2023

ONDERHOUD OP RADIO OVERBERG

28 SEP ’23

Omroeper Anne-Marie Burger gesels weer met Egmond oor alles “ongelooflik”.
Om 10:15vm vanoggend het ‘n nuwe onderhoud op Radio Overberg 101.8fm uitgesaai tydens die program ‘Ommie Tafel’. Anne-Marie Burger, wat self een van die twee bekende omroepers is wat ‘n cameo in die nuwe enkelsnit maak, het gesels oor die nuwe treffer en die liedjie se geskiedenis. Besoek radiooverberg.co.za of luister hier na die onderhoud. Daar word boonop selfs ‘n spesiale jingle uitgesaai op Radio Overberg wat spesiaal vir stasie opgeneem is.

ONDERHOUD OP LEKKERFM

26 SEP ’23

Egmond kuier vir die eerste kuier op die lekker stasie.
‘n Nuwe onderhoud is vandag uitgesaai op LekkerFM 98.3 om 17:20nm. Die populêre omroeper Fanus Pienaar gesels met Egmond tydens die program ‘Huistoe Gaan Tyd’ oor die nuwe enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley), hoe hy balans hou met werk en musiek maak, asook die storie agter die Australianer Kaley se deelname. Skakel gerus hier in om te luister na LekkerFM, of besoek www.lekkerfm.com, en luister hier na die onderhoud.

ONGELOOFLIK STEEDS IN TOP 10 OP OVERVAAL STEREO

21 SEP ’23

Die nuwe treffer is steeds ‘n gunsteling op Overvaal Stereo.
‘n Maand nadat die nuwe enkelsnit sy debuut gehad het tydens ‘n onderhoud op Overvaal Stereo, staan Ongelooflik (ft Kaley) steeds sterk op die stasie se Top 10. Boonop is die polsende voetstamper in die Top 10 van beide die laaste week en die laaste maand! “Ek is so dankbaar vir al die luisteraars en die fantastiese stasie wat die liedjie ondersteun,” vertel Egmond, “en natuurlik my awesome PR Lydia Winchester”. Luister aanlyn hier en versoek die nuwe treffer.

ONDERHOUD OP IMPALA RADIO

21 SEP ’23

Egmond kuier weer met Imapala Radio oor die splinternuwe enkelsnit.
Die nuwe enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley) maak vanaand sy premiere op Impala Radio tydens ‘n onderhoud met die sanger wat om 20:15 uitgesaai word. Die omroeper Louwrens, wat vroeër in die jaar ‘n onderhoud gevoer het oor die vorige enkelsnit Pyn, praat met Egmond in die program “Kom Kuier Saam”. Skakel hier in en volg Impala Radio op Facebook.

ONGELOOFLIK IN TOP 10 OP OVERVAAL STEREO

12 SEP ’23

Die goeie nuus rondom die nuwe enkelsnit hou nie op nie.
Dit lyk of daar geen keer is aan die Egmond se nuwe enkelsnit sedertien die onderhoud op Overvaal Stereo drie weke gelede. Ongelooflik (ft Kaley) het sy tuiste gevind in die Top 10 mees populerste liedjies wat op die stasie speel die afgelope week. Luister aanlyn hier en versoek die nuwe treffer.

ONDERHOUD OP JOU RADIO

11 SEP ’23

Die Polokwane-gebasseerde stasie gesels vir die eerste keer met Egmond.
Limpopo se Jou Radio het vanoggend om 11:30 ‘n onderhoud uitgesaai met Egmond oor die nuwe treffer Ongelooflik (ft Kaley). In die gesprek met omroeper Rudolp Pretorius vertel Egmond van sy grootword jare in die area, die storie agter die produksie in Australië met Sandy Robbie, en natuurlik Kaley se deelname. Die onderhoud is geeindig met die nuwe enkelsnit. Luister aanlyn hier.

ONDERHOUD OP IFM RADIO 102.2

5 SEP ’23

Omroeper Marius Lewis van IFM Radio 102.2 gesels weer met Egmond.
In die nuutste onderhoud op IFM Radio 102.2, wat vandag om 12:30nm uitgesaai is, word daar gesels oor die nuwe treffer Ongelooflik, Egmond se liefde vir Roxette, en die meesterbrein agter die produksie in Australië, Sandy Robbie. Die onderhoud is geeindig met die speling van die nuwe enkelsnit. Luister aanlyn hier en versoek Ongelooflik.

ONDERHOUD OP JOU STASIE

22 AUG ’23

Egmond gesels weer met Ian Müller tydens die program “Vati-Pad”.
‘n Half-uur lange onderhoud met Egmond is vandag uitgesaai op Jou Stasie duskant 16:30nm. Omroeper Ian Müller, wat self ‘n cameo gemaak het in die enkelsnit Ongelooflik, het verskeie vrae gehad rakende die liedjie se ontstaan, Kaley se deelname en meer. Skakel gerus in aanlyn en versoek die nuwe enkelsnit op Jou Stasie hier.

ONDERHOUD OP OVERVAAL STEREO

22 AUG ’23

Egmond gesels weer met die stasie in diepte oor sy nuutste enkelsnit.
Tydens die program Oggend-Aktief word daar vandag om 10:15vm gepraat oor die splinternuwe treffer Ongelooflik wat ook spog met die Australiaanse sangeres Kaley. Die treffer het sy premiere op Overvaal Stereo gehad direk na die onderhoud, waar die liedjie se oorsprong, die nuwe album en vele meer bespreek is. Luister hier na die stasie.

THIS MORNING 20TH ANNIVERSARY SINGLE

22 AUG ’23

The debut receives a special re-release today.
As part of the 2 decade celebrations, a re-release of the debut single This Morning is now available commemorate the 2003 release. The original 2003 sleeve has been recreated for the release, including a special 20th anniversary edition logo. In addition, the single includes 4 tracks, one being a special remastered single edit, a remastered album version, and two demos, one being the studio demo that has never been released before. A music video for this special release also debuted today. Get the single here. Read more about the release here.

ONDERHOUD OP RADIO LAEVELD

16 AUG ’23

Egmond keer terug vir nóg ‘n onderhoud op die Mmpumalanga radio stasie .
Tydens die program Sonop word die tweede onderhoud van die jaar uitgesaai om 8:40vm. Die stasie, wat reeds in Februarie met Egmond gesels het oor sy Afri-Indie genomineerde treffer Pyn, het alreeds in 2004 die sanger se tweede enkelsnit Mors gespeel. Ongelooflik (ft Kaley) het die onderhoud afgesluit en is nou te hore op Radio Laeveld.

ONDERHOUD OP CALEDON FM

15 AUG ’23

Piet Obies gesels oor Ongelooflik (ft Kaley) tydens die program Overdrive.
Die Wes-Kaapse radio stasie gesels weer met Egmond oor die volgende uitreiking vanaf Koeksister Pop. Die middag onderhoud, wat duskant 16:30 op die lug was, het die geskiedenis rondom die nuwe enkelsnit met Kaley bespreek. Caledon FM speel reeds sedert 2017 verskeie van die sanger se enkelsnitte, insluitende Melkweg Reënboog en die onlangse Pyn. Versoek die nuwe enkelsnit deur ‘n WhatsApp te stuur aan die ateljee op 076 690 3689. Luister na die onderhoud op Soundcloud hier.

ONDERHOUD OP KOSMOS STEREO 99.3FM

10 AUG ’23

Egmond gesels met die Middelburg-gebaseerde stasie oor sy nuwe enkelsnit.
Die stasie Kosmos Stereo 99.3FM het vanmiddag om 14:15 ‘n onderhoud uitgesaai met Egmond oor die nuwe treffer met Kaley. Die geselsie met omroeper Johan Els het meer inligting gedeel oor die snit se geskiedenis, die betekenis agter die album titel Koeksister Pop en die mede-sangeres Kaley van Australië. Luister aanlyn hier.

RSG PREMIERE ONGELOOLFLIK

4 AUG ’23

Die enkelsnit debuteer op RSG met omroeper Haidee Muller-Isaacs om 20:20.
Die 8nm program Oppiradio op RSG het vanaand die nuwe enkelsnit Ongeloolfik (ft Kaley) gespeel. Die program, deur omroeper Haidee Muller-Isaacs, is ‘n gewilde tydsgleuf op die stasie. Dit is die tweede Egmond uitreiking wat die jaar RSG se luisteraars sal vermaak. Skakel in by www.rsg.co.za en versoek die nuwe treffer.

MAROELA MEDIA LYS ONGELOOFLIK

12 JUL ’23

Pieter Cloete lys die nuwe enkelsnit as een van die week se nuwe uitreikings, plaas op Spotify speellys.
Suid-Afrika se bekende radio persoonlikheid en joernalis Pieter Cloete het die splinternuwe enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley) genoem in die weeklikse Maroela Media berig wat die Top 20 en nuwe uitreikings bespreek. Die pop treffer is ook op die Spotify speellys geplaas. Luister hier daarna.

DIE WAARHEID DEEL ONGELOOFLIK

12 JUL ’23

Egmond bevind homself weer op Die Waarheid se voorblad met die nuwe persverklaring vir die enkelsnit..
Die bekende vermaaklikheids webwerf deel die Lydia Winchester geskrewe persverklaring oor die nuwe enkelsnit met die Australiaanse sangeres Kaley . Die webwerf noem Egmond “vars en verfrissend – ‘n rare koeksister”. Lees die artikel hier.

RADIO X5 STEREO & ONGELOOFLIK

11 JUL ’23

Die bekende internet stasie noem die nuwe enkelsnit “op en wakker”.
Radio X5 Stereo, ‘n onafhanklike aanlyn gemeenskapsradiostasie wat musiek speel en verskeie gemeenskapsprogramme uitsaai, het Ongelooflik (ft Kaley) gelys op hul speellyste. Omroeper Phil Jansen noem die nuwe treffer “nog n lekker op en wakker ene, wat die luisteraars beslis sal van hou.” Skakel hier in.

GLANS DEEL ONGELOOFLIK PERSVERKLARING

11 JUL ’23

Nog ‘n vermaaklikheids webwerf deel die Ongelooflik persverklaring.
Die bekende vermaak webwerf Glans het ‘n rubriek geplaas op hul sosiale media oor die nuwe pop-treffer met Australiaanse sangeres Kaley. Lees die artikel hier op Facebook.

GALORE SA DEEL ONGELOOFLIK PERSVERKLARING

8 JUL ’23

Die vermaaklikheids webwerf deel nuus omtrent Ongelooflik.
Egmond se nuutste enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley) is besig om groot naam te maak op sosiale media, met die vermaaklikheids ikoon Galore SA wat die pers verklaring rondom die nuwe suiker-soet treffer gedeel het op hul webwerf. Lees die artikel hier.

MUSICAL VENTURE RADIO & ONGELOOFLIK

7 JUL ’23

Omroeper David Gilliland deel die nuwe snit in sy program “Naweek saam met David”.
Vanoggend 1vm het Musical Venture Radio die nuwe pop treffer Ongelooflik (ft Kaley) gespeel in die program “Naweek saam met David”, regstreeks vanuit Panama. Die radio stasie het reeds die afgelope twee dekades verskeie van die pop-rocker se katalogus gespeel aan hul luisteraars, met Pyn (ft Kaley) wat vroeër in die jaar ook deel van die program was. Luister hier na die stasie.

OLKA BOLKA DEEL ONGELOOFLIK PERSVERKLARING

7 JUL ’23

Die persverklaring volg kort op die hakke van verskeie radio stasies wat die enkelsnit begin speel het.
Die splinternuwe enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley) is besig om groot naam te maak, en die geliefde e-tydskrif Olka Bolka het die nuutste persverklaring gedeel. Lees die artikel hier.

SPRINGBOK INTERNET RADIO

7 JUL ’23

Ongelooflik maak sy debuut op die internet radio stasie.
Die bekende Springbok Internet Radio het Ongelooflik (ft Kaley) gelaai op hul speellyste. Luister hier na die Wes-Kaapse stasie of besoek hul op sosiale media en versoek die nuwe enkelsnit.

RADIO NAMAKWALAND

7 JUL ’23

Ongelooflik maak sy debuut op die Weskus radio stasie.
Die nuwe treffer met Australiaanse sangeres Kaley, Ongelooflik, kan nou gehoor word op Radio Namkwaland 93.4fm. Skakel gerus in aanlyn op 934.co.za en plaas jou versoek vir Ongelooflik deur ‘n Whatsapp te stuur na 079 350 7339.

NUWE ENKELSNITONGELOOFLIK (FT KALEY)

7 JUL ’23

Die enkelsnit spog ook met omroepers Ian Müller en Anne-Marie Burger.
Die Afri-Indie genomineerde pop-rocker is wéér terug op die radiospeellyste met ’n soeter-as-soetse koeksister-treffer, Ongelooflik, wat spog met die Australiaanse nagtegaal, Kaley, in dié Sandy Robbie produksie. Die derde enkelsnit vanaf die nuwe album Koeksister Pop spog ook met ‘n kleurvolle musiek video wat nou op YouTube is. Ongelooflik (ft Kaley) word deur Next Music uitgereik en is beskikbaar op alle digitale platforms hier.

“MAKING OF” VIDEO VIR ONGELOOFLIK

6 JUL ’23

Kyk agter die skerms van die splinternuwe enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley).
Die derde enkelsnit vanaf die album Koeksister Pop se uitreiking more word voorafgegaan deur die bekendstelling van ‘n spesiale “Making Of” video. Die video vertel die storie van Ongelooflik se begin in 2008, tot die remix uitreiking en musiek video in 2012, en die nuwe opname daarvan. Daar is ook ‘n kykie agter die skerms van die musiek video wat op 7 Julie 2023 premiere. Kyk na die YouTube video hier.

NUWE ALBUM KOEKSISTER POP

30 JUN ’23

Die 20-stuk treffer album is nou beskikbaar.
Ter viering van die pop-rocker se 2 dekades in die musiek industrie word die nuwe album Koeksister Pop vandag uitgereik (kry die grootste treffers versameling hier). Die album sluit 20 treffers in, ondermeer die Afri-Indie genomineerde enkelsnit Pyn (ft Kaley), en die splinternuwe treffer Ongelooflik (ft Kaley).

LIRIEKE VIDEO VIR ONGELOOFLIK (FT KALEY)

30 JUN ’23

Die opkomende enkelsnit se debuut gaan gepaard met nuwe lirieke video.
Ongelooflik (ft Kaley), die volgende enkelsnit vanaf die album Koeksister Pop, maak sy debuut vandag – terselfde tyd as die treffer album se verskyining. Die liriekde video sien die lig ‘n week voordat dit as enkelsnit uitgereik word. Die lirieke video spog met die agtergrond van die opkomende musiek video. Volgens Egmond is die agtergrond vol hoogtepunte van sy afgelope 20 jaar en dat die musiek video baie daarvan wegsteek, maar die lirieke video sal dit in al sy glorie vertoon. Die video premiere om 6:45vm op YouTube hier.

OLKA BOLKA DEEL NUWE EPK

9 JUN ’23

Die vermaaklikheids webwerf deel nuus oor die nuwe EPK op YouTube.
Die Olka Bolka e-tydskrif het die splinternuwe EPK gedeel op hul webwerf. Lees die artikel hier.

DIE WAARHEID DEEL NUWE EPK

31 MEI ’23

Die ‘n splinternuwe inligtingsdiens in Afrikaans rapporteer oor die nuwe EPK op YouTube.
Die Waarheid Media het vandag nuus rondom die EPK gedeel op hul webwerf. Lees gerus die artikel hier.

EPK VIR KOEKSISTER POP OP YOUTUBE

31 MEI ’23

Die nuwe EPK vertel oor die afgelope 2 dekades se reis.
Daar is die afgelope 4 jaar reeds hard gewerk aan ‘n EPK (Electronic Press Kit) om Egmond se storie te vertel, en met die uitreiking van die opkomende treffer album Koeksister Pop word dit ‘n realiteit. Die EPK, wat 6:17 lank is, is vol interessante feite, beeldmateriaal wat nog nooit gesien is nie, en ‘n kykie agter die skerms die afgelope 20 jaar. Die narator, Ian Müller van Jou Stasie, deel die verhaal wat terug strek na 1997 tot en met die hede, en die eerste kykie na die volgende enkelsnit Ongelooflik (ft Kaley) is ook hierin te sien. Die EPK is uitgereik op 31 Mei 2023 om 6:30vm, presies ‘n maand voordat die album uitgereik word op die 30ste van die 6de maand. Daar is boonop ook Engelse byskrifte! Kyk hier of besoek die voorblad.

HOT102.7FM & ELECTRIC

2 MAY ’23

The 2020-single received airplay on Joburg’s favourite radio station.
In a surprise post on social media, the singer revealed that he had discovered that the 2020 single release of the song Electric received rotation on Hot102.7FM during 2021, a year after the song was released digitally. The post read “I have no idea how this happened, but I’m thrilled to find out Hot102.7FM played my song ELECTRIC – way back in 2021! Better late than never – but thank you guys! Glad you liked it.”

ONDERHOUD OP IMPALA RADIO

9 MAR ’23

Egmond gesels vanaand op “Kom Kuier Saam”.
Die nuwe enkelsnit Pyn (ft Kaley) maak vanaand tussen 8nm en 9nm sy premiere op Impala Radio se program “Kom Kuier Saam”. Die omroeper Louwrens sal die onderhoud voer. Skakel gerus hier in om saam te luister of volg Impala Radio op Facebook.

ONDERHOUD OP JOU STASIE

21 FEB ’23

Egmond gesels met Ian Müller tydens die program “Mengelmoes Kardoes”.
‘n Half-uur lange onderhoud met Egmond is vandag uitgesaai op Jou Stasie duskant 13:20nm. Omroeper Ian Müller het verskeie interessante vrae gehad, van watse raad die kunstenaar vandag vir nuwelinge sou gee, tot wie sy eerste musiek invloed was. Die nuwe enkelsnit Pyn (ft Kaley) het gevolg na die onderhoud. Skakel gerus in aanlyn en versoek Pyn op Jou Stasie hier.

ONDERHOUD OP IFM RADIO 102.2

20 FEB ’23

Die omroeper Marius Lewis van IFM Radio 102.2 gesels met Egmond oor Pyn en vele meer.
‘n Nuwe onderhoud met Egmond het op IFM Radio 102.2 uitgesaai om 12:30nm, gevolg deur die nuwe enkelsnit Pyn (ft Kaley). Sandy Robbie se deelname aan die enkelsnit is uitgelig en Egmond vertel dat die paar reeds vir 2 dekades saam werk, maar dat die afgelope 10 jaar gefokus is op nuwe musiek wat in Australië en Suid-Afrika opgeneem word. Luister aanlyn hier.

ONDERHOUD OP KOSMOS STEREO 99.3FM

20 FEB ’23

Egmond se nuwe enkelsnit maak sy debuut tydens onderhoud met omroeper Anna Patat.
Die program “Inkleurboek en Klank” het vanoggend om 10:30vm ‘n onderhoud uitgesaai met Egmond oor die nuwe duet met Kaley. Die gesprek het ook inligting na vore gebring dat die volgende enkelsnit Ongelooflik heet, en dat daar nog ‘n nuwe opname na dit sal volg vir die album wat later die jaar uitgereik word. Luister aanlyn hier.

ONDERHOUD OP 90.6FM

14 FEB ’23

Pyn (ft Kaley) maak sy debuut tydens ‘n Valentyns-onderhoud op die stasie.
Die Vaal Driehoek se gunsteling radio stasie, 90.6FM Stereo, het met Egmond gesels oor sy nuwe enkelsnit Pyn, Die onderhoud, wat uitgesaai is 1:15nm op Valentynsdag, is beeindig met die nuwe duet se premiere op die stasie. Versoek die nuwe enkelsnit Pyn (ft Kaley) vandag nog deur ‘n WhatsApp te stuur na 082 2545847, of luister aanlyn hier.

MOEDERTAAL MAAND OP RADIO OVERBERG

10 FEB ’23

Die maand van Afrikaans-praat word gevier op Radio Overberg.
Egmond vier saam met Radio Overberg Moedertaal Maand en het vir die stasie ‘n spesiale boodskap opgeneem wat te hore is op dié stasie. Alhoewel die jingle op verskeie tye gespeel word, kan luisteraars inskakel eerskomende Maandag 13 Februarie om 10vm om te luister na die insetsel. Skakel hier in. Die jingle bevat ook die 2014 treffer Paradys (ft Algorrid3m) in die agtergrond. Spesiale dank aan Anne-Marie van Radio Overberg vir die addisionele produksie op die jingle.

ONDERHOUD OP CALEDON FM

7 FEB ’23

Die program MidOggendMengelmoes saai onderhoud uit.
Omroeper Ursulla le Grange het met Egmond gesels oor sy liefde vir musiek, die storie agter die nuwe enkelsnit Pyn en sy kreatiewe kant. Caledon FM het reeds vorige enkelsnitte Better Days en Melkweg Reënboog gespeel op die stasie. Versoek Pyn (ft Kaley) vandag nog. Whatsapp die ateljee op 076 690 3689.

ONDERHOUD OP RADIO LAEVELD

6 FEB ’23

Egmond terug op die stasie wat gesorg het vir sy 2004 deubraak.
Tydens die program Sonop word ‘n splinternuwe onderhoud met Egmond uitgesaai om 9:30vm. Die stasie het reeds ‘n ryk geskiedenis met die sanger, nadat hul in 2004 sy tweede enkelsnit Mors gespeel het. Pyn (ft Kaley) het die lekker onderhoud gevolg en is nou te hore op Radio Laeveld.

ONDERHOUD OP OVERVAAL STEREO

31 JAN ’23

Omroeper Jessie Lange gesels met Egmond.
Tydens die program Oggend-Aktief word daar vandag om 10:15vm met Egmond gesels oor die nuwe enkelsnit Pyn wat reeds baie goeie aandag afgetrek het op die plaaslike musiek toneel. Pyn (ft Kaley), wat reeds vroeër die maand op die stasie se speellys geplaas, is direk na die onderhoud gespeel op Overvaal Stereo.

PYN KRY AFRI-INDIE NOMINASIE

27 JAN ’23

Die Afri-Indie Musiek toekennings het vandag sy laaste nominasies bekend gemaak.
Die afgelope week word die nominasies vir die jaar se Afri-Indie musiek toekennings bekend gemaak en vandag se lys het afgekondig dat die nuwe treffer Pyn (ft Kaley) genomineer is vir “Best Adult Contemporary Single”. Die gala aand vind plaas in April in Pretoria.

RADIO OVERBERG SPEEL PYN AS DEEL VAN EERSTE ONDERHOUD VIR 2023

27 JAN ’23

Tyden die program ‘Ommie Tafel’ gesels omroeper Anne-Marie Burger met Egmond en speel die nuwe enkelsnit Pyn (ft Kaley).
Vanoggend is die nuwe treffer Pyn gespeel in ‘n eksklusiewe onderhoud met Egmond. Naas die onderhoud is daar ook ‘n spesiale jingle wat eersdaags op die stasie begin speel. Luister na radiooverberg.co.za en versoek die duet met Kaley vandag nog. Luister hier na die onderhoud op Soundcloud.

ONDERHOUD OP RADIO OVERBERG

26 JAN ’23

Omroeper Anne-Marie Burger gesels oor die nuwe enkelsnit Pyn en waar die sanger se loopbaan begin het.
Skakel in om 10:15vm op Vrydag 27 Januarie 2023 om te luister na die onderhoud op Radio Overberg 101.8fm op die program ‘Ommie Tafel’. Besoek ook radiooverberg.co.za vir inligting hoe om na die stasie te luister.

OVERVAAL STEREO PLAAS PYN OP SPEELLYS

26 JAN ’23

Die 2012 Huisgenoot-Tempo wenner vir gewildste Afrikaanse stasie speel nou ook die Kaley-duet.
Harde werk beloon en die nuwe duet Pyn met Australiaanse sangeres Kaley is nou ook te hore op die stasie Overvaal Stereo. Skakel in of luister aanlyn na dié gunsteling stasie.

GLANS DEEL PYN PERSVERKLARING

18 JAN ’23

Nog ‘n vermaaklikheids webwerf deel die Pyn persverklaring.
Die bekende vermaak webwerf Glans het ‘n rubriek geplaas op hul sosiale media oor die nuwe duet met Kaley. Lees die artikel hier op Facebook.

PYN GEPLAAS OP RADIO RITME SPEELLYS

17 JAN ’23

Die Afrikaanse internet radio stasie, Radio Ritme, lys die nuwe enkelsnit.
Pretoria-Oos gebasseerde Radio Ritme het die Kaley-duet op rotasie geplaas. Luisteraars kan vir die ateljee ‘n WhatsApp stuur op 076 505 7692 en Pyn versoek. Besoek www.radioritme.co.za vir inligting hoe om na die stasie te luister.

GALORE SA DEEL PYN PERSVERKLARING

17 JAN ’23

Die vermaaklikheids webwerf deel nuus omtrent Pyn.
Egmond se nuwe enkelsnit Pyn (ft Kaley) is besig om groot naam te maak op sosiale media, met die vermaaklikheids ikoon Galore SA wat die pers verklaring rondom die nuwe duet gedeel het op hul webwerf. Lees die rubriek hier.

OLKA BOLKA DEEL PYN PERSVERKLARING

16 JAN ’23

Die persverklaring volg kort op die hakke van verskeie radio stasies wat die enkelsnit begin speel het.
Die splinternuwe enkelsnit duet Pyn (ft Kaley) is besig om groot naam te maak, en die e-tydskrif Olka Bolka het die nuutste persverklaring gedeel. Lees die artikel hier.

MUSICAL VENTURE RADIO DEEL PYN

14 JAN ’23

Omroeper David Gilliland deel die nuwe snit in sy program “Naweek saam met David”.
Vanoggend 1vm het Musical Venture Radio die nuwe duet met Kaley gespeel as deel van die program “Naweek saam met David”, regstreeks vanuit Panama. Die radio stasie het reeds die afgelope twee dekades verskeie van die pop-rocker se katalogus gespeel aan hul luisteraars, en Pyn (ft Kaley) is afgekondig op Facebook as deel van die program. Luister hier na die stasie.

RSG PREMIERE PYN MET SPESIALE BOODSKAP

13 JAN ’23

Omroeper Haidee Muller-Isaacs skop haar Vrydag aand program af met die Kaley duet.
Die 8nm program Oppiradio op RSG het die nuwe enkelsnit Pyn gespeel as opening vir die Vrydag aand speellys. Die program, deur omroeper Haidee Muller-Isaacs, het begin deur ‘n spesiale welkom boodskap wat Egmond vir RSG luisteraars opgeneem het. Skakel in by www.rsg.co.za en versoek die nuwe treffer.

RADIO NAMAKWALAND

13 JAN ’23

Pyn maak sy debuut op die Weskus radio stasie.
Die nuwe duet met Australiaanse sangeres Kaley, Pyn, speel kan nou gehoor word op Radio Namkwaland 93.4fm. Skakel gerus in aanlyn op 934.co.za en plaas jou versoek vir Pyn deur ‘n Whatsapp te stuur na 079 350 7339.