Die tweede enkelsnit vanaf Egmond se derde album is die pop treffer Kom Red My. Geskryf oor ‘n periode van 5 jaar, en byna afgeskryf as ‘n ‘mors-van-tyd’, het Kom Red My skielik in die tweede week van September 2013 sy opwagting gemaak.

“Die eintlike opvolg op Vlieg was veronderstel om die liedjie DJ te wees. Ek het toe al reeds met die musiek video begin en die promosie vir daardie liedjie. Maar toe Kom Red My opdaag in my inbox was die appelkar omtrent omgegooi. Die opname van die liedjie het die van DJ vervang en die single se radio premiere (op Uitsaaines) van 13 September 2013 (boonop Vrydag die 13de!!!) kon nie op ‘n beter tyd gebeur het nie.”

Die musiek video sluit ‘n ensemble cast in vanuit die sprokieswêreld, insluitend ‘n heks, ‘n zombie en ‘n prinses. Laat September is die “Making Of” van Kom Red My op You Tube bekend gestel. Die video se premiere het plaasgevind op die briljante Channel24.co.za op 14 Oktober 2013. Die musiek video het reeds oor 11 000 kykers getrek op You Tube. Die video, wat 2 Duitse vriende bevat, het veroorsaak dat ‘n Duitse koerant ‘n onderhoud gevoer het met Egmond oor die video en sy jarelange vriendskap met die 2 Duitse ambassadeurs.

In September 2015 word die enkelsnit afgetree nadat daar nuus bekend gemaak word dat ‘n “remake” in November 2015 uitgereik gaan word.  Daardie weergawe het dieselfde musiek en stem opnames van 2013 gebruik met ‘n verbeterde produksie deur Sandy Robbie. Die oorspronklike musiek video is ook aangepas met die nuwe 2015 Remake.

In 2022 word die oorspronklike EP Vuil Wasgoed weer uitgereik maar vervang die 2013 weergawe van Kom Red My met die meer bekende 2015 Remake.

NOU BESKIKBAAR AS “KOM RED MY (2015 REMAKE)” HIER

As jy my wil hê | Is daar dinge wat ek moet sê | Sonder jou | Is my lewe so grys en grou || As jy my wil hê | Dan verdwyn al die monsters weh | Vat my, gou! | Want ek weet eks die een vir jou || Soen my nou, vat my gou | Breek die spel en ek bly by jou || Kom red my | Waar is jy | Gedaantes hang hier rond en soek | Na helde en verhoed die vloek | Om gebreek te word as ons groet || Red my | Dis net jy | Wat al die spoke weg kan jaag | Die hekse en die wesen-plaag | Kan verwoes met jou soen so sag || As jy my wil hê | Is daar dinge wat jy moet sê | Jy weet nou | Daars ‘n fors wat jou wil weg hou || As jy my wil hê | Staan weer op en moet nooit gaan lê | Vat my nou | Wys jou liefde onbreekbaar trou

Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO