Die agtste uitreiking vanaf Ongevraagde “Hello” is die “summer-song” Iewers. Die video is opgeneem op 12 Desember 2010 by die Elephant Springs Hotel in Bela Bela en spog met ‘n uitstekende cast: die Mistress of Spices, die fopdosser Tellulah, ‘n Springbok rugbyspeler, ‘n tweeling asook ‘n Ballerina met attitude!! Die kleurvolle video se eerste foto is op 13 Desember 2010 beskikbaar gestel op Facebook en is gevolg deur ‘n “Making Of” video wat die eerste 15 sekondes van die video bevat het. Die liedjie se “live” weergawe was beskikbaar gestel vir ‘n beperkte tydperk op YouTube en MyVideo.Co.Za – ‘n maand voor die musiek video release – en het ongelooflike goeie aftrek gekry by Egmond-aanhangers.

In 2005 was 40 sekondes bekend gestel van die liedjie wat nog net halfpad voltooi was en almal het gewonder wat die storie agter Iewers was. ‘n Baie interessante Engelse titel (Me, The Absolutely Fabulous) het Renier Henn laat wonder wat om met die liedjie te doen. ‘n Mellow weergawe se backtrack is voltooi en die demo was aan gehore bekend gestel op die webwerf. “Jy kon hoor ek’t met effects rondgespeel,” het Egmond vertel toe hy uitgevra is oor die demo. “Ek wou self hoor hoe die liedjie sou klink as dit opgeneem is.”

Iewers is in Februarie 2006 voltooi. Die ritme is catchy, die woorde weird en die refrein se dubbel Abba stemme maak die song. Die liedjie was verafrikaans in 2004 en herskryf kort voor die opnames. Die oorspronklike titel was Iewers in Pretoria – die herskrywing het die Pretoria verwysings iewers agter gelaat…

Die musiek video is uitgereik op 3 Januarie 2011 en het puik aftrek gekry op die internet – waar dit met 5 sterre beloon is op My Video.Co.Za. Die enkelsnit is in Februarie uitgereik op Channel24.Co.Za.

Ter viering van die 5de herdenking van die musiek video is die enkelsnit uitgereik in vroeg 2016, met ‘n voorheen onbeskikbare single edit en ‘n spesiale b-side, die oorspronklike demo vir die liedjie Gister. Die CD-Single uitreiking van Maart 2026 sluit die nuwe Single Edit in asook die studio demo van 2006 wat nog nooit voorheen beskikbaar was nie. In Mei 2026 word die 20ste herdenking van die enkelsnit gevier met ‘n spesiale EP wat op streaming beskikbaar gestel word. Die EP sluit beide die Single Edit en die Album Version in, asook die oorspronklike kitaar demo van 2004, tesame met die studio demo van Januarie 2006 wat onlangs op CD-Single uitgereik is. Die omslag is die oorspronklike 2006 kunswerk wat vir die promosie snit gebruik was. In Junie 2026 word die enkelsnit as ‘n limited edition 12″ Vinyl uitgereik op Elastic Stage.

Release history

Download – 3 Januarie 2011 (Retired)
Streaming – 26 Februarie 2016 (5 Jaar Herdenking)
CD-Single – 13 Maart 2026
Streaming – 1 Mei 2026 (20th Anniversary)
LP-Single – 13 Junie 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Single Edit
2) Studio Demo, Januarie 2006

12″ VINYL Tracklisting

A1) Single Edit
B1) Studio Demo, Januarie 2006

Video stills

STROOM “IEWERS” HIER

Ek sit en drink my koffie | my bad’s getap maar my neus loop nog steeds | (die son is halfpad op!) | Die spieel vertoon ‘n glimlag | en strale van die son beginne reën | (die son is amper op!) | Wag nou eendag; die lesse van vandag moet ons nog leer | Wag nou eendag; emosies sonder klank maak minder seer | Iewers is ‘n meegevoel | en daar’s ‘n bed en ek’s daarin | snoesig opgekrul maar so alleen | Iewers is ‘n wanbalans | en dis ‘n pad wat ek ook stap | salig, onbewustelik, gemeen | Vandag se nuus is oud | en ek twyfel of ek dit ‘n oor gaan gee | (die maan is halfpad op!) | Elke dag is skielik anders; | ek’s naar maar is steeds honger vir nog meer | (die maan is amper op!)

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO