2010

BRUG LELIES KRY ‘N MUSIEK VIDEO
27 JAN ’10
Die lang wag vir die video van Brug Lelies is verby.
Die video vir die 5de enkelsnit vanaf Ongevraagde “Hello” is vandag uitgereik. Die kleurvolle Enya-geinspireerde video is ook op You Tube geplaas. Egmond het genoem dat hy graag vir Nathi Louw, die musikant van die musiek geskryf het, in die video sou wou plaas, maar weens omstandighede kon dit nie gebeur nie. Die inspirasie vir die musiek video het in laat 2009 gekom toe Nathi op Muvhango verskyn het en die melodie op kitaar gespeel het. “Dit het my daar en dan laat besef dat ek ‘n regte musiek video vir die snit moes maak,” sê Egmond. Alhoewel daar reeds drie vorige musiek videos bestaan, sê Egmond dat hierdie die regte produksie ontvang het om dit ‘n geloofwaardige video te maak.

GEE VOOR JY GROET KRY OOK ‘N MUSIEK VIDEO
25 FEB ’10
Egmond se derde enkelsnit spog nou ook met ‘n musiek video.
Die splinternuwe video van Gee Voor Jy Groet is voltooi! Die video is nou te siene op Egmond.Co.Za en Egmond se YouTube kanaal. Egmond vertel dat die video groot fun was en dat die fairy in die video gespeel was deur sy bure se pragtige 6-jarige dogtertjie.

EGMOND OP DIE NUWE ASTV KANAAL
5 MAR ’10
Dit het uiteindelik gebeur!
Egmond se musiek word van vandag af uitgesaai op die nuwe satelliet kanaal ASTV!!! Die Afrikaanse TV kanaal wat gratis beskikbaar is op satelliet, het kontak gemaak met Egmond mid Februarie – nie lank na die video van Brug Lelies die lig gesien het nie. Die splinternuwe video van Gee Voor Jy Groet wat einde Februarie voltooi is, het sy official premiere gehad op die kanaal en is ingesluit op die kanaal se speellys! Besoek gerus die kanaal se webwerf by www.astv.co.za en kliek op Alles oor ASTV vir presiese instruksies hoe om die gratis kanaal in te stel.

KOERANT BERIG SPOG MET EGMOND
19 MAR ’10
Egmond verskyn weer in Die Pos.
Skaars ‘n week of twee na Egmond se videos op TV begin draai het, word daar ‘n berig geplaas oor Egmond in die plaaslike koerant Die Pos, wat 47 000 lesers bereik elke Vrydag. Die uitgawe wat vandag uitgereik is, spog met ‘n foto vanuit die Gee Voor Jy Groet video, asook ‘n berig oor Egmond se geskiedenis en sy loopbaan planne. Volgens redakteur Keina Swart, is sy aangenaam verras met die videos.

OPTREDE BY KARNAVAL
22 MEI ’10
Die sanger lewer sy beste vertoning nog.
Egmond het weer die verhoog betree vir die eerste keer sedert sy optrede in Maart 2009 by die Bela Bela Karnaval op Vrydag 21 Mei om 7:00. Die vertoning was volgens die gehoor se reaksie ‘n reuse sukses. Die program, wat begin het met As Jy Wil, het bestaan uit 6 liedjies, waarvan Dis Elektries, die nuwe duet met Yolandi, vir die eerste keer bekend gestel is aan die publiek. Die liedjie het naas Gee Voor Jy Groet die beste reaksie gelok.

OPTREDE BY WINDPOMPFEES
11 JUN ’10
Egmond vermaak in Naboomspruit.
Vir diegene wat uitgemis het op Egmond se optrede by die Bela Bela Karnaval was daar gister nog ‘n geleentheid om die nuweling te sien in aksie. Egmond se 2de optrede vir 2010 was gister 10 Junie by die jaarlikse Windpompfees in Naboomspruit van 16:45 – 17:00. Die vertoning het plaasgevind op die Rapport se verhoog, en was geopen deur Etha, nog ‘n nuweling in die musiek industrie. Die vertoning het bestaan uit 4 snitte, waarvan Egmond begin het met As Jy Wil, gevolg deur die treffers Gee Voor Jy Groet en V’more, en afgesluit het met Dis Elektries, die duet met Yolandi.

AS JY WIL MUSIEK VIDEO
27 JUN ’10
Die derde offisiële musiek video vanaf Ongevraagde “Hello” is uitgereik.
Na maande se geskarrel om die video klaar te maak, premiere die video eksklusief op Egmond.Co.Za. Sedert Maart 2010 was daar nuus oor die video wat einde April gereed sou wees, maar die video is uitgestel weens verskeie redes. Dit word op 30 Junie ook op Facebook gelaai, maar bly tot dan eksklusief aan die website (en natuurlik You Tube!).
Update 6 Jul ’10:
As Jy Wil se video feature nou op Channel24 met die briljante opsomming van “The Afrikaans dance pop star goes (goes) channel surfing in this bakgat video off “Ongevraagde “Hello”.

TERUG IN “DIE POS”
16 JUL ’10
Egmond haal weer die plaaslike koerant “Die Pos”.
Egmond maak die naweek weer ‘n draai in die plaaslike koerant Die Pos wat vir meer as 47 000 lesers nuus berig oor die Bosveld distrik van die Limpopo. Die keer is daar berig oor die nuwe video As Jy Wil wat vandeesweek op ASTV begin draai het. Daar is ook berig oor die album se rerelease en die duet Dis Elektries met Yolandi. Kry jou kopie vandag. Vir meer inligting oor Die Pos, besoek die webwerf www.diepos.com.

DIS ELEKTRIES (FT YOLANDI) UITGEREIK
5 SEP ’10
Die nuwe duet weergawe van die dans nommer uitgereik met nuwe musiek video.
Die enkelsnit Dis Elektries, asook die nuwe musiek video, word vandag bekend gestel. Na amper 2 maande se geswoeg is die nuwe enkelsnit vandag op die lug geplaas. Die musiek video wat direk volg op As Jy Wil se video, bevat baie fantasie elemente en dieselfde karakters wat in Gee Voor Jy Groet gespeel het. Die video sal eersdaags op ASTV begin draai. Daar is ook ‘n “Agter Die Skerms – Die Making of Dis Elektries” video ekslusief op You Tube wat die kyker agter die skerms toegang gee rakende die video produksie.
Update 7 Mei ’21:
Die musiek video en enkelsnit is onttrek en vervang met die nuwe 2021 weergawe, nou beskikbaar.

ONGEVRAAGDE “HELLO” KRY REISSUE
15 SEP ’10
Die debuut album spog met twee bonus snitte.
Sedertien die sukses van die debuut album se treffer musiek videos die afgelope paar maande, word daar vandag ‘n nuwe weergawe van die debuut album uitgereik. Egmond en Yolandi se nuwe treffer, Dis Elektries is ingesluit tesame met ‘n remix van Ongelooflik deur Ruddha.Com. ‘n Derde snit, Een Ding, is afgelaat van die album omdat dit nie betyds voltooi was nie. ‘n Limited edition CD/DVD combo word ook beskikbaar gestel. Die CD het ‘n enhanced afdeling wat al 4 die musiek videos insluit. Die CD is nou op Egmond.Co.Za te koop.
Update 26 Okt ’10:
Ongevraagde “Hello” se spesiale re-release is nou ook beskikbaar op RhythmOnline.Co.Za se webwerf. Download teen slegs R7.00 per mp3. Egmond se musiek videos is ook op die bladsy.

DIS ELEKTRIES IN “DIE POS”
23 SEP ’10
Die koerant berig oor die nuwe snit vanaf Ongevraagde “Hello”.
Daar verskyn ‘n berig vandag in die plaaslike koerant DIE POS oor Egmond en Yolandi se nuwe treffer, Dis Elektries. ‘n Limited edition CD/DVD combo kan gewen. Kry die naweek se uitgawe vir inligting hoe om te wen.