




Die perfekte album opener… en die 2de snit wat voltooi is vir die album. Toe Mors se Engelse weergawe, Hairdo, geskryf was het Egmond dadelik een van sy vriende oorgenooi om te kom luister. “Ek was baie trots op myself gewees en het geweet die gaan ‘n treffer wees.” ‘n Paar maande later is dit vertaal en was dit gekies om eerste opgeneem te word by Renier Henn. Die snit is vroeg Februarie voltooi en was uitgereik as die 2de enkelsnit vanaf die debuut album. Die treffer was beskikbaar gewees as CD-single wat te koop was deur die webwerf.
In Maart 2004 het Radio Pretoria dit gespeel tydens Egmond se eerste onderhoud, waarna dit deur Radio Laeveld opgetel was. Mors het van daar af versprei onder verskeie stasies en is weer die volgende jaar op Radio Kragbron gespeel tydens sy onderhoud daar. Die liedjie was gereeld opgevoer tydens Egmond se eerste paar konserte.
In Junie 2009 is Mors skielik uitgereik as gratis download. “Dis Elektries was die beplande uitreiking,” vertel Egmond, “en daar was ‘n opname gedoen met ‘n briljante sangeres destyds daarvoor. Ongelukkig was daar ander dinge wat agter-die-skerms gebeur het wat veroorsaak het dat die uitreiking geskraap moes word.” Mors is toe in plek daarvan bekendgestel. Dit was ook later op Channel 24 uitgereik as ‘n gratis download vir ‘n beperkte tydperk.
Egmond het genoem dat hy baie opgewonde was toe Mors se kans aangebreek het om uiteindelik ‘n musiek video te kry. Die musiek video sou oorspronklik ‘n “murder mystery” gewees het soos die bordspeletjie Cluedo, maar die idee moes verander word nadat 90% van die cast dit nie kon maak vir die opname nie. Die finale weergawe het ‘n comic-book gevoel en het te doen met Cupid in ‘n geel “fragile” onderbroek wat sjokolade en appels dokter…
Die video is voltooi laat September 2011 en is 4 dae voor die beplande datum bekend gestel op 26 September 2011 nadat een van die sterre van die video die You Tube skakel per ongeluk op Facebook geadverteer het! Mors het die #3 posisie bereik in die Uitsaaines Top 10 in November 2011.
Die 5-jaar herdenking van die musiek video is gevier deur die uitreiking van ‘n digitale enkelsnit op 1 Maart 2016. Die b-side is die oorspronklike 2003 Engelse demo getiteld Hairdo. In 2021 word ‘n nuwe weergawe voltooi vir die snit vir die debuut album se 2.0 uitreiking, maar dit word nie op die album ingesluit nie en word slegs as enkelsnit uitgereik in September ter viering van die musiek video se 10de herdenking. Die enkelsnit was beplan vir insluiting op die album Ongevraagde “Ritmes” 2.0, maar daardie projek is gekanselleer.

















KRY “MORS” HIER
My kamer se deure is nat | Die laat nag se reën pad gevat | ‘n Skielike vrees as dit so moes wees | dat jy met my mors | Die stories wat rondloop is woes | Maar jy sê dis strooi en dis roes | Jou lippe verlei as ek jou wil vry | Jy sallie met my mors | Moenie met my mors nie | Jy sal ‘n duur prys betaal | Moenie my wil skors nie | As ek jou liefde kom haal | Moenie met my mors nie, mors nie | Hei jy, dit is fataal | Hei jy, ga lekke betaal | Ons passie se spele is rof | Jou woorde aan my vol van lof | As iets my sou pla het jy my gevra | Dan is alles wors | Die dae van alleen wees is jonk | As jy hier is weg is die tronk | Die vrede bewaar, die oomblikke raar | Gaan jy met my mors? | Moenie met my mors nie… | Met jou is ek ‘n mens | Met jou is ek soms kens | Met jou gaan elke wens oor die grens
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO