Die perfekte album opener… en die 2de snit wat voltooi is vir die album. Toe Mors se Engelse weergawe, Hairdo, geskryf was het Egmond dadelik een van sy vriende oorgenooi om te kom luister. “Ek was baie trots op myself gewees en het geweet die gaan ‘n treffer wees.” ‘n Paar maande later is dit vertaal en was dit gekies om eerste opgeneem te word by Renier Henn. Die snit is vroeg Februarie voltooi en was uitgereik as die 2de enkelsnit vanaf die debuut album. Die treffer was beskikbaar gewees as CD-single wat te koop was deur die webwerf.

In Maart 2004 het Radio Pretoria dit gespeel tydens Egmond se eerste onderhoud, waarna dit deur Radio Laeveld opgetel was. Mors het van daar af versprei onder verskeie stasies en is weer die volgende jaar op Radio Kragbron gespeel tydens sy onderhoud daar. Die liedjie was gereeld opgevoer tydens Egmond se eerste paar konserte.

In Junie 2009 is Mors skielik uitgereik as gratis download. “Dis Elektries was die beplande uitreiking,” vertel Egmond, “en daar was ‘n opname gedoen met ‘n briljante sangeres destyds daarvoor. Ongelukkig was daar ander dinge wat agter-die-skerms gebeur het wat veroorsaak het dat die uitreiking geskraap moes word.” Mors is toe in plek daarvan bekendgestel. Dit was ook later op Channel 24 uitgereik as ‘n gratis download vir ‘n beperkte tydperk.

Egmond het genoem dat hy baie opgewonde was toe Mors se kans aangebreek het om uiteindelik ‘n musiek video te kry. Die musiek video sou oorspronklik ‘n “murder mystery” gewees het soos die bordspeletjie Cluedo, maar die idee moes verander word nadat 90% van die cast dit nie kon maak vir die opname nie. Die finale weergawe het ‘n comic-book gevoel en het te doen met Cupid in ‘n geel “fragile” onderbroek wat sjokolade en appels dokter… Die video is voltooi laat September 2011 en is 4 dae voor die beplande datum bekend gestel op 26 September 2011 nadat een van die sterre van die video die You Tube skakel per ongeluk op Facebook geadverteer het! Mors het die #3 posisie bereik in die Uitsaaines Top 10 in November 2011.

Die 5-jaar herdenking van die musiek video is gevier deur die uitreiking van ‘n digitale enkelsnit op 1 Maart 2016. Die b-side is die oorspronklike 2003 Engelse demo getiteld Hairdo. In 2021 word ‘n nuwe weergawe voltooi vir die snit vir die debuut album se 2.0 uitreiking, maar dit word nie op die album ingesluit nie en word slegs as enkelsnit uitgereik in September ter viering van die musiek video se 10de herdenking. Die enkelsnit was beplan vir insluiting op die album Ongevraagde “Ritmes” 2.0, maar daardie projek is gekanselleer.

Kort op die hakke van die 20ste herdenking van die eerste Afrikaanse enkelsnit V’more, volg die “20th Anniversary Edition” van Mors – die deurbraak enkelsnit wat in vroeg 2004 gesorg het vir lugtyd op Radio Pretoria en Radie Laeveld.

Die enkelsnit, wat opgeneem was by Renier Henn, is begin kort voor Kersfees 2003, en in Januarie 2004 is die eerste weergawe van die enkelsnit voltooi. Hierdie demo word vir die eerste keer uitgereik en ingesluit op die digitale uitreiking. Alhoewel ‘n tweede backtrack bestaan vir ‘n ander weergawe van Mors, was die stemopnames vir die opname verlore en is daardie weergawe geskraap ten gunste van die finale weergawe wat in Februarie 2004 uitgereik is. Die 2011 Single Edit, asook die 2021 Version van die snit, is by die enkelsnit ingesluit. Die omslag vir die 2004 CD-single is herwin vir die uitreiking. Die 2004 musiek video, destyds gedoop die “Memories Video”, het spesiaal vir die uitreiking ‘n nuwe remastered edit ontvang wat op 10 Februarie 2024 om middernag premiere het op YouTube.

In 2026 word ‘n CD-single weergawe uitgereik wat die studio demo en 2021 Version insluit.

Release history

CD-Single – 10 Februarie 2004 (Retired)
Download – 13 Junie 2009 (Retired)
Download – 26 September 2011 (Retired)
Streaming – 1 Maart 2016 (5 Jaar Herdenking)
Streaming – 24 September 2021 (2021 Version)
Streaming – 10 Februarie 2024 (20th Anniversary Edition)
CD-Single – 6 Februarie 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Single Edit
2) 2021 Version
3) Studio Demo, Januarie 2004

Video stills

2021 Version video stills

STROOM “MORS” HIER

My kamer se deure is nat | Die laat nag se reën pad gevat | ‘n Skielike vrees as dit so moes wees | dat jy met my mors | Die stories wat rondloop is woes | Maar jy sê dis strooi en dis roes | Jou lippe verlei as ek jou wil vry | Jy sallie met my mors | Moenie met my mors nie | Jy sal ‘n duur prys betaal | Moenie my wil skors nie | As ek jou liefde kom haal | Moenie met my mors nie, mors nie | Hei jy, dit is fataal | Hei jy, ga lekke betaal | Ons passie se spele is rof | Jou woorde aan my vol van lof | As iets my sou pla het jy my gevra | Dan is alles wors | Die dae van alleen wees is jonk | As jy hier is weg is die tronk | Die vrede bewaar, die oomblikke raar | Gaan jy met my mors? | Moenie met my mors nie… | Met jou is ek ‘n mens | Met jou is ek soms kens | Met jou gaan elke wens oor die grens

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO