2005

JY’S IN MY BLOED IS EGMOND SE DERDE OPNAME

12 JUN ’05

Die finale meng vir Egmond se derde opname Jy’s In My Bloed is vandag voltooi.
Producer Bernie Millar (wat V’more opgeneem het in 2003) is agter die opname van Jy’s In My Bloed (voorheen getiteld Gee Voor Jy Groet). Die woorde is volgens Egmond ietwat herskryf en producer Bernie het met ‘n nuwe weergawe van die liedjie navore gekom. Die onvoltooide weergawe van Gee Voor Jy Groet is vir eers in die laai geplaas.

GISTER OPNAME VOLTOOI

19 AUG ’05

Gister is Egmond se Ongevraagde “Hello”.
Na drie maande se gesukkel om Gister die regte vibe te gee is die nuutste opname van Egmond voltooi en reg vir radio. Gister is opgeneem einde Junie / begin Julie maar die finale meng is eers voltooi vroeg Augustus. Die debuut album se titel is bevat in die liedjie.

ONDERHOUD OP RADIO KRAGBRON

9 DES ’05

Egmond is terug op die radio.
Egmond het weer sy verskyning gemaak op radio – die keer in Witbank by Radio Kragbron, 96FM. Die stasie met visie het Egmond vir ‘n onderhoud genooi en dit het plaasgevind “live” die aand van 8 Desember. Egmond het ‘n hele uur lank gesels met omroeper Martin Jansen wat hom uitgevra het oor waar sy loopbaan begin het en waarheen hy oppad is. Al 4 van Ongevraagde “Hello” se voltooide opnames het ook die lug gesien asook met ‘n eerste speling van This MorningGister en Jy’s In My Bloed. Die onderhoud was volgens Egmond “baie cool” en hy vertel dat dit vir hom ‘n eer was om saam met die bekende omroeper op die lug te wees. Skakel gerus in by Radio Kragbron en dring aan op Egmond se musiek!!