Die opvolg op Egmond se derde studio album, Vuil Wasgoed, is die 7-stuk album Nog Vuil WasgoedVuil Wasgoed was oorspronklik beplan as ‘n 10 of 12 stuk album maar is later in twee gedeel omdat dit te lank geneem het om te voltooi. Snitte wat nie betyds gereed was vir die Vuil Wasgoed uitreiking nie is gebêre vir die tweede helfde van die album wat gedoop is Nog Vuil Wasgoed.

Na die uitreiking van die 4-stuk EP Vuil Wasgoed, is die Grootste Treffers album 1 Dosyn uitgereik in 2015. Een van die beplande Nog Vuil Wasgoed snitte, Jy’s In Paradys, is daar ingesluit om die drie projekte te koppel. Naas hierdie snit was die sogenaamde tweede helfde van die projek nie veronderstel om enige ‘ander’ of nuwe weergawes van bestaande snitte in te sluit nie. Liedjies wat destyds bekend gemaak was vir die album (naamlik Sê NouPapparazzi en Een Ding) het agtergebly weens die reaksie op DJ se transformasie in die studio.

“Ek was so in my skik daarmee dat ek besluit het om Kom Red My en Reën (Aan Die Brand Steek) ook weer te laat opneem want skielik het ons die regte klank gehad wat ek envision het vir die Vuil Wasgoed album. Ongelukkig moes party snitte agterbly weens die besluit maar dit was beslis die regte een,” sê Egmond. “As ek nie destyds DJ onttrek het van die Vuil Wasgoed EP nie sou hierdie produk nooit bestaan het nie. Die nuwe weergawes / remakes het die album tot sy volle reg gebring. En al het dit 5 jaar geneem om tot hier te kom is ek baie trots op Nog Vuil Wasgoed. Dis beslis my beste album nog.”

Die promosie video / advertensie van Nog Vuil Wasgoed is in mid September 2016 op You Tube uitgereik ter bemarking van die album en het ‘n voorsmakie van die opkomende Reën (Aan Die Brand Steek) [2016 Remake] musiek video ingesluit asook ‘n snippet van die Nog Vuil Wasgoed-weergawe van die Vlieg (duet met Yolandi) musiek video wat laat in September 2016 op You Tube uitgereik is.

Tracklisting

1) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
2) Jy’s In Paradys (ft Slay)
3) Melkweg Reënboog
4) Kom Red My [2015 Remake]
5) Vlieg (duet met Yolandi)
6) Paradys (ft Slay)
7) Reën Aan Die Brand Steek [2016 Remake]

Enkelsnitte

KRY “NOG VUIL WASGOED” HIER

• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (1, 2 & 6) musiek ook deur Algorrid3m.
• Opgeneem tussen Nov 2011 en Aug 2016.
• Opnames gedoen by Egg-Studios (3), Shilling-Fox (5), Marc Skarda (1, 2, 6 & 7) en Sesalos (4).
• Finale produksie en meng deur Shilling-Fox (5), Sandy Robbie (1 – 4, 6 & 7) en Marc Skarda (2 & 6).
• Oorspronklike produksie deur Sandy Robbie (3, 4, 5 & 7) en Algorrid3m (1, 2 & 6).
• Addisionale produksie deur Bernie Millar (5) en Sandy Robbie (1 – 4, 6 & 7).
• Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg.
• DJ Slay / Algorrid3m verskyn op DJParadys en Jy’s In Paradys.
• Sandy Robbie verskyn op DJ.
• Agtergrond stemme deur Marc Skarda (2 & 6).

© Kopiereg SAMRO