

Die besluit om verskeie albums en snitte af te tree in 2021 het ‘n gaping gelaat in Egmond se diskografie. Die onlangse treffer albums, Sirkus Applous en Meer Sirkus Applous, se verlies was die grootste. Maar die gebrek aan treffer albums het ‘n geleentheid geskep om ‘n nuwe opgedateerde weergawe uit te reik, en Sirkus Applous Encore is gebore.
Hierdie derde inkarnasie van die Sirkus Applous-tema sluit die splinternuwe enkelsnit Encore (Op Die Radio) in, tesame met 9 van die sanger se grootste treffers. Nie almal nie, bygelas. Die album is uitgereik op 17 Junie 2022.
Elke weergawe van die snitte wat op die album ingesluit is is spesiaal gekies om die beste weergawe daarvan te verteenwoordig, hetsy dit ‘n “single edit” of “remake” is. Die enkelsnit Encore (Op Die Radio) het self ‘n alternatiewe “Album Version” wat hierby ingesluit word. Die snit spog met ‘n ander produksie en addisionele kitaar. Daar is boonop ‘n musiek video vir hierdie nuwe weergawe opgeneem wat saam met die album bekend gestel is.
Die album sou bestaan het uit 13 liedjies, met nuwe opname Pyn, en ‘n nuwe verwerking van Everything We Say, as deel van die versameling. Die #1 treffer Better Days was ook veronderstel om ingesluit te wees. Nadat Pyn se produksie vertraag is, het dit beteken dat Everything We Say nie betyds voltooi sou wees nie, en Better Days is weggelaat om slegs Afrikaanse liedjies op die album in te sluit. Alhoewel beide liedjies in Desember van 2022 as enkelsnitte uitgereik was, is hul die volgende jaar ingesluit op die album Koeksister Pop.
Tracklisting
1) Encore (Op Die Radio) * [Album Version]
* Nuwe opname
2) Melkweg Reënboog
3) Kom Red My [2015 Remake]
4) Gee Voor Jy Groet [Single Edit]
5) Koebaai
6) Hello
7) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
8) Dis Elektries (ft Yolandi) [2021 Remake]
9) Vlieg (Duet met Yolandi)
10) Reën Aan Die Brand Steek [2016 Remake Single Edit]
Enkelsnit

KRY “SIRKUS APPLOUS ENCORE” HIER
• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (7) musiek ook deur Algorrid3m en (5) musiek ook deur Sandy Robbie.
• Opgeneem tussen Januarie 2004 en April 2022.
• 2, 3, 7 en 10 vanaf Nog Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• 6 en 8 vanaf Ongevraagde “Hello” 2.0. Sien besonderhede hier.
• 4 vanaf Ongevraagde “Hello”. Sien besonderhede hier.
• 9 vanaf Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• 5 vanaf Sirkus Applous. Sien besonderhede hier.
• Encore opgeneem tussen Maart & April 2022 deur Sandy Robbie. Finale produksie en meng deur Sandy Robbie.
• Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg en Dis Elektries.
• Algorrid3m verskyn op DJ.
• Sandy Robbie verskyn op DJ.
© Kopiereg SAMRO