Die tweede enkelsnit vanaf Egmond se derde album is die pop treffer Kom Red My. Geskryf oor ‘n periode van 5 jaar, en byna afgeskryf as ‘n ‘mors-van-tyd’, het Kom Red My skielik in die tweede week van September 2013 sy opwagting gemaak.

“Die eintlike opvolg op Vlieg was veronderstel om die liedjie DJ te wees. Ek het toe al reeds met die musiek video begin en die promosie vir daardie liedjie. Maar toe Kom Red My opdaag in my inbox was die appelkar omtrent omgegooi. Die opname van die liedjie het die van DJ vervang en die single se radio premiere (op Uitsaaines) van 13 September 2013 (boonop Vrydag die 13de!!!) kon nie op ‘n beter tyd gebeur het nie.”

Die musiek video sluit ‘n ensemble cast in vanuit die sprokieswêreld, insluitend ‘n heks, ‘n zombie en ‘n prinses. Laat September is die “Making Of” van Kom Red My op You Tube bekend gestel. Die video se premiere het plaasgevind op die briljante Channel24.co.za op 14 Oktober 2013. Die musiek video het reeds oor 11 000 kykers getrek op You Tube. Die video, wat 2 Duitse vriende bevat, het veroorsaak dat ‘n Duitse koerant ‘n onderhoud gevoer het met Egmond oor die video en sy jarelange vriendskap met die 2 Duitse ambassadeurs.

In September 2015 word die Kom Red My enkelsnit, wat in September 2013 die lig gesien het, onttrek vanaf digitale winkels met die nuus dat ‘n “remake” in November 2015 uitgereik gaan word. Die oorspronklike weergawe word afgetree en was vir ‘n beperkte tydperk slegs beskikbaar op die Grootste Treffers album, 1 Dosyn en die Deluxe weergawe van die Vuil Wasgoed album.

Volgens Egmond was die rede vir die 2015 Remake baie eenvoudig. “Ek was so in my skik met die produksie van DJ (wat in Augustus 2015 uitgereik was), dat ek aangedring het om hierdie snit dieselfde “treatment” te gee. Dit was ‘n maklike besluit om Kom Red My weer te takel en nuwe lewe daarin te blaas.”

Die nuwe Kom Red My spog met hierdie nuwe produksie en het ook die oorspronklike musiek video opdateer en vervang in Oktober 2015. Boonop spog die digitale single ook met ‘n “Live” weergawe en ‘n “Vocal Up Remix” tesame met die remake wat op 11.11.2015 uitgereik was, presies 4 jaar na die lead single Vlieg vanaf die Vuil Wasgoed EP uitgereik is. Die nuwe weergawe is volgens Egmond weggelaat vanaf die Deluxe weergawe van Vuil Wasgoed omdat dit gebêre was vir insluiting op die Nog Vuil Wasgoed album.

In Februarie 2016 betree Kom Red My die nuwe Uitsaaines Top 20 in die nommer 20 posisie en klim dit na die nommer 17 posisie in slegs 3 weke.

Die tong-in-die-kies klets program, die Van Coke Show, met aanbieder Francois Van Coke, het ‘n gedeelte van die musiek video gespeel ten tyde van die eerste episode van die program op KykNet in vroeg Oktober 2018 waar die paneel moes raai wat die volgende lirieke gaan wees, met skreeusnaakse antwoorde en kommentaar.

In Desember 2018 verskyn die “2019 Remix” van die liedjie op die Meer Sirkus Applous album. Die snit was beplan om as enkelsnit uitgereik te word in 2019, vandaar die by-titel “2019 Remix”. Die liedjie se uitreiking word gekanselleer maar in 2020 word die Vocal Up Remix ingesluit op die album Remixed en as enkelsnit uitgereik in Augustus 2020.

‘n Musiek video vir hierdie weergawe van Kom Red My sien die lig vroeg in Mei 2020. Die video bestaan uit agter die skerms beeld materiaal, studio opnames en nog meer. Aanhangers van die oorspronklike enkelsnit se musiek video sal dus hierdie nuwe weergawe geniet met nuwe tonele wat nog nie voorheen gesien was nie. Die video word boonop uitgereik in “anomorphic widescreen”.

As gevolg van die pandemie word die Kom Red My (Remix) enkelsnit se uitreiking aangeskuif na Augustus 2020. Hierdie weergawe van die snit het sedert sy uitreiking baie aandag begin trek op beide iTunes en Spotify, waar dit weekliks in die Top 10 snitte opkom as mees geluisterde liedjie vanaf die Egmond back-catalogue.

In 2026 word die enkelsnit vir die eerste as CD-Single uitgereik, en sluit die Vocal Up Remix as B-side in.

Release history

Streaming – 17 September 2013 (Retired)
Streaming – 11 November 2015 (2015 Remake)
Streaming – 4 Augustus 2020 (Remix)
CD-Single – 10 April 2026

CD-SINGLE Tracklisting

1) 2015 Remake
2) Vocal Up Remix

Video stills

2015 Remake video stills

Remix video stills

STROOM “KOM RED MY (2015 REMAKE)” HIER

As jy my wil hê | Is daar dinge wat ek moet sê | Sonder jou | Is my lewe so grys en grou || As jy my wil hê | Dan verdwyn al die monsters weh | Vat my, gou! | Want ek weet eks die een vir jou || Soen my nou, vat my gou | Breek die spel en ek bly by jou || Kom red my | Waar is jy | Gedaantes hang hier rond en soek | Na helde en verhoed die vloek | Om gebreek te word as ons groet || Red my | Dis net jy | Wat al die spoke weg kan jaag | Die hekse en die wesen-plaag | Kan verwoes met jou soen so sag || As jy my wil hê | Is daar dinge wat jy moet sê | Jy weet nou | Daars ‘n fors wat jou wil weg hou || As jy my wil hê | Staan weer op en moet nooit gaan lê | Vat my nou | Wys jou liefde onbreekbaar trou

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO