Die eerste enkelsnit vanaf Egmond se derde album is die treffer Vlieg. Die briljante voorloper vir Vuil Wasgoed het vir maande in Egmond se kop gemaal voordat hy dit uiteindelik in Julie 2011 as kitaar demo opgeneem het. Hy lag vandag steeds oor die video clip wat hy opgeneem het. “Die kitaar was terrible. My stem ook. Maar ek moes dit opneem om te hoor hoe dit klink.” Volgens hom het hy besluit om die eerste enkelsnit ‘n duet te maak omdat hy geinspireer was deur wat in die Afrikaanse musiek industrie aan die gang was ten tyde die skrywe daarvan. “Ek wou graag iets soortgelyks doen en het besluit om Vuil Wasgoed so af te skop.”

Die refrein het hom een oggend oorval in sy slaap, en hy het opgestaan met die melodie en dit op sy Blackberry opgeneem indien hy dit sou vergeet. Dit was nie nodig nie, want die wysie het by hom bly spook. Een aand laat in April het die woorde van die liedjie hom toegesak en het hy die wysie voltooi. Egmond het laat Oktober gerapporteer op Facebook dat hy die liedjie se woorde verander het omdat dit nie meer gepas het by die tempo van die snit nie. “Nadat ek die backtrack ontvang het van Bernie af, het ek besef die hartseer lirieke het ‘n ander storie vertel as die ‘opgejackte’ melodie. Ek het Yolandi vir raad gevra, en sy het die hammer op die kop getref met haar wyse terugvoering. Ek het die woorde een Saterdag middag voltooi tussen gras sny en huis skoon maak!”

“Yolandi was baie opgewonde toe sy hoor van die nuwe liedjie en het dadelik ingestem om dit te doen. Sy het sowaar die mooiste stem.”

Die opname van die duet het plaasgevind op 4 November 2011 in Sandton en Bernie Millar (van V’more-faam) het waargeneem in die studio met Duncan van Shilling Fox agter die “groot rekenaar”. Sandy Robbie is verantwoordelik vir die musiek.

Vlieg was as digitale enkelsnit te koop op RhythmRecords.Co.Za en ook in fisiese CD formaat te koop. Die enkelsnit het sy premiere gehad op 11.11.11 om 11.11am op Uitsaaines. Die musiekvideo is ook dieselfde dag uitgereik en is verfilm ten tyde van die opname van die liedjie. Vlieg het die week na sy uitreiking die Uitsaaines Top 10 om 10 betree in die nommer 10 posisie en het geklim na nommer 5 voordat dit die Top 10 verlaat het na 10 weke.

Vir die Nog Vuil Wasgoed album se insluiting is daar ‘n nuwe weergawe van die musiek video uitgereik op You Tube ter viering van die album se uitreiking. Die weergawe was reeds in 2012 opgeneem, en alhoewel dit vir ‘n korte wyle te sien was op You Tube, is dit in 2016 verder gewerskaf en uitgereik ten tyde van die Nog Vuil Wasgoed album se bekendstelling in laat September 2016.

Die “Acapella Version” wat op die deluxe weergawe van Vuil Wasgoed uitgereik is het in 2020 ‘n video gekry wat uitgereik is met die oorspronklike volkleur studio beeldmateriaal – wat nog nooit voorheen gesien was voor dit nie. Die video is uitgereik nadat die weergawe van die liedjie ontdek is op TikTok waar dit deur die publiek gebruik was vir verskeie snaakse tuis videos.

As deel van die enkelsnit se 11de verjaardag vieringe word daar ‘n nuwe HD Remastered video uitgereik op YouTube op die 11de van die 11de maand om 11h11 die oggend. Die video bevat beelmateriaal wat nog nie voorheen gesien is nie.

KRY “VLIEG” HIER

Ek was verlore en seer. Als het te ver gegaan vir weer probeer. Die grys lug buite so vreemd. ‘n Duisend dinge wat my kop beklee. Toe breek die spieëls toe jy opdaag – ek weet ek het ‘n kans gevind om te ontsnap na ‘n droom dag. Ek’s verlief, ek voel weer soos ‘n kind. En ek vlieg. Ek vlieg regoor die wêreld. Ek vlieg tot daar by jou, jou. En ek vlieg. Ek vlieg oor oseane. Geen trane oor jou, jou. En ek vlieg. Die tyd van vreugde begin. Jy’s ‘n juwele kis om te ontgin. Jou hart van goud word besing. Die sprong na een wees vra ‘n ja-trouring. En agter nuwe afdraendes – dis ruig, maar jy bring vrede mee. Jy red my net toe ek wegraak. Jy’s daar, jou blou oe sien my en lees. En ek vlieg… En ek is die een wat by jou sal bly. Ek is die een wat jou vertrou en altyd vas wil hou.

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO