Die derde opname wat voltooi is vir Egmond se debuut album was in Johannesburg by Bernie Millar opgeneem in mid 2005. Die liedjie was geskryf in Engels en het geheet Inspiration. In laat 2003 / vroeg 2004 is die melodie een van die handjievol wat gekies is vir die Afrikaanse debuut album. Die Afrikaanse titel was Gee Voor Jy Groet, en het ook die Afrikaanse vertaling van die titel in die lirieke bevat.

Gee Voor Jy Groet was gekies as die 2de opname by Renier Henn, en gedurende 2004 is die liedjie se struktuur gebou met backing vocals wat opgeneem was, en stem opnames wat voltooi was. Maar die stem opnames het weens tegniese redes verlore gegaan, en die backtrack met backing vocals (deur Esti Henn en Marisela), is onvoltooid gelaat toe Egmond verhuis het na Johannesburg toe.

Egmond het weer kontak gemaak met Bernie Millar en die backtrack voorgelê. Die internasionale musiek toneel van 2005 het ‘n groot rol gespeel in die besluit om in ‘n ander rigting in te gaan, en Britney Spears en die Backstreet Boys se musiek styl het as inspirasie gedien. Met die nuwe Gee Voor Jy Groet backtrack gereed vir opname, is daar ‘n addisionele vers geskryf en die lirieke is ietwat aangepas. Die dag voor die opname maak die sanger ‘n belangrike besluit wat hy jare later dankbaar voor sou wees: die titel verander van Gee Voor Jy Groet tot Jy’s In My Bloed. Alle dele waar “gee voor jy groet” gesing word, word vervang met “jy’s in my bloed”.

Die stem opnames is voltooi maar Egmond was nie tevrede met die finale produk nie, en ‘n tweede opname het gevolg. Die intro is ook verander en die finale opname is voltooi in Junie. ‘n CD single word beskikbaar gestel op Egmond.Co.Za in 2005.

Die liedjie het sy debuut gemaak in Desember daardie jaar op Radio Kragbron. Nadat die album voltooi is in 2008 het Jy’s In My Bloed agter gebly weens sterker snitte wat gebruik was vir promosie. In 2012 word die eerste weergawe van die 2005 opname herontdek en ingesluit op die album Ongevraagde “Ritmes”, waarna dit gekies word as die tweede enkelsnit vir die album en uitgereik is in 2013.

Glenda Millar van Clout-faam feature as die gaskunstenaar op die snit. Die internasionale superster het ook reeds haar stem geleen aan 2 ander snitte vir Egmond se debuut album, insluitend die treffer V’more, en die rock snit Gister. Volgens Egmond is dit ‘n droom wat waar geword het toe hy gehoor het dat Glenda die gas kunstenaar was vir sy heel eerste opname, This Morning, in 2003. “Om haar boonop op drie van my Afrikaanse liedjies te feature, is verby ongelooflik. Ek het as kind gesing dat die stof staan elke keer as sy as lid van Clout op die radio en TV gesing het. Wat ‘n eer!!!” Glenda se backing vocals is meer prominensie gegee in die nuwe weergawe.

Die HD musiek video volg die avontuur van Egg-finger en Glenda Finger Fairy (soos Egmond die karakters noem) in ‘n sneeu bedekte landskap. ‘n Skielike ontmoeting met 2 ThunderCats wat om hulp vra, lei tot die vertrek van Egg-finger en Glenda Finger Fairy, om tot hulp te wees vir die ander ThunderCats. Die avontuur neem hul na ‘n prag weiveld waar die “nuwe” ThunderCats (of te wel, 2011 re-inkarnasie van die oorspronklike 1985 reeks) omsingel is deur Mumm-Ra en sy bende van slegdoeners. Egg-finger se gatskop ninja maneuver laat die bende vlug en die dag is gered.

Einde Desember 2012 is daar aangekondig dat die eerste beelmateriaal geskraap is om plek te maak vir ‘n nuwe opname van die video in Januarie 2013. Opnames is aangeskuif na die eerste week van Februarie en die eerste foto van die nuwe video het op Facebook verskyn op 2 Februarie 2013. Slegs gedeeltes van die oorspronklike materiaal is in die video ingewerk saam met die stop motion animation. Op Valentyns Dag is Glenda Millar aangekondig as die gaskunstenaar in ‘n spesiale “Reveal” video wat op die dag uitgereik is met die eerste 10 sekondes van die video as deel van die bekendmaking. Fotos van Glenda Millar is met permissie gebruik deur fotograaf Tiaan Volschenk.

