

Vuil Wasgoed se titel is reeds in ‘n 2008 onderhoud bekend gemaak nadat die vraag gevra is oor wat die toekoms inhou na die debuut album. Egmond se antwoord was dat hy “reeds besig was om te werk aan die opvolg album Vuil Wasgoed.” Drie jaar later, in 2011, is Vlieg, die eerste single vanaf Vuil Wasgoed, uitgereik. Die duet met Yolandi was ‘n top 5 treffer in 2011/12 op Uitsaaines.
Egmond vertel dat hy ‘n hele klompie liedjies geskryf het vir die album. Sê Egmond, “Kort voordat verdere opnames in 2012 sou begin het, het ek verhuis en moes die album nuwe wortels skiet in Natal. Dit was een van die redes hoekom die album so lank geneem het om te voltooi.” Opnames het eers weer in 2013 gevolg. Kom Red My, die tweede single, was in September 2013 opgeneem en uitgereik as die opvolg enkelsnit. Die musiek video wat in Oktober gepremiere het op Channel24 het baie aandag getrek op sosiale netwerke met meer as 11 000 kykers op You Tube.
Ten tyde van die album opname het Egmond se paaie gekruis met die van EDM meester Algorrid3m (voorheen Slay). Die kunstenaars het twee liedjies opgeneem, waaronder Paradys in Julie 2014 uitgereik is as derde single vanaf die album. Die ballade Reën (Aan Die Brand Steek) is opgeneem in Augustus 2014, dieselfde dag as DJ. Laasgenoemde sou oorspronklik die Vuil Wasgoed album geopen het, maar daardie weergawe was op die laaste oomblik weggelaat.
Aangesien die album reeds vertraag was met 2 jaar, is die besluit geneem om ‘n EP uit te reik op 4 Oktober 2014. Die 4 voltooide snitte was volgens Egmond sterk genoeg om ‘n los-staande EP te vorm. Daar was afgekondig dat die balans van die album, naamlik DJ en Melkweg Reënboog, later uitgereik sou word op ‘n opvolg suster-EP, getiteld as Nog Vuil Wasgoed. Daardie album was in 2016 uitgereik.
Op 16 Februarie 2016 het ‘n 10-stuk “Deluxe” weergawe die EP vervang. Dit het ondermeer die demo weergawes van Melkweg Reënboog en DJ ingesluit, asook ander weergawes van beide Paradys, Reën (Aan Die Brand Steek) en Vlieg. Die 4-stuk EP is weer in 2022 uitgereik met die finale weergawes van Kom Red My en Reën (Aan Die Brand Steek); die “Deluxe” weergawe is kort daarna afgetree. ‘n Spesiale 10de herdenkings weergawe was beplan vir 2024 maar is uitgestel om plek te maak vir die bemarking van Spookasem wat dieselfde tyd uitgereik word. In 2025 word die Collectors LP/CD uitgereik.
Release history
Uitgereik 4 Oktober 2014
Deluxe weergawe uitgereik 16 Februarie 2016 (Retired)
Collectors LP/CD uitgereik 19 Desember 2025
Tracklisting
2014 / 2025
1) Kom Red My
2) Vlieg (duet met Yolandi)
3) Paradys (ft Algorrid3m) *
4) Reën (Aan Die Brand Steek)
* Credited as Slay in 2014 release
2016
1) Kom Red My
2) Vlieg (duet met Yolandi)
3) Paradys (ft Stay)
4) Reën (Aan Die Brand Steek)
5) Melkweg Reënboog [Demo]
6) DJ (ft Slay) [Demo]
7) Paradys (ft Slay) [Extended Version]
8) Reën (Aan Die Brand Steek) [Version 2 ft Marc Skarda]
9) Kom Red My [Vocal Up Remix]
10) Vlieg (ft Yolandi) [A Cappella Studio Edit]
STROOM “VUIL WASGOED” HIER
• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (3) musiek ook deur Algorrid3m.
• Opgeneem tussen Nov 2011 en Sep 2014.
• Opnames gedoen by Shilling-Fox (3), Marc Skarda (3, 4) en Sesalos (1).
• Finale produksie en meng deur Shilling-Fox (3), Sesalos (1), Sandy Robbie (1, 4) en Marc Skarda (3, 4).
• Oorspronklike produksie deur Sandy Robbie (1, 2, 4) en Algorrid3m (3).
• Addisionale produksie deur Bernie Millar (2).
• Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg.
• Algorrid3m verskyn op Paradys.
© Kopiereg SAMRO




