

Egmond se 1ste liedjie wat in Afrikaans opgeneem was word 15 jaar later bederf met ‘n Kersfees Remix. Die uitreiking spog ook met addisionele ondersteuning deur Glenda Millar van Clout-faam.
Die liedjie se Engelse weergawe This Morning het in 2017 dieselfde Kersfees-treatment ontvang toe dit uitgereik is as single met die subtitel Christmas For The Broken-Hearted.
Die enkelsnit word uitgereik as voorganger vir die deluxe weergawe van Sirkus Applous, wat 5 bonus titels bevat, insluitende die album weergawe van die remix van die Top 10 treffer. Die album staan bekend as Meer Sirkus Applous.
‘n Musiek video vir die liedjie, wat bestaan uit oorspronklike beeldmateriaal wat in 2011 opgeneem was vir die musiek video van V’more, het sy premiere gehad op 1 November om 7:45 die oggend op Egmond se YouTube kanaal.
Volgens Egmond was die kleur van die verskillende hemde wat hy aangehad het vir die video destyds ‘n groot faktor op die finale produk van die video, en dat die feit dat die video “ou materiaal” is ook so aangedui was in die produksie.
Die weergawe wat in die musiek video verskyn is ietwat korter as die album weergawe, en is ingesluit op die enkelsnit.






KRY “ENCORE (OP DIE RADIO)” HIER
Ek sien jou – jy glimlag so blazé | En ek weet jou oë het geen berou | oor die tye saam met my | Dis verlate in my hart se koue kant | En die radio maak dit erger | Die musiek laat my verlang | En ek wonder: “Gaan die afstand langer bly?” | Seisoene vir die eensames | Ek’s vas al is ek vry | Jy’s die een vir my | Maar jy’s so ver weg | My denke stomp in dom geveg | Jy’t my getoor, my hart verloor | V’more | My boek van vergeet | Vergeef en aangaan | Is vol geskryf met jou mooi naam | Ek smag om jou weer vas te hou | V’more | Jou woorde hardloop rond hier in die wind | Maar jou stem bly hees, my foon te stil | Om die eensaamheid te vul | Dis waansin – die gevoel hier binne my | Die geheim is in bewaring | Maar ek wens ek kon jou kry | Na na na na na…
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO