

Die iTunes Connect platform het sy 2de ekslusiewe enkelsnit na vore gebring: die veel bespiegelde Een Ding! Die enkelsnit, wat uit twee remixes bestaan, is al laat 2016 reeds voltooi deur Arnaldo Suarez, wat saam met Egmond al in 2012 ‘n ander collaboration uitgereik het, nl. Ongelooflik.
Egmond het vertel dat hy en Arnaldo Suarez jare lank al oor die snit gepraat het, en dat Een Ding oorspronklik ook deel sou vorm van die 2012 album Ongevraagde “Ritmes”. “Daar was net te min tyd gewees destyds om die deadline te haal,” vertel hy verder. “Ons het toe maar besluit om net te fokus op Ongelooflik toe en het dit daar gelaat.” Jare later is die snit weer besoek om deel te vorm van ‘n beplande EP wat op sy geskuif is ten gunste van Egmond se opkomende 2018 projek Sirkus Applous. “Ek wou nogsteeds die remixes bekend stel, en wat ‘n beter platform as iTunes Connect!”
Meer as ‘n jaar nadat die enkelsnit ekslusief uitgereik is op iTunes Connect, kry dit weer verdere promosie toe die Bial Remix se promosie video uitgereik is in Junie 2018. Die video is ‘n verkorte weergawe van die liedjie. Die “cartoon” musiek video weerspiëel die karakters van beide Egmond en Arnaldo Suarez soos wat hul op die enkelsnit se omslag verskyn. Die beeldmateriaal was oorspronklik opgeneem in 2017 vir die toekomstige Melkweg Reënboog duet met Yolandi, maar daardie video is agtergelaat nadat die duet nooit plaasgevind het nie. Die video footage is toe herbruik in die Een Ding musiek video.
Die remixes, naamlik die Bial Remix en Sunday Mix, is albei uitgereik laat Maart 2017. Die Bial Remix was beplan om die b-side te word van Koebaai maar die remix is op die laaste nippertjie onttrek. In 2018 is die iTunes Connect platform gestaak en is die remixes nie meer beskikbaar nie. Een Ding se volledige demo is in 2020 op die album Ongevraagde “Hello” Skrikkeljaar ingesluit. Die Bial Remix is later op die Remixed album ingesluit.









KRY “EEN DING (BIAL REMIX)” HIER
Een ding – ah ah ah een ding! Hoe gaan dit? Verkwalik jy my nog vir die weerlose misverstand. Vergaan dit so maklik? Of is dit iewers in jou fyn brose hart? Een ding wat ek vir jou wil vra is of jy my kan vergewe en my verdra. En as daar tyd is vir ons om aan te gaan vra ek die een ding van jou en vat my saam vanaand. O ja. Ahaa. Is hierdie een ding te veel gevra?
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO