

Die lead single vanaf Egmond se album, Sirkus Applous, is die liedjie Koebaai. Die titel is in vroeg 2017 bekend gemaak. Die liedjie, oorspronklik geskryf in 2003 in Engels en bekend as That Night, se demo was uitgereik op iTunes Connect in Desember 2015. Tydens die produksie het Koebaai ‘n totale transformasie in die studio ondergaan onder leiding van producer Sandy Robbie.
Na die eerste playback het Egmond vorendag gekom met ‘n nuwe brug en refrein vir Koebaai wat beter by die styl gepas het. Die lirieke van die liedjie is vir die eerste keer bekend gemaak in Februarie 2018.
‘n Musiek video is verfilm in Pomene in Mosambiek laat Maart 2018 en die omslag van die enkelsnit, sowel as ‘n kort video wat die musiek video opname aangekondig het, is terselfdertyd bekend gemaak. Die refrein van die liedjie is op Egmond se sosiale media gesien in ‘n esklusiewe “sneak peek” ten tyde van die studio opnames van die snit. Die video en liedjie is laat Junie voltooi.
Die enkelsnit sluit ‘n addisionele “rarity” b-side in uit Egmond se back-catalogue wat ‘n iTunes Connect Exclusives was in 2016. Die snit Gister is as remix uitgereik op die platform. Dit maak die insluiting hier die heel eerste keer dat dit beskikbaar is op alle digitale platforms.
Koebaai het sy radio debuut gehad op 12 Julie op verskeie van Suid-Afrika se voorste radio stasies. HOSA Radio het selfs die snit op ‘n 90 minute rotasie geplaas op die dag. Die musiek video is dieselfde dag bekendgestel op Egmond se sosiale media. Treffer Musiek, Stage & Screen en Sterre het geskryf oor die nuwe enkelsnit se video, wat binne 72 uur sedert sy vrystelling reeds oor die 6000 kykers op YouTube gelok het. Die liedjie het die 11 000 merk verby gesteek ‘n week na sy premiere en in die eerste week van Augustus het die liedjie reeds 20 000 kykers opgeraap.
Laat Julie het die liedjie in die nommer 18 posisie sy debuut gemaak op die Hosa Radio Afrikaanse Top 25, en mid Augustus was die liedjie nommer 6, voordat dit die Top 25 verlaat het na 7 weke. Op Treffers Radio het die liedjie ook sy debuut gemaak in die nommer 24 posisie. Die musiek video vir Koebaai is op die speellys geplaas van MYtv, kanaal 460 op StarSat. Die video het sy debuut gemaak op televisie op 10 Augustus.








KRY “KOEBAAI” HIER
My hart is in die donker. Bestaan ek in jou kop? Sit jy ooit en wonder of ek hier is en of my hart klop? Fantasie jou wêreld. Realiteit vir my. ‘n Skulp sonder ‘n pêrel – dis hoe ek voel terwyl jy hier bly. Die skouspel wat om jou draai lawaai net soos ‘n sirkus applous, ‘n sirkus applous, en ek waai. Sê koebaai. Klim in jou kar in, ry weg. Sê koebaai. En moenie terugkom nie. Sê net koebaai. Voor jy waai. Baby sê koebaai. Jou plek hier langs my dol leeg. Al lê jy reg langs my. Gevoelens wat ek opweeg op die skaal dui aan ons is verby. Die skouspel wat om jou draai lawaai net soos ‘n sirkus applous, ‘n sirkus applous, en ek waai. Sê koebaai. Klim in jou kar in, ry weg. Sê koebaai. En moenie terugkom nie. Sê net koebaai. Voor jy waai. Baby sê koebaai. Sê koebaai. Gee my hart terug. En sê koebaai. Moenie terugkyk nie. So sê koebaai. Voor jy waai. Baby sê koebaai.
Woorde: Egmond
Musiek: Egmond & Sandy Robbie
© Kopiereg SAMRO