2004

ALBUM TITEL BEKEND GEMAAK

1 JAN ’04

Nuwe jaar, nuwe kanse, nuwe Egmond.
Egmond spog met ‘n nuwe voorkoms in die nuwe jaar. Opnames het reeds begin by Renier Henn vir Egmond se debuut album wat heet Ongevraagde “Hello”. Meer inligting sal later bekend gemaak word.

FOTO-SESSIE IN CENTURION

2 FEB ’04

Debuut album foto-sessie vind plaas.
Tydens ‘n onverwagte ontmoeting met ‘n ou skool vriendin is Egmond genooi om te “poseer” vir die kamera. Die fotograaf, Jeanie de Beer, wat saam met Egmond groot geword het, het vandag ‘n fantastiese foto-sessie opgelewer vir sy opkomende debuut album. Die foto-sessie het byna ‘n uur geneem om te voltooi.

MORS VOLTOOI

9 FEB ’04

Die tweede liedjie vir Egmond se opkomende debuut album is in die kan.
Opnames vir die eerste liedjie by AdRock Recording Studios & Productions het vlot verloop tydens vroeg Januarie, maar na hardeware probleme moes alle opnames gestaak word. Mors, wat 90% klaar was, moes van voor af begin word. Die 90% weergawe was aan ‘n toetsgehoor in die Kaap geneem om uitspraak te kry oor die liedjie se rigting en die reaksie was baie goed. “Toe ek terug gekom het uit die Kaap uit, het ons die liedjie voltooi. Die weergawe wat vir my gewag het by die huis was amper onherkenbaar van die amper-klaar-weergawe! Ek’t geweet dis hoe dit moet klink!” Daar is intussen gewerskaf aan ‘n “memories” video vir Mors wat fotos insluit van die hele proses rondom die opnames.

MORS CD-SINGLE TE KOOP

10 FEB ’04

Die tweede Afrikaanse enkelsnit nou beskikbaar op CD
Die nuwe treffer Mors wat onlangs voltooi is by Renier Henn van Adrock Studios is nou beskikbaar gestel as CD-single en bevat die demo weergawe van die liedjie wat in Januarie opgeneem is. Kry dit nou op Egmond.Co.Za.

VALENTYNS OPTREDE

16 FEB ’04

Valentyns-optrede spog met eerste vertoning van Mors
Egmond was gistraand een van die gas kunstenaars te Avuxeni Modimolle waar Mors sy eerste publieke bekendstelling gehad het! “Dit was onbepland, maar dit was wonderlik. Die Valentyns bal was bedrywig en bestuurder Mnr Chris Dyzel het my gevra om op te tree nadat hy die liedjie by my gehoor het. Ek kon nie anders nie!” Die gehoor se reaksie was belowend en ‘n teken dat die opnames vir sy debuut album in die regte rigting gaan.

ONDERHOUD OP RADIO PRETORIA

23 MAR ’04

Egmond voer sy eerste radio onderhou.
In ‘n ekslusiewe eerste onderhoud of Radio Pretoria het Egmond met Pieter Rischmuller vir ‘n halfuur lank gesels oor die Fonds Insamelings Projek vir die AKK waarby hy betrokke is, asook sy opkomende debuut album waarvan beide Mors en V’more op die lug gespeel is. Die onderhoud het plaasgevind tydens die program 10/10 om 15:20.

A.K.K. OPTREDE

28 MAR ’04

Modimolle was gisteraand in rep en roer oor die Gala Event van die jaar.
‘n Modeskou gemeng met musiek vir oud en jonk deur plaaslike opkomende kunstenaars het in die Stadsaal plaasgevind met eregaste Connie en Simphiwe van 7de Laan. Egmond het opgetree as gaskunstenaar en het die liedjies Mors en V’more gesing vir ‘n gehoor van meer as 250. Na die optrede het verskeie mense in die gehoor vertel dat hulle alreeds Mors op die radio gehoor het. Gedurende die mode parade het Egmond self sy lyf model gehou ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis se fonds insameling. Rocha Creations International se voorste modes is vertoon.

VIDEO VIR MORS BEKEND GESTEL

1 APR ’04

Mors kry ‘n spesiale musiek video.
Soos gerapporteer vroëer vanjaar is die “memories” musiek video vir Mors vandag bekend gestel. Die video bevat fotos van Egmond se loopbaan tot en met hede en sluit ook sy vertoning by die AKK Kunstefees in.

MUSIEK OP RADIO LAEVELD

10 APR ’04

Mors begin speel op Radio Laeveld.
“Dit was ‘n groot eer om vandag uit die bloute uit gebel te word deur omroeper Robin J van Radio Laeveld,” het Egmond opgewonde vertel. Na sy onlangse onderhoud op Radio Pretoria het omroeper Pieter sy vennoot in Mpummalanga geskakel en vertel van die nuwe opkomende kunstenaar. Die gras het skaars gegroei of Egmond is gekontak om sy liedjies ooste toe te pos vir Afrikaans-honger luisteraars. Robin het aan Egmond vertel dat Mors die beste ontvang is na die eerste speling en dat dit binnekort gereeld gespeel sal word.

BELA BELA OPTREDE

31 MEI ’04

Egmond tree op voor sy grootste gehoor nog.
Geskeduleer vir 2:30nm op Sat. 29 Mei by die Bela Bela Tourism Festival as Anke se voorskou (Idols 2003 wenner) het Egmond die skare vermaak met sy nuwe treffers V’more en Mors. Die fees was die grootste van sy aard nog met meer as 15 000 besoekers.

W.M.O.T.Y OPTREDE

8 AUG ’04

Optrede in Modimolle spog met nuwe liedjie.
Egmond het gisteraand opgetree by die Waterberg Model of the Year 2004 in Modimolle en was self een van die beoordelaars. Francois Lensleigh, beter bekend as Marco van 7de Laan, was ook een van die beoordelaars. Twee vertonings was geskeduleer voor en na pouse en die liedjies in sy repoirtaire was die splinternuwe Gee Voor Jy Groet en V’moreMors het ook ‘n onverwagte draai gemaak as encore aan die einde van die aand. Fotos van Egmond het selfs verskyn op die inskrywings vorm van die kompetisie.