Melkweg Reënboog en Reën (Aan Die Brand Steek) is die derde enkelsnit vrystelling vanaf Egmond se Nog Vuil Wasgoed album en die tweede “double A-side single” vrystelling van Egmond se loopbaan naas V’more / This Morning in Desember 2003 op CD-single. In ‘n verbasende skuif het beide liedjies enkelsnit status gekry toe die official audio van Melkweg Reënboog en toe Reën (Aan Die Brand Steek) in Augustus op You Tube verskyn het en verwys het na die vrystelling as ‘n “double A-side single”. Volgens Egmond kon hy nie kies tussen die twee treffers nie en het hy eenvoudige besluit om in daardie geval beide uit te reik.

Die eerste snit Melkweg Reënboog is in Oktober 2008 geskryf in die Bosveld terwyl Egmond buite gesit en sterre kyk het. “Terwyl ek na die Melkweg gekyk het het die woorde en wysie van die juweel na vore gekom. Dit was soos ‘n lig wat die donkerte laat weg smelt het.” Naas die feit dat dit 8 jaar lank geduur het om te voltooi, was die musiek reeds in 2013 opgeneem. Die liedjie se produksie is behartig deur Sandy Robbie. Die album weergawe van die liedjie is etwat langer as die single edit. Die enkelsnit het ook sy debuut gemaak in Treffers Radio se Top 30 en na drie weke die nommer 1 posisie bereik. Laat Februarie word Melkweg Reënboog opgetel as Hosa Radio se “Aandagtrekker” van die week en kom in aanmerking vir die Top 25. Die liedjie debuut in die nommer 22 posisie in sy eerste week, waarna dit die nommer 3 posisie bereik het in die sesde week, sy hoogste posisie op die stasie.

Die musiek video vir Melkweg Reënboog was vir maande in pre-production en die eerste 15 sekondes daarvan is op 26 Maart 2017 bekend gestel. Die video was oorspronklik geskeduleer vir ‘n Julie 2017 uitreiking as ‘n duet met die sangeres Yolandi. Die duet is later uitgestel. Die oorspronklike enkelsnit se musiek video materiaal is geskraap en weer in November 2017 opgeneem – dieselfde dag as Better Days se video opname. Die video is teruggehou om voorkeur te gee vir Better Days se release, en is verder teruggehou vir die Kersfees-weergawe van This Morning se vroeë Desember uitreiking. Die anamorphic widescreen video, wat geinspireer is deur ‘n Natalie Imbruglia musiek video waar sy self die kamera vashou, is ‘n liefdes video “selfie” boodskap. Die video het die lig gesien op Kersdag 2017.

Kort na die musiek video se bekendstelling op Kersdag 2017, het die video se kykersgetal gespring na ‘n 1000 + views. Om die video verder te bemark is die idee vir ‘n remix single gebore.

Die eerste remix is ‘n Club Mix wat Egmond sê hom dadelik laat dink het aan die club scene, en hy noem dat “dit voorwaar ‘n mengelmoes van dubsteps en heavy beats is met die koor wat elke nou en dan opduik. Dis freaky!” Daar is ook ‘n musiek video geproduseer vir die Club Mix wat ‘n nuwe verwerking is van die oorspronklike musiek video. Die Remix video is op 1 Februarie 2018 bekend gestel.

Die tweede remix is die “Vocal Up” weergawe wat ‘n paar tweaks het op die oorspronklike single version, en ook ‘n paar nuwe krieke bevat!!! Die bridge se lirieke is ook anders as die in die musiek video.

Die laaste remix, getitled die Yup Yup Remix is ‘n tipe house weergawe van die liedjie wat ten tyde van die mixing die woord “jup” laat vashaak het en so ontpop het in ‘n mellow weergawe van die liedjie wat nes die Club Mix ook ‘n kleurvolle kombinasie van klanke is.

In laat Januarie 2018 het die enkelsnit sy debuut gemaak in Treffers Radio se Top 30 en na drie weke die nommer 1 posisie bereik. Laat Februarie word Melkweg Reënboog opgetel as Hosa Radio se “Aandagtrekker” van die week en kom in aanmerking vir die Top 25. Die liedjie debuut in die nommer 22 posisie in sy eerste week, waarna dit die nommer 3 posisie bereik het in die sesde week, sy hoogste posisie op die stasie, voordat dit twee weke later uitgeval het.

In 2026 word die enkelsnit geskei vanaf sy Double A-Side genoot om as ‘n individuele enkelsnit uitgereik te word as deel van die COLLECTORS Reeks. Die enkelsnit bevat die remastered Single Edit, asook twee remixes van die Remixes uitreiking. In Junie 2026 word die enkelsnit as ‘n limited edition 12″ Vinyl uitgereik op Elastic Stage.

Release history

Streaming – 30 Augustus 2016 (Double A-Side met Reën (Aan Die Brand Steek) )
Streaming – 17 Januarie 2018 (Remixes)
CD-Single – 24 April 2026
LP-Single – 14 Junie 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Single Edit
2) Club Mix
3) Yup Yup Remix

12″ VINYL Tracklisting

A1) Single Edit
B1) Club Mix

Video stills

Club Mix video stills

STROOM “MELKWEG REËNBOOG REMIXES” HIER

Ek mis jou so. Wie sou kon glo. Dat daardie aand my hart sou toor. Wat maak jy nou? My denke blou oor daardie aand. Ek hou van jou! Party van ons sterre is dieselfde saans. Jy daar in die verre agter berg en krans. As die maan skyn kyk omhoog, my hart aan jou beloof, die Melkweg ons reënboog. Die naweek kom. My hol maag grom. En daardie aand het my laat blom. Bel asseblief my hart se dief. Na daardie aand is ek verlief.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO