Brug Lelies was die 6de liedjie wat Egmond in 2007 opgeneem het vir sy debuut album. Geskryf saam met oud-kollega Nathi Louw (van Electric-faam) in Februarie 2007, maak hierdie snit die laaste wat vir die album geskryf is. “Ons’t dit gereeld gesing in die kantien van YDE Rosebank en die staf was mal daaroor,” vertel Egmond, “en ek’t geweet dit hoort op die album.”

Die eerste keer toe Brug Lelies genoem was op Egmond.Co.Za was in Februarie 2007. Die ballade het dadelik sy plek losgeslaan op die album en het die veel gedugte Rooi vervang (wat sedert 2004 op hierdie webwerf bespreek was en eers in 2020 as demo bekendgestel was op die Skrikkeljaar weergawe van die debuut album). Egmond noem dat hy reeds in Julie 2007 vir producer Bernie Millar die snit gegee het om na te luister. Dit was amper opgeneem in Oktober, maar As Jy Wil het die ballade voorgespring.

“Ek’t nooit gedink dat die liedjie wat ontstaan het as ‘n grap, so sou uitdraai nie!” het Egmond vertel. Nathi Louw het genoem dat hy in die kantien besig was om op sy kitaar rond te speel toe hy na Egmond toe oorgeloop het en hom uitgedaag het om woorde by die musiek te sit wat hy besig was om te ontdek. “It came naturally to him,” het Nathi gesê. “He just started humming to the melody and moments later he pulled out his diary and wrote the lyrics to the song.” Egmond lag oor Nathi se probeerslae om die titel uit te spreek.

Nathi was ook betrokke by die opname van die snit en speel kitaar op Brug Lelies met ondersteuning deur Tshepo Mohapi, ‘n lid van Nathi se band Ree-burth. “My mond het skoon oopgehang toe ek hom hoor speel! Dit maak die liedjie soveel beter!!”.

Tydens Egmond se radio onderhoud op Radio Kragbron 93.1FM met omroeper Annelie Pretorius in Julie 2008, is Brug Lelies vir die eerste keer gespeel op Suid-Afrikaanse radio. Die omroeper het na Brug Lelies as haar gunsteling snit op die album verwys, en dit was die regte aansporing om die liedjie as volgende single uit te reik. Die liedjie het daarna gedebuteer in die nommer 3 posisie op die Wildhorse.Co.Za charts in 2008.

In Januarie 2009 het Brug Lelies ‘n onverwagte cameo gehad in die TV program Muvhango, nadat mede-skrywer Nathi Louw se karakter die liedjie gespeel het op kitaar. Egmond sê dat hy eers 8 maande later uitgevind het hiervan. Dit was hierdie ongevraagde “hello” wat die bal aan die rol gesit het en die renaisance van Egmond se album en enkelsnitte veroorsaak het. “Ek het besef dat om ‘n groter mark te bereik dat ek visueel moet gaan en ek het op Brug Lelies besluit as die liedjie om dit mee uit te toets.” Die musiek video vir Brug Lelies is opgeneem in November en Desember 2009 en in Januarie 2010 uitgereik op YouTube. Die reaksie daarop het ‘n massa sneeu storting effek gehad en ‘n nuwe era vir Egmond se musiek het begin toe ASTV hom gekontak het om die video op hul kanaal te speel.

Die video was op Egmond se aanvraag vervang deur Gee Voor Jy Groet omdat daardie video sterker was en meer aandag sou trek as die ballade se musiek video. Brug Lelies het toe vinnig agter die ander dans treffers van die album verdwyn. Toe die finale weergawe van die debuut album aanmekaar geslaan was in 2011, is Brug Lelies se solo weergawe vervang met ‘n duet weergawe wat die nagtegaal Yolandi van Deventer gefeature het. Die solo weergawe is later in 2012 op die Ongevraagde “Ritmes album ingesluit en het uiteindelik weer sy plek losgeslaan toe die 2008 Skrikkeljaar weergawe van die debuut album in 2020 uitgereik was.

Die enkelsnit is uiteindelik in 2020 digitaal uitgereik as deel van die Ongevraagde “Hello” Skrikkeljaar bemarking, en het ‘n bonus remix van die treffer ingesluit. Twee addisionele remixes was ook voltooi vir die enkelsnit maar is teruggehou. Die musiekvideo is self ook aangepas met nuwe effekte wat gepaard gegaan het met die vrystelling. Die remix is later ingesluit op die album Remixed en ‘n spesiale musiek video daarvoor is ook uitgereik in Mei 2020 wat materiaal ingesluit het wat nog nooit beskikbaar was nie.

KRY “BRUG LELIES” HIER

Waar in die wind is die kind wat wou vind | In die reën is die een wat alleen saggies ween | Elke son wat moes blom is nou stom andersom | Buite dag, binne nag, trane waar jy moes lag | Iets is weg, jy was reg, al die sleg uit die weg | Kanse bleek, jy versteek, liefde smeek – rook die reuk | Droom oor die lug | Lelies wit onder brug | Onderbreek elke wens | Oor die streep bly jy mens | Jy verlang na die sang en die bang kom jou vang | Jy sal vind in die wind jy’s ‘n man nie ‘n kind…

Woorde & Musiek: EgmondWoorde: Egmond
Musiek: Egmond & Nathi Louw
© Kopiereg SAMRO