg | My denke stomp in dom geveg | Jy’t my getoor, my hart verloor | V’more | My boek van vergeet | Vergeef en aangaan | Is vol geskryf met jou mooi naam | Ek smag om jou weer vas te hou | V’more | Jou woorde hardloop rond hier in die wind | Maar jou stem bly hees, my foon te stil | Om die eensaamheid te vul | Dis waansin – die gevoel hier binne my | Die geheim is in bewaring | Maar ek wens ek kon jou kry | Na na na na na…

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO