Verslaaf was die sesde uitreiking vanaf die debuut album Ongevraagde “Hello” en het in Oktober 2008 op news24.com se musiek afdeling Channel24 sy debuut gemaak. Die enkelsnit was beskryf met “Fans of Modern Talking are going to go ga-ga over this Afrikaans synth-pop koeksissie off the heartbreaker’s new CD, Ongevraagde ‘Hello’.” Dit was ook in Oktober 2009 uitgereik as gratis download op Wildhorse.Co.Za.

Kort na die sukses van die Gee Voor Jy Groet musiek video in vroeg 2010, is daar ‘n plan uiteengesit vir ‘n Verslaaf musiek video. Die doel was om tydens die opkomende musiek videos (wat beplan was vir sy debuut album) footage op te neem wat vir die Verslaaf video gebruik sou word. Die idee was om Verslaaf as die laaste van die beplande musiek videos uit te reik wat sou bestaan uit gedeeltes wat met al die vorige videos se temas sou spog. Die opnames het begin tydens die verfilming van die As Jy Wil musiek video in Maart 2010. Maar weens skedule probleme het die opnames vir die Verslaaf gedeeltes nie plaas gevind tydens die opvolg video Dis Elektries nie. Die reeds voltooide opnames was toe in die laai geplaas en “vergeet”!

Tydens die beplanning vir Egmond se eerste grootste treffers album in 2015, was Verslaaf weer genader nadat die oorspronklike 2008 enkelsnit weggeraak het in die oorvloed uitreikings in 2010/2011. ‘n 2015 Remix is spesiaal vir die album voltooi en uitgereik as die 2de enkelsnit vanaf 1 Dosyn in Augustus 2015. Die enkelsnit weergawe is korter as die album weergawe wat verskyn op 1 Dosyn.

Die vergete video footage wat in 2010 opgeneem is vir Verslaaf is uit die laai gepluk om ‘n musiek video te voltooi wat ‘n homage is aan Egmond se gunsteling fliek reeks The Lord of the Rings. Die ikoniese Middle Earth standbeeldjies wat deel vorm van Egmond se privaat versameling, asook die bekende “fonts” wat in die films gebruik word, maak dit ‘n unieke video wat lyk na die end credits van die film reeks.

Die 7 fotos wat verskyn in die tweede helfde van die video is ook gedoen in die styl van die fliek reeks se hoofrolle waar die fotos die ander 7 album enkelsnitte verteenwoordig wat uitgereik is vanaf Ongevraagde “Hello” (waarvan Verslaaf ook deel was in sy oorspronklike vorm). Vir diegene wat wonder – die skrif wat rondom die ring draai is nie die spreekwoord “One Ring To Rule Them All” nie, maar eenvoudig die enkelsnit se titel: “Egmond – Verslaaf”.

‘n Verkorte weergawe van die musiek video is op 30 Julie 2015 uitgereik op You Tube ter promosie van die album 1 Dosyn, terwyl die vollengte weergawe in Januarie 2016 die lig gesien het.

In Maart 2020 word die volledige video van 2010 uitgereik vir die eerste keer in sy oorspronklike vorm. In laat April 2020, skaars ‘n maand nadat die 2010 footage bekend gestel is, verskyn die eerste fotos van ‘n nuwe video vir Verslaaf. Die weergawe, gedoop die “Video Remix”, bevat beide die opnames van 2010 asook splinternuwe opnames wat presies ‘n dekade later in 2020 opgeneem is.

Die video, ‘n mengelmoes van beide dekades se opnames, word saamgesmelt in ‘n nou voltooide musiek video wat die treffer nooit gehad het nie. Die video is ook ‘n “vintage” gevoel gegee met ‘n tong-in-die-kies spottery oor die ou beeld materiaal wat nou eers gebruik is in sy volle reg; en so ook die nuwe beeld materiaal laat skaamteloos saam smelt. Volgens Egmond was die inspirasie een van die ou ABBA musiek videos waar beide sangeresse se gesigte gewys het van verskillende kante af. Die effek is op verskeie plekke gereplikeer as ‘n homage aan die groep.

Weens die pandemie word die enkeslnit se uitreiking vertraag en sien dit 2 maande nadat die musiek video uitgereik is eers die lig. Die “Video Remix” word as enkelsnit uitgereik in Junie 2020 en bevat ook die 2004 demo wat vir die liedjie opgeneem is. Die “Video Remix” dien ook as die lead single vir die album Remixed wat die volgende week uitgereik word.

In mid Februarie 2021 word daar skielik afgekondig dat ‘n nuwe weergawe van Verslaaf, getiteld die “2021 Version”, as enkelsnit uitgereik gaan word. Tydens ‘n sosiale media veldtog word daar in die volgende week fotos vrygestel van die musiek video wat bevestig was as ‘n aangepaste weergawe van die 2020 “Video Remix”. Daar word verder gedeel dat die snit deel vorm van ‘n opkomende 10de herdenkings uitreiking van die 2011 album Ongevraagde “Hello”.

Die treffer is ‘n samestelling van al die beste dele van die Verslaaf uitreikings deur die jare. Die intro is byvoorbeeld soortgelyk aan die 2015 Remix, en die robot stemme van die 2020 “Video Remix” word behou in die eerste twee refreine.

Die outro is ook aangepas met die oorspronklike 2010 laer stem opnames wat nou vir die eerste keer apart gehoor kan word van die hoër oktaaf. Hierdie nuutste weergawe van Verslaaf word ingesluit op die album Ongevraagde “Hello” 2.0. Volgens Egmond is die doel van die 2.0 album om nuwe, beter en alternatiewe weergawes van die debuut album snitte uit te reik as ‘n opgedateerde album wat die mylpaal vier.

Die musiek video het sy premiere gehad middernag op 26 Februarie 2021. Dit is die eerste weergawe van die “Video Remix” wat op die laaste nippertjie in 2020 verander was na ‘n wit en swart weergawe. Die flitsende kleure, wat ook gebruik was in die Melkweg Reënboog video, was vir daardie rede destyds weggelaat sodat dit nie enige verwarring veroorsaak nie. Vir die 2021 weergawe, is die video nog verder aangepas en die kleur terug gebring. Die video het sukses behaal op YouTube met meer as 4000 kykergetalle sedert dit vrygestel is.

In April 2026 word die enkelsnit as CD-single uitgereik wat die Video Remix, 2015 Remix se single edit, en die 2021 Version se single edit insluit, tesame met die oorspronklike 2004 demo. Die limited edition is slegs beskikbaar as 50 eksemplare.

Release history

Download – 10 Oktober 2008 (Retired)
Streaming – 14 Augustus 2015 (2015 Remix)
Streaming – 2 Junie 2020 (Video Remix)
Streaming – 26 Februarie 2021 (2021 Version)
CD-Single – 3 April 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Video Remix
2) Demo, 2004
3) 2015 Remix – Single Edit
4) 2021 Version – Single Edit

Video Remix video stills

2015 Remix video stills

2021 Version video stills

STROOM “VERSLAAF (VIDEO REMIX)” HIER

Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Die wind verwaai ‘n stilte wat nog duskant lakens lê. Jou oë se poele diep; trek my in net soos die ring. Jou soene sag en wilder as ek in jou arms lê. En ek weet weer vir ‘n feit al my jare se jolyt is geen match met ons se more nie. Dis ‘n deurmekaar geleentheid wat ek altyd sal onthou. Gister was jy ‘n verleentheid, en nou’s en verslaaf aan jou. Dis ‘n liefde onbeskryflik groot. Kom na die Grey Havens op my boot. Jaloerse oë beloer – blind en doof is ek en jy. Die storms net leë wolke, al die sterre wil jou hê. Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Jou voetstappe kom nader – jy’s die een wat ek wil hê.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO