

In Augustus 2008 was daar skielik nuus dat Egmond terug was in die studio om ‘n nuwe liedjie op te neem. Die snit, getiteld Ongelooflik, is opgeneem by Air Studios van Bernie Millar. Die liedjie was veronderstel om op die versamelings album “Independant SA Artists Vol. 1” te verskyn wat in 2009 uitgereik was. Maar Egmond het die liedjie onttrek en vervang met Gee Voor Jy Groet. “Ek het nie rerig gedink die liedjie was klaar nie. Dit was asof iets gekort het.”
In 2010 het Ongelooflik ‘n nuwe verwerking ondergaan. ‘n Remix treatment deur Ruddha.Com is baie goed ontvang deur Egmond. Maar die musiek styl daarvan het nie ingepas by die debuut album nie en die snit was afgelaat vanaf die album.
Dit was ironies genoeg Ongelooflik wat Egmond laat besluit het op die album Ongevraagde “Ritmes”. Die liedjie was weens sy weglating vanaf die debuut album veronderstel om op die opvolg album Vuil Wasgoed te verskyn. Maar omdat daardie album se uitreiking aangeskuif is, het Egmond die snit aan ‘n vriend in Argentinië gestuur om te kyk of hy ‘n nuwe klank aan Ongelooflik kon gee. Arnaldo Suarez het presies dit gedoen. Met ‘n paar “aahs en bah baahs” ontaard dit in die eerste single vanaf ‘n spesiale 2.0 weergawe van die debuut album!
Die oorspronklike musiek is opgeneem deur Egmond self (nes Dis Elektries) en die elektriese kitaar deur Sandy Robbie. Arnaldo Suarez het die remix behartig, en Egmond het die finale meng gedoen.
Die musiek video is September opgeneem en uitgereik op Halloween 2012. Die eerste snippet daarvan is in September bekendgestel op Egmond se Google+ bladsy. Arnaldo Suarez is self in die video se openings en afsluitings tonele.
Volgens Egmond was die video ‘n baie groot waagstuk, juis omdat dit so anders was as sy gewone ‘happy go lucky’ videos. Maar die Halloween tema het volgens hom baie goed handig gekom, en met die scary movie verwysings na The Ring en Scream, noem Egmond dat dit ‘n baie waaghalsige skuif was om so ‘n video op te neem, maar dat dit uitgedraai het beter as wat hy verwag het. “Die musiek maak die video, en die video maak die musiek! Ek’s trost op die stukkie juweel, en die remix weergawe is tonne beter as die oorspronklike.”
In April 2013 het Ongelooflik ‘n bespiegelde lys gehaal op die webwerf Channel24.Co.Za, waarop Egmond hul via Twitter “bedank” het vir die nominasie, en hul tong-in-die-kies reageer het met “LEGEND”.
In 2016 word die single op iTunes uitgereik met 2 bonus snitte, naamlik die oorspronklike 2008 weergawe, asook die voorheen onbeskikbare Alternate Remix deur Arnaldo Suarez. Laasgenoemde weergawe is ‘n ietwat langer weergawe as die enkelsnit weergawe en sluit die addisionele “oohs” en “aahs” uit wat in die gewone remix weergawe is. Om die 4de herdenking van Ongelooflik te vier, is die alternatiewe video (wat die intro & outro uitsluit) eksklusief bekendgestel op iTunes Connect op Halloween 2016. Om die 5de herdenking te vier, is die Ruddha.Com remix op Halloween uitgereik met ‘n spesiale musiek video.
In 2020 word die Ruddha.Com remix ingesluit op Egmond se Remixed album. Daar word 2 jaar later afgekondig dat Ongelooflik ‘n volledige nuwe studio opname gaan kry as deel van die Koeksister Pop album en dat dit in 2023 uitgereik gaan word. Die nuwe weergawe is ‘n totale ander produksie wat die liedjie tot pop status sal bring en feature Kaley. Die nuwe treffer word uitgereik 7 Julie 2023.





















KRY “ONGELOOFLIK (ARNALDO SUAREZ REMIX)” HIER
Voorblad storie oor jou gesing | Vingers, flitse in jou rigting | Jy’s ongelooflik vir my | Jy skoonheid word deur die land beny | Op straat oorval hul, papier beskryf | Jy’s ongelooflik vir my | Ek weet jy is ongelooflik | En ek weet dat jy’s op my verlief | Die toekoms blink so bekoorlik | Ek sê dankie, jy sê asseblief | Jou ster skyn helder, frekwensies baljaar | Die rooi tapyte en limo’s verjaar | Maar jy is liewer vir my | Jou lyftaal wil my verlei | Of jy bekend is jy wil myne bly
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO