2008

DEBUUT ALBUM SE LAASTE SNIT OPGENEEM

28 FEB ’08

Verslaaf, die laaste snit vir Egmond se debuut album, is voltooi!
Die up-tempo liedjie, wat spog met verwysings na “The Lord Of The Rings”, is die perfekte manier om die album af te sluit, vertel Egmond. Die ritme is geinspireer deur die Sugababes se musiek. Verslaaf is voltooi deur Bernie Millar met kitaar deur Tshepo Mohapi. “Ek wou eers die liedjie as ‘n ballade gehad het, maar die musiek het deur my kop gemaal en ritme opgetel. Dit het reg gevoel.” Verslaaf is dieselfde dag geskryf as Gister in 2004, en het sy pad na bo uitgeveg om opgeneem te word. “Dit was so ampertjies of Rooi was opgeneem, maar die liedjie is geskryf as ‘n duet en sal vir eers eenkant geplaas word,” sê Egmond.

ONGEVRAAGDE “HELLO” VRYGESTEL

29 FEB ’08

Die groot dag het uiteindelik aangebreek.
Ongevraagde “Hello”, Egmond se debuut album, is vandag bekendgestel op Lulu.Com. Die album, wat 10 snitte bevat en 37:21 lank is, kan nou gekoop word op die webwerf. Egmond vertel dat hy verheug is oor die bekendstelling. “Dit het my baie lank geneem om tot hier te kom, maar ek is trots om te noem dat die dag aangebreek het en dat ek meer as net in my skik is met die finale produk!” Eksemplare sal voortaan aan radio stasies landswyd verskaf word.

ONGEVRAAGDE “RITMES” VRYGESTEL

29 FEB ’08

Daar is min kunstenaars wat dit sou kon reg kry.
Egmond reik vandag ‘n 2de album uit!! Die eerste is natuurlik sy debuut album, en die 2de is ‘n “Ekstras Album” wat getiteld is Ongevraagde “Ritmes”. Die album is ‘n accessory vir die debuut album en bevat raar demos en remixes. Wat hierdie vrystelling nog meer uniek maak is die bekendstelling daarvan in 2 formate – die eerste te koop op Lulu.Com en die 2de om af te laai absoluut gratis hier op Egmond.Co.Za vir ‘n beperkte tydperk.

INDEPENDENT SA ARTISTS STEL GEE VOOR JY GROET BEKEND

8 MEI ’08

Die debuut album se nuwe enkelsnit word vrygestel.
Egmond se nuutste treffer Gee Voor Jy Groet word uitgereik as die derde enkelsnit op die Independent SA Artists webwerf vandag. Musiek-liefhebbers word genooi om die liedjie af te laai op die webwerf.

GEE VOOR JY GROET IS NOMMER 2!

15 MEI ’08

Die debuut album se nuwe enkelsnit word hier gratis vrygestel.
Gee Voor Jy Groet wat verlede week uitgereik was op die Independent SA Artists webwerf het in sy eerste week reeds ‘n Silver Award gekry vir 100 downloads en was in die nommer 2 posisie op die webwerf se top downloads.

ONGEVRAAGDE “HELLO” DIGITAAL BESKIKBAAR

19 MEI ’08

Debuut album is van vandag af te koop op SA se top Mp3-webwerf, RhythmRecords.Co.Za.
Met die tegnologie wat elke dag ontwikkel het Egmond besluit om die album digitaal beskikbaar te stel. “Die vrystelling kom op ‘n goeie tyd,” vertel Egmond, “omdat daar van vandeesmaand af baie blootstelling gaan wees vir die album.” RhythmRecords.Co.Za en MyMusiek.Co.Za het saam oor die 10 000 mp3 snitte beskikbaar wat elke dag groei, en bekende kunstenaars sluit in Kurt Darren, Bok van Blerk, Chris Chameleon en Elizma Theron.

TERUG OP DIE LUG

4 JUL ’08

Egmond kuier weer by Radio Kragbron.
Egmond se eerste radio onderhoud sedert Desember 2005 het vandag, Vrydag 4 Julie om 13:15 plaasgevind op Radio Kragbron 93.1FM met omroeper Annelie Pretorius (foto inlas). Die halfuur lange geselsie het begin met die liedjie Gee Voor Jy Groet en het alles gedek rondom die album se ontstaan, Egmond se liefde vir musiek asook ‘n bietjie meer insig oor die lied Brug Lelies (waarmee die onderhoud beeindig is). Na die onderhoud is daar ook ‘n kopie van die album weggegee. Egmond se album is beskryf as ‘n moet vir jou laserskyf collection wat iets vir elke dag bevat. Skakel gerus in by Radio Kragbron asook by hul webwerf op www.radiokragbron.co.za.

AS JY WIL IS VOLGENDE ENKELSNIT

20 JUL ’08

Die dans nommer word more bekend gestel!
Die volgende enkelsnit om die debuut album te bemark is As Jy Wil. Die enkelsnit sal more op 24.com uitgereik word. Gee Voor Jy Groet is reeds op die webwerf en besoekers word herlei na die debuut album op RhythmRecords.Co.Za.

AS JY WIL NUUTSTE UITREIKING OP 24.COM

21 JUL ’08

Musiek word “koeksister pop” genoem!
As ‘n opvolg op Gee Voor Jy Groet se bekendstelling op 24.com word Egmond se nuutste enkelsnit As Jy Wil ook nou beskikbaar gestel om te sample voor die besoeker herlei word na die Rhythm Online musiek winkel. Die kommentaar op beide snitte is uitstekend: “Prolific Afrikaans heartbreaker gives fans of Modern Talking a reason to party with this synth-pop koeksister off his new CD, Ongevraagde “Hello”” asook “Fans of Modern Talking are going to go ga-ga over this Afrikaans synth-pop koeksissie off the heartbreaker’s new CD, Ongevraagde ‘Hello’.”.

BRUG LELIES VOLGENDE ENKELSNIT

7 AUG ’08

Die debuut album se nuutste enkelsnit word uitgereik.
Na die radio onderhoud op Radio Kragbron in Julie vanjaar het die span agter Ongevraagde “Hello” besluit om nog ‘n snit van die album uit te reik vir promosie. Die treffer Brug Lelies word vandag gratis bekend te stel op die briljante WildHorse.Co.Za se Independent SA Artists website. Laai dit vandag af om die liedjie te ondersteun.

BRUG LELIES MAAK OPSPRAAK

14 AUG ’08

Die enkelsnit is nie alleen in die Top 10 nie!
Skaars ‘n week na die liedjie bekend gestel is, het Brug Lelies in die nommer 3 posisie sy debuut gemaak as die mees afgelaaide liedjie vir die week, en sodoende ook ‘n Silver Award ontvang. Die liedjie was nie die enigste snit in die top 10 nie – Gee Voor Jy Groet het dieselfde week in die nommer 10 posisie sterk gestaan, weke nadat dit ook op die webwerf bekendgestel is. Egmond vertel dat hy baie opgewonde is en dat daar nuwe verwikkelinge is met die IDSAA wat binnekort hier aangekondig sal word.

ONGELOOFLIK – NUWE SNIT OPGENEEM

21 AUG ’08

Egmond neem ‘n nuwe liedjie op vir “geheime” projek.
Die debuut album Ongevraagde “Hello” is skaars 6 maande beskikbaar, of Egmond is terug in die ateljee by Bernie Millar van AIR Studios. Die eksklusiewe liedjie, getiteld Ongelooflik, is spesiaal opgeneem vir ‘n opkomende kompilasie album wat deur die IDSAA uitgereik gaan word. Die album, wat snitte gaan bevat van nuwe opkomende Afrikaanse sangers, sal ook in verskeie musiek winkels beskikbaar wees. Gevra oor die liedjie, vertel Egmond dat hy die produksie van die self-gepende liedjie se musiek self waargeneem het, en dat Bernie Millar die finale verwerking gedoen het met stem opnames en bykomende kitaar deur die briljante Sandy Robbie. Besoek die webwerf www.wildhorse.co.za en ondersteun Egmond en die kunstenaars deur hul musiek af te laai.

VERSLAAF OP CHANNEL24

10 OKT ’08

Die liedjie Verslaaf word tans bemark op Channel24.Co.Za.
As deel van die bemarkings veldtog vir Egmond se debuut album, word die liedjie as die nuutste (en 6de!) enkelsnit uitgereik. Verslaaf word as gratis download beskikbaar gestel op die vermaaklikheids webwerf.

ARTIKEL VERSKYN IN DIE POS KOERANT

15 NOV ’08

Die Waterberg-area in Limpopo se Die Pos Koerant berig oor Egmond.
Daar verskyn die afgelope naweek ‘n berig oor Egmond wat vertel oor die kunstenaar se doen en late die afgelope 5 jaar. Die opskrif is “Waar die hart van vol is, loop die (Eg)mond van oor”. Die artikel kom kort op die hakke nadat Egmond verhuis het na die Bosveld toe, en ook nuus bekend gemaak het dat hy tans besig is met sy tweede studio album Vuil Wasgoed. Hy het ook genoem dat hy reeds vyf nuwe liedjies geskryf, en sy gunstelinge is Melkweg Reënboog en Onverdiende Pyn.