2006

IEWERS: 5DE LIEDJIE VOLTOOI
2 FEB ’06
Die eerste liedjie vir 2006 is vandag voltooi.
Na ‘n 4 maande lange stilswye oor wat aan die broei is in die ateljee nadat daar in September ’05 bekend gemaak is dat Iewers opgeneem gaan word, is die liedjie afgemerk as voltooid. Dit is die 2de liedjie wat vir die album by Renier Henn voltooi is, nadat Gee Voor Jy Groet verlede jaar ooropgeneem is as die herdoopte Jy’s In My Bloed by Bernie Millar.

BELA BELA-OPTREDE LEWER NUWE MUSIEK OP
2 JUN ’06
Egmond stel nuwe weergawe bekend van Gee Voor Jy Groet tydens vertoning.
Na meer as 20 maande se gewerskaf aan die opkomende debuut album, het Egmond sy tuisgehoor vermaak met 6 liedjies waarvan 4 nog nooit voor ‘n gehoor gesing is nie, en waarvan 2 vir die eerste keer aan die publiek bekend gestel is, insluitende Gee Voor Jy Groet – ‘n nuwe weergawe met die oorspronklike musiek van 2004. Iewers, wat in Februarie vanjaar voltooi was, is ook vir die eerste keer opgevoer. Die vertoning was by die Bela-Bela Toerisme Fees die 27ste Mei. Die omstrede Gee Voor Jy Groet het die beste aftrek vir die aand gekry. Die optrede was kort voor Kurt Darren en Mandoza se vertonings.