Jy’s In My Bloed se musiek video is voltooi laat Maart 2013. Die video het ook opslae gemaak in die ThunderCats aanhanger gemeenskap, wat die komiese video geprys het en selfs berig het op die forum ThunderCats.Org. Die akteur Larry Kenney, die stem van die hoofkarakter Lion-O in die reeks, het selfs ook die “thumbs up” gegee vir Egmond se video en dit op Facebook gedeel met ‘n “very well done”.

Daar is ook iets baie uniek aan die snit wat volgens Egmond hom weer terugneem na sy eerste treffer wat in 2010 uitgereik is. “Dit is eintlik ‘n ironies kringloop as jy so daaraan dink. My eerste single Gee Voor Jy Groet en hierdie single Jy’s In My Bloed is amper dieselfde liedjie!!” Gee Voor Jy Groet se oorspronklike melodie en woorde is volgens Egmond, “eintlik Jy’s In My Bloed“. Die dag voor Egmond in 2005 die nuwe studio weergawe van Gee Voor Jy Groet moes opneem, het hy besluit om die titel te verander na Jy’s In My Bloed toe – “die res van die woorde het dieselfde gebly.” Die enigste deel van die oorspronklike wysie wat nog te hoor is in die finale weergawe van Gee Voor Jy Groet, is die herhalende koor. “As jy die backtrack van GVJG neem en jy sing die woorde van JIMB daarop sal jy agterkom dit pas presies!” Die liedjie is as promosie enkelsnit uitgereik in 2005 met radio bemarking en onderhoude wat gevolg het.

In September 2015 is die oorspronklike demo van Gee Voor Jy Groet / Jy’s In My Bloed uitgereik as deel van die snit se 5 jaar herdenking single op iTunes. In 2016 word die single ook digitaal beskikbaar gestel op beide iTunes en Amazon.Com. Die single bevat die oorspronklike 2005 weergawe asook ‘n voorheen onbeskikbare remix wat dateer circa 2007.

In 2020 reik Egmond sy Remixed album uit en die remix wat op die enkelsnit verskyn het word ook daarby ingesluit. Daar word selfs ‘n video gemaak vir die remix met die oorspronklike beeldmateriaal wat in Desember 2012 opgeneem is vir die liedjie maar nooit gebruik is nie. Egmond vertel dat ten tyde van daardie opname in 2012 het ‘n lig gebars bo hom wat hom skielik laat opkyk het. Daardie gedeelted is so gebruik in die finale musiek video, maar hierin word dit net so gebruik vir die komiese effek. “Noem dit maar my oudisie video, as jy wil,” terg Egmond oor die nuwe remix.

In 2025 word die 20ste herdenking van die enkelsnit uitgereik met die oorspronklike omslag, beide studio weergawes van 2005 en die live opname van die liedjie se enigste vertoning in 2004, voordat dit die naamsverandering gehad het. Die treffer word ook uitgereik as CD-Single in April 2026, 13 jaar sedertien dit as enkelsnit digitaal uitgereik was. Slegs die Video Edit en die oorspronklike Album Version is ingesluit op die CD-Single. Die omslag is ook ietwat aangepas teenoor die oorspronklike digitale uitreiking. In Junie 2026 word die enkelsnit as ‘n limited edition 12″ Vinyl uitgereik op Elastic Stage. Die oorspronklike 2012 omslag is gebruik vir die uitreiking en verskil van die CD-Single weergawe.

Release history

CD-Single – 12 Junie 2005 (Retired)
Download – 12 April 2013 (Retired)
Streaming -12 April 2016
Streaming – 25 Desember 2025 (20th Anniversary Edition)
CD-Single – 3 April 2026
LP-Single – 14 Junie 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) Video Edit
2) Album Version

12″ VINYL Tracklisting

A1) Video Edit
B1) Album Version

Video stills

STROOM “JY’S IN MY BLOED” HIER

Die donker van ‘n lang nag verdwyn: vir altyd sonskyn. Jou glimag het die wolke laat kwyn en ek volg jou sein. Want jy bring hoop in tye wanneer ander rond soek. Bly in my spasie. Om reg te maak wat krom wil raak al is dit laat. Jy is my inspirasie – die vonk van lig wat lewe stig en nooit verlaat. Jy’s in my bloed. En jy vul elke leemte in my. Voor jou is ek klei. Jy bring die beste mens uit in my. Net jy kon dit reg kry. Soos almal altyd ys moes afkry na storms waar die sneeu bly. Kon ek jou blou-groen blik nooit vermy – en nou’s jy in my.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO