

Encore (Op Die Radio) is die eerste enkelsnit vanaf die treffer album Sirkus Applous Encore. Die album het byna nie die titelsnit bevat nie! Dit sou oorspronklik slegs ‘n nuwe remix van Everything We Say gehad het as “nuwe” snit vir die versameling. Maar nadat daar in die argiewe rondgekrap is tydens die Ongevraagde “Hello” 2.0 beplanning, het een demo van 2003 uitgestaan.
I Know is ‘n liedjie wat geskryf was in Hermanus laat 2003. Dit was nie deel van die beplande Engelse debuut album nie, maar in 2004, toe daar besluit was om daardie album in Afrikaans op te neem, was I Know vertaal en het die liedjie (toe getiteld) Meermin sy plek op die album ingeneem. Die snit was tot in 2007 op die lys van liedjies wat opgeneem moes word, maar Gee Voor Jy Groet, Dis Elektries en Brug Lelies het hierdie en ander snitte vervang.
In 2021 word I Know / Meermin weer “ontdek”. ‘n Paar dae later word nuwe Afrikaanse lirieke geskryf omdat Meermin se woorde oud en eenvoudig gevoel het. Egmond vertel dat hy graag iewers ‘n deel van die album titel in die liedjie wou gebruik. “Encore” het skielik gepas en “Op Die Radio” het terselfde tyd ook plek gevind in die nuwe lirieke, en die demo word dadelik opgeneem op 8 April 2021.
Produksie vir die nuwe snit is gehandhaaf deur Sandy Robbie in Australië in vroeg 2022. Stem opnames is voltooi in Maart in Bethlehem en die snit se produksie is voltooi in die eerste week van April. Die lirieke was tydens die opname proses verder aangepas.
Die musiek video is opgeneem in Maart terwyl die snit in finale produksie was, met addisionele stock footage vanaf Pexels.Com. Die video het in die laaste paar uur van redigering “per ongeluk” ‘n nuwe rigting ingeslaan met die insluiting van die meteoriete en ontploffings. Die video en enkelsnit het premiere op 22 April 2022 en het reeds duskant die 4000 kykers gelok het op YouTube.
Kort nadat die snit bekendgestel is, is daar ‘n alternatiewe weergawe voltooi vir die album se uitreiking, bekend as die “Album Version”. Dit het ‘n ander produksie met ekstra elektriese kitaar. In Junie 2022 is daar ‘n bypassende musiek video opgeneem vir hierdie alternatiewe weergawe en die video het sy debuut gemaak met die album se uitreiking.












KRY “ENCORE (OP DIE RADIO)” HIER
Mense raak weg in die dag. En baie keer ook in die nag. Iets op die lug gee hul krag. Daar’s woorde in ore wat hulle laat smag. Voete en vingers praat saam. Koppe wat knik en beaam. Skouers beweeg ook betaam. Die draadloos is weereens van vooraf bekwaam. As jy dit hoor is als weer reg. Jou pyn verdwyn en jy is weg. Encore! Op die radio. Speel weer! Encore! Op die radio. Nog ‘n keer! So is jou dag baie lank? Kry jy net stank vir dank? Hier kom ‘n mooi boontjierank. Wat jou kan oplig na die skatte van klank. As jy dit hoor is als weer reg. Jou pyn verdwyn en jy is weg. Encore… Wie gee om wie dit sing? Dit maak jou bly. Die ritme vind jou. Dit maak jou vry, maak jou vry. Encore…
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO