Die 2008 enkelsnit Verslaaf was vir ‘n beperkte tydperk in die kollig op die Channel24 webwerf toe dit as gratis aflaaibare mp3 uitgereik was. In 2010, terwyl die kunstenaar die video vir As Jy Wil opgeneem het, het die gier hom beetgekry om opnames vir Verslaaf se musiek video te begin. Die plan was om tydens die, en volgende videos, stukkies op te neem en so doende almal saam te gebruik later. Daardie plan het misluk en die opnames is in die argiewe geplaas tot Maart 2020, 10 jaar later, toe dit vir die eerste keer uitgereik was op YouTube in sy volledige vorm.
In laat April 2020, skaars ‘n maand nadat die 2010 footage bekend gestel is, verskyn die eerste fotos van ‘n nuwe video vir Verslaaf. Die weergawe, gedoop die “Video Remix”, bevat beide die opnames van 2010 asook splinternuwe opnames wat presies ‘n dekade later in 2020 opgeneem is.
Die video, ‘n mengelmoes van beide dekades se opnames, word saamgesmelt in ‘n nou voltooide musiek video wat die treffer nooit gehad het nie. Die video is ook ‘n “vintage” gevoel gegee met ‘n tong-in-die-kies spottery oor die ou beeld materiaal wat nou eers gebruik is in sy volle reg; en so ook die nuwe beeld materiaal laat skaamteloos saam smelt. Volgens Egmond was die inspirasie een van die ou ABBA musiek videos waar beide sangeresse se gesigte gewys het van verskillende kante af. Die effek is op verskeie plekke gereplikeer as ‘n homage aan die groep.
Weens die pandemie word die enkeslnit se uitreiking vertraag en sien dit 2 maande nadat die musiek video uitgereik is eers die lig. Die “Video Remix” word as enkelsnit uitgereik in Junie 2020 en bevat ook die 2004 demo wat vir die liedjie opgeneem is. Die “Video Remix” dien ook as die lead single vir die album Remixed wat die volgende week uitgereik word.
In 2021 volg ‘n aangepaste remix van die snit wat op die Ongevraagde “Hello” 2.0 album uitgereik word. Lees meer daaroor hier.
KRY “VERSLAAF (VIDEO REMIX)” HIER
Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Die wind verwaai ‘n stilte wat nog duskant lakens lê. Jou oë se poele diep; trek my in net soos die ring. Jou soene sag en wilder as ek in jou arms lê. En ek weet weer vir ‘n feit al my jare se jolyt is geen match met ons se more nie. Dis ‘n deurmekaar geleentheid wat ek altyd sal onthou. Gister was jy ‘n verleentheid, en nou’s en verslaaf aan jou. Dis ‘n liefde onbeskryflik groot. Kom na die Grey Havens op my boot. Jaloerse oë beloer – blind en doof is ek en jy. Die storms net leë wolke, al die sterre wil jou hê. Ek sit hier in jou huis met die view van Middle-Earth. Jou voetstappe kom nader – jy’s die een wat ek wil hê.
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO