

DJ is die lead single vanaf Egmond se vierde studio album Nog Vuil Wasgoed. Die enkelsnit is ‘n dans nommer wat reeds in 2012 geskryf is vir die Vuil Wasgoed album, maar op die laaste oomblik weggelaat is vanaf daardie album.
Egmond se kennis-making met die briljante Algorrid3m (aka Slay), ‘n jong musikant van Witbank (wat al reeds ‘n platekontrak losgeslaan het met ‘n Duitse maatskappy), het ontaard in nie net die collaboration op die treffer Paradys / Jy’s In Paradys nie, maar ook in die produksie van DJ. Die eerste 15 sekondes van ‘n musiek video was in Augustus 2013 bekend gestel, maar die video is gestaak as gevolg van die uitreiking van Kom Red My in DJ se plek. Volgens Egmond was dit ‘n eenvoudige besigheids besluit om DJ op sy te plaas vir later. Die footage wat opgeneem was vir die DJ video is in 2014 gebruik vir die Paradys single.
Stem opnames vir DJ is in Augustus 2014 voltooi, maar volgens Egmond het dit nie uitgedraai soos hy dit wou hê nie. “Iets het nogsteeds gekort. Die liedjie was nie vir my rerig klaar nie,” sê Egmond. Goeie goed vat tyd, en DJ was onttrek vanaf die EP. Daardie oorspronklike demo weergawe is beskikbaar gestel op die Vuil Wasgoed Deluxe album in Februarie 2016.
Die liedjie (en stem opnames wat by Marc Skarda voltooi is), is gestuur na kunstenaar Sandy Robbie vroeg in 2015 (wat verantwoordelik is vir kitaar op die meeste van Egmond se treffers, asook produksie en addisionele produksie op al die Vuil Wasgoed snitte). “Toe eweskielik maak alles sin,” sê Egmond. Sandy Robbie se invloed op DJ het die snit tot sy reg gebring.
Die kleurvolle musiek video vir DJ is reeds in Augustus opgeneem, met verdere opnames in Oktober en November 2015. Die eerste fotos van die video is in Oktober 2015 bekend gemaak op Google+, en is gevolg deur ‘n 30 sekonde preview op You Tube. Die video is voltooi laat Desember 2015 en is uitgereik 1.1.2016.








KRY “DJ” HIER
Jy was ‘n silhouette een aand by die klub totdat ons oë gegroet het en ons ontmoet het. Ek wou my voorstel en het na jou gestap. Die ritme dans met ligte en voer jou pligte. Toe begin jy, DJ speel my. Jou note volg ‘n pas wat almal bekoor en arms swaai in vreugde en juig na lewe. Sodra ek nader kom dan word ek getoor en doen akkoorde dade en ons word slawe. Toe begin jy, DJ speel my. Agterstevoor, voor in die koor, wen of verloor, DJ betoor. Agterstevoor, voor in die koor, wen of verloor, bly of bewoë, DJ betoor, almal sê so! Jy’s my vuil wasgoed en ek hou daarvan so. Jou klanke word my flater, dit raak al later. En in die klub is jy die koning daarbo. Die dansers spring soos hase en gee my kanse: om jou te kry, DJ speel my. Agterstevoor, voor in die koor, wen of verloor, DJ betoor. Agterstevoor, voor in die koor, wen of verloor, DJ betoor, almal sê so! Agterstevoor, onderstebo. Wen of verloor, bly of bewoë – almal sê so. Agterstevoor, voor in die koor, wie gaan jou glo? Wen of verloor – DJ betoor, almal sê so. Agterstevoor, onderste bo, voor in die koor, wie gaan jou glo, wen of verloor, bly of bewoë. DJ betoor – almal sê so.
Woorde: Egmond
Musiek: Egmond & Algorrid3m
© Kopiereg SAMRO