Paradys (ft Slay) is die derde uitreiking vanaf die EP Vuil Wasgoed en is ‘n collaboration met briljante musikant Slay.

Paradys se opname is voltooi in die eerste week van April 2014. Stem opnames is gedoen deur Marc Skarda, wat ook op backing vocals feature. Die musiek is produce deur Slay. ‘n Alternatiewe weergawe van die snit, getiteld Jy’s In Paradys bevat akoestiese kitaar wat opgeneem is deur Sandy Robbie (hierdie weergawe is in Junie 2015 uitgereik as lead single vanaf die 1 Dosyn treffers album).

Die enkelsnit is in die laaste helfde van Julie 2014 uitgereik op iTunes en YouTube. Volgens Egmond het die musiek video telkemale ‘n transformasie ondergaan. “Die groot oog scenes was bedoel vir ‘n ander liedjie se musiek video en was reeds in September 2013 al opgeneem. In November 2013 is verdere video opnames gedoen, maar dit was geskraap en in die laai geplaas vir later. (Van daardie video opnames het in 2016 in die Reën Aan Die Brand Steek musiek video ‘n tuiste gevind.) Die karakters van Gee Voor Jy Groet was ook veronderstel om in die video te verskyn, maar weens slegte tyds berekening is dit gelos vir ‘n latere video.”

Die enkelsnit is te koop op iTunes en verskeie online winkels en bevat die single edit van die snit. Die album weergawe is ietwat langer.

Die liedjie is die Afrikaanse weergawe van die snit Better Days wat op die album Lights Blinding verskyn. Die kunstenaar Slay het van naam verander na die uitreiking en tydens die 2022 her-uitreiking van die Vuil Wasgoed EP is dit vervang deur “featuring Algorrid3m” in plaas van “featuring Slay”.

In 2026 word die enkelsnit vir die eerste keer op CD-Single uitgereik. Die omslag is aangepas om die kunstenaar te feature as Algorrid3m. Die Single Edit, Album Version en Extended Version is almal ingesluit op die enkelsnit wat in April die lig sien. In Junie 2026 word die enkelsnit as ‘n limited edition 12″ Vinyl uitgereik op Elastic Stage.

Release history

Streaming – 21 Julie 2014
CD-Single – 17 April 2026
LP-Single – 14 Junie 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Video Edit
2) Album Version
3) Extended Version

12″ VINYL Tracklisting

A1) Video Edit
B1) Album Version
B2) Extended Version

Video stills

STROOM “PARADYS” HIER

Leë strate om my al die huise staan ook leeg. Voel niemand naby; het die mensdom weg beweeg? Die lug is wolkloos en die wind het ophou waai. ‘n Stem roep woordloos en ek weet om om te draai. Kom vlug na waar ek wys. Hier’s son en sneeu en ys. En as jy kyk sal jy sien jy’s in paradys. Ervaar die see gesuis. Behels die groot paleis. En as jy sien sal jy weet jy’s in paradys. Geen wolkekrabbers, net ‘n enkel toring hoog. Hier’s iemand anders wat gly op ‘n mooi reënboog. Geen goudpot op sy net ‘n poel van silwer wyn. ‘n Stem roep na my en ek weet daar’s niks meer pyn.

Woorde: Egmond
Musiek: Egmond & Slay

© Kopiereg SAMRO