2011

IEWERS MUSIEK VIDEO UITGEREIK

3 JAN ’11

Egmond stel ‘n kleurvolle nuwe video (en liedjie bekend).
Die splinternuwe video van Iewers is gister middag voltooi. Die vyfde musiek video vanaf Ongevraagde “Hello” is van vandag af beskikbaar. Die video, wat in Desember 2010 opgeneem is, is in rekord tyd voltooi volgens Egmond, en is reeds op 22 Desember voorafgegaan deur ‘n “Making Of” video wat geheime verklap het van die video en ook ‘n sneak preview gehad het van 15 sekondes. Die karakters in die video is vertolk deur Liezel Joubert (ballerina), Patric du Toit (fopdosser), Pieter van Wyk (rugbyspeler), Martin en Evan Henn (tweeling) en Zaakirah Nakudah (mistress of spices). “Die mense was great fun en dit was ‘n eer om saam met hul te werk,” noem Egmond. Die enkelsnit word ook eersdaags digitaal bekend gestel. Kyk hier na die video.

DRUIWEFEES OPTREDE

9 JAN ’11

Egmond skop 2011 af met sy eerste optrede in Modimolle.
Egmond het gister opgetree by die jaarlikse Druiwefees om 4h00 die middag. Die vertoning, wat bestaan het uit 5 liedjies, het volgens Egmond baie goed afgeloop. “Daar was ‘n great crowd en die mense het die meeste gecheer vir Dis Elektries,” (waarmee hy die show afgesluit het).

IEWERS VERSKYN OP CHANNEL24

27 FEB ’11

Die nuwe enkelsnit word digitaal uitgereik.
Iewers, die nuutste enkelsnit vanaf Egmond se debuut album, is nou ook gelys of die uitstekende Channel24.Co.Za. Volg die skakel vir die blad.

OPTREDE BY HARTKLOP KUNSTEFEES

6 JUN ’11

Tweede optrede vir die jaar vind plaas in Pretoria.
Egmond het Saterdag 4 Junie 2011 by die Hartklop Kunstefees in Pretoria opgetree wat gehou is by die Hoërskool Gerrit Maritz. Die optrede het ‘n rapsie na 1nm plaasgevind. Egmond het vier treffers van sy debuut album gesing, insluited Dis ElektriesGee Voor Jy GroetAs Jy Wil en Iewers.

V’MORE VIDEO UITGEREIK

27 JUN ’11

Die sesde (!!!) musiek video word uitgereik.
V’more, die nuutste musiek video vanaf Egmond se debuut album Ongevraagde “Hello” is voltooi. Daar was reeds sprake van die video se opname in Oktober 2010, en die verfilming het plaasgevind in Januarie 2011. V’more is reeds in 2003 voltooi, en het vinnig in 2004 en 2005 ‘n paar keer op radio gespeel. Die musiekvideo se premiere is eksklusief op Egmond.Co.Za en word eersdaags verskaf aan ASTV. Kyk hier na die video.

KOERANT BERIG OOR V’MORE

8 JUL ’11

Daar verskyn vandag weer ‘n artikel oor Egmond in die plaaslike koerant “Die Pos”.
Die koerant berig oor V’more se nuwe video en ook op Gee Voor Jy Groet se sukses op die kanaal ASTV. Kry vandag jou kopie!

UITSAAINES FOKUS OP EGMOND

15 JUL ’11

Uitsaaines gesels oor Egmond op die program LipLapa.
Dis Elektries (feat Yolandi) en V’more is gespeel in die program waar omroeper Raymond Greenberg Egmond geprys vir sy musiek videos en almal aangeraai om te gaan loer. Tydens die program, wat uitgesaai was tussen 21:00 en 22:00, het die sanger saam ge-“tweet”, met skreeusnaakse kommentaar oor hoe sy naam uitgespreek word. Omroeper Raymond Greenberg, ‘n bekende op die Afrikaanse musiek toneel, het reeds gesorg vir die bekendstelling van Gee Voor Jy Groet op die stasie in 2008.

Update 23 Aug ’11:
Uitsaaines het gister ‘n onderhoud gevoer met Egmond tydens die program LipLapa. Die geselsie het allerlei interessanthede gedek, insluitend Egmond se gunsteling liedjie vanaf sy debuut album (Gee Voor Jy Groet), die sukses van die Top 10 treffer Dis Elektries (feat Yolandi) en die opkomende snit Vlieg vanaf sy opkomende album Vuil Wasgoed. ‘n Herhaling word uitgesaai op Donderdag 25 Augustus om 9pm, net voor die Top 10.

HOSA RADIO

11 AUG ’11

Hosa Radio program speel 8 Egmond-treffers.
Hosa Radio is ‘n nuwe Afrikaanse internet radio stasie wat reeds luisteraars van regoor die wêreld het om mee te spog, en saai vanuit Nederland uit. Die uitstekende stasie spog met Afrikaanse musiek en Egmond is gelys op die stasie se webwerf. Egmond het gister sy debuut op die stasie gemaak om 10h00 die oggend tydens die program Koffietyd, waartydens 8 (!!!) van sy liedjies gespeel was, in die volgende volgorde: GisterGee Voor Jy GroetV’moreDis ElektriesIewersJy’s In My BloedMors en Brug Lelies. Die musiek is tussendeur onderbreek deur omroeper Sylvia wat gesels het oor Egmond se loopbaan tot op hede. Skakel vandag in nog in by www.hosaradio.com en like hul facebook blad!

OPTREDE BY WALLIESE MANNEKOOR KONSERT

28 AUG ’11

Egmond vermaak weer gehore in die Limpopo.
Egmond het die afgelope Vrydag 26 Augustus 2011 as gaskunstenaar opgetree tydens die Walliese Mannekoor van Suid-Afrika konsert by Shangri-La net buite Modimolle. Egmond het die 2de helfde van die aand geopen met Dis Elektries, wat gevolg is deur Iewers. Die program is afgesluit met Gee Voor Jy Groet en die gehoor is verras deur ‘n spesiale duet met die Waterberg Kinderkoor wat tydens die koor gedeeltes van die treffer gesing het. Die Waterberg Kinderkoor was onder leiding van Susan Brummer.

MORS VIDEO PREMIERE

26 SEP ’11

Die sewende (!!!) video vanaf die debuut album is voltooi.
Daar was reeds sprake van die musiek video se opname in Oktober 2010 op Facebook, alhoewel die verfilming eers plaasgevind het in Julie 2011. Mors was die tweede snit wat vir die debuut album voltooi was, en het in 2004 sy debuut op Radio Pretoria gehad. Die musiekvideo se premiere van 30 September 2011 op Egmond.Co.Za is ge-“rush release” nadat een van die sterre in die video die You Tube link per ongeluk op Facebook geplaas het. Die video is dus van vandag af beskikbaar. Dit word ook eersdaags verskaf aan ASTV. Daar was reeds in Augustus ‘n “Making Of” uitgereik van die musiek video.

BRUG LELIES DUET VOLTOOI

11 OKT ’11

Die nuwe weergawe van die treffer Brug Lelies is nou voltooi.
Die snit, wat spesiaal vir die album se opkomende uitreiking opgeneem is, is ‘n duet met Yolandi – die engel stem agter Dis Elektries. Die nuwe duet is volgens Egmond ongelooflik pragtig en hy noem ook dat haar stem die liedjie tot sy volle glorie bring. Die liedjie het sy premiere op Uitsaaines Donderdag 13 Oktober in die program Lip Lapa. ‘n Musiek video vir die liedjie sal opgeneem word met Yolandi in die nabye toekoms.

ONGEVRAAGDE “HELLO” ALBUM FINALE WEERGAWE UITGEREIK

17 OKT ’11

Egmond se debuut album word vandag in sy finale vorm bekendgestel.
Ongevraagde “Hello”, wat reeds sedert 2008 in verskeie formate uitgereik was, word vandag uitgereik op Egmond.Co.Za. Sê Egmond: “Die uitreiking is ‘n celebration van die pad wat ek gestap het met die album.” Brug Lelies, die laaste liedjie wat voltooi is, is nou ‘n duet met Yolandi van Dis Elektries-faam (Brug Lelies was reeds as die album se tweede enkelsnit uitgereik in 2008, maar is nou opgeneem as ‘n duet spesiaal vir die album se bekendstelling). Die album is hier te koop en word later die maand op RhythmRecords.Co.Za uitgereik.

MORS OP CHANNEL24

19 OKT ’11

Die nuwe enkelsnit Mors is deur Channel24.Co.Za opgetel.
Die liedjie verskyn tans op die briljante kanaal se voorblad as ‘n gratis download. Egmond word beskryf as ‘n emerging artist op die webwerf. Dis die 7de liedjie wat vanaf Egmond se debuut album op Channel24.Co.Za se webwerf geadverteer word – die eerste was Gee Voor Jy Groet, gevolg deur Brug LeliesAs Jy WilVerslaafDis Elektries asook Iewers. Volg die skakel vir die blad.

VLIEG DUET MET YOLANDI VOLTOOI

5 NOV ’11

Egmond is terug in die studio met Yolandi.
Gisteraand 6:30 is Egmond se opkomende enkelsnit, die duet Vlieg met nagtegaal Yolandi van Deventer, voltooi in Sandton, Johannesburg. Daar is groot opgewondenheid oor die duet wat op 11.11.11 om 11.11am en 11.11pm premiere op Uitsaaines. Skakel in om te luister na Vlieg op www.uitsaaines.co.za.

VLIEG ENKELSNIT & MUSIEK VIDEO PREMIERE

11 NOV ’11

Vandag word Vlieg, die nuwe duet met Yolandi, bekendgestel op Uitsaaines om 11.11am.
Die nuwe treffer, wat reeds hewig bespreek word, maak sy debuut op www.uitsaaines.co.za, met ‘n nuwe musiekvideo wat ook uitgereik is op Egmond.Co.Za en YouTube. Die duet kan ook gekoop word op RhythmRecords.Co.Za. Die liedjie sal ook vanaand om 11.11pm speel op Uitsaaines.

EGMOND CD’S IN MUSICCO WINKELS TE KOOP

4 DES ’11

Kry vandag jou kopie van Egmond se debuut album en nuwe enkelsnit op CD.
Die nuwe duet Vlieg met Yolandi, asook die debuut album Ongevraagde “Hello” word uitgereik in Musicco winkels. Die kettingwinkel groep Musicco verkoop Egmond se debuut album teen R99.95, asook die enkelsnit teen R49.95. Musicco se drie Limpopo winkels is in Thabazimbi, Ellisras en Bela Bela.

ARTIKEL OOR VLIEG IN DIE POS KOERANT

9 DES ’11

Egmond verskyn weer in die plaaslike koerant “Die Pos” hierdie naweek.
Met ‘n berig wat fokus op die sanger se onlangse sukses, rapporteer Die Pos ook oor die album en CD-single wat in Mussico winkels te koop is, asook die duette Vlieg en Dis Elektries se prestasie op die Uitsaaines treffersparades. Daar is ook ‘n advertensie in die koerant van die poster wat tans in Musicco winkels is.

OOSTENRYKSE RADIO SPEEL EGMOND

22 DES ’11

Die sanger se treffer Afrikaanse enkelsnit word gespeel tydens program oorsee.
Om 1pm vanmiddag het die Oostenrykse Stasie RADIO ST. FLORIAN AM INN (http://www.rsf1.at/) ‘n spesiale program het waar die aanbieder Frans Maritz van Independant SA Superstars Egmond se Afrikaanse enkelsnit Gee Voor Jy Groet in die speel lys ingesluit het.

NOMMER 1 (EN NOMMER 5!) MET YOLANDI

23 DES ’11

Egmond & Yolandi tref nommer 1 vir 8ste week in ‘n ry.
Dis Elektries (ft Yolandi) het vir die 8ste week in ‘n ry koning gekraai op Uitsaaines as die #1 liedjie gestem deur die publiek. Die nuwe enkelsnit Vlieg, die duet met Yolandi, het geklim van die nommer 7 posisie na die nommer 5 posisie op die Uitsaaines Top 10 om 10.