2012

BOSVELD STEREO SPEEL VLIEG
4 JAN ’12
Nog ‘n radio lys Egmond se musiek.
Vlieg, die duet treffer met Yolandi, is ingesluit op die speellys van Bosveld Stereo, die briljante stasie wat vanaf Ifafi in Hartbeespoort uitsaai. Kontak gerus die ateljee om aan te dring om Vlieg te speel – ateljee@bosveldstereo.co.za. Sms ook jou versoek na 34061.

ARTIKEL OP BLACK MOUNTAIN MAGAZINE
9 JAN ’12
Nuwe artikel verskyn op die net.
Laat 2011 is Egmond gekontak deur die uitgewers van die tydskrif “Black Mountain Magazine” vir ‘n moontlike onderhoud vir die tydskrif se webwerf. Die onderhoud, wat heelwat onbesproke geheime bekendstel, is vandag geplaas op die tydskrif se webwerf.

EGMOND SE GUNSTELING BOEKE
14 JAN ’12
Die Pos Koerant lys Egmond se gunsteling boeke.
Die plaaslike koerant Die Pos het Egmond gekies vir hul eerste uitgawe van 2012 as hul weeklikse plaaslike bekende wie se 8 gunsteling boeke ten toon gestel word. Egmond moes sy gunstelinge boeke kies en ook vertel hoekom hy daarvan hou. Kry die koerant vandag nog.

VLIEG OP CHANNEL24 SE VOORBLAD
14 MAR ’12
Die nuwe enkelsnit met Yolandi haal nog ‘n voorblad.
Vlieg, die nuwe kraakvars duet met Yolandi, het hierdie week die Channel24 webwerf se voorblad gehaal as een van die “Free Music” keuses. Kliek hier vir die skakel.
Update 15 Mar ’12:
Nog ‘n webwerwe lys die nuwe enkelsnit. Sugar Music News and Brian Currin Music het beide die nuwe enkelsnit gelys met ‘n skakel na die Channel24 blad.

BRUG LELIES DUET VIDEO UITGEREIK
16 JUL ’12
Die 2011 duet met Yolandi spog uiteindelik met ‘n musiek video.
Die liedjie Brug Lelies se oorspronklike musiek video is aangepas om Yolandi by te voeg wat die liedjie saam met Egmond spesiaal vir die 2011 debuut album opgeneem het. Kyk hier na die video.

NUWE ENKELSNIT ONGELOOFLIK UITGEREIK
31 OKT ’12
Trick or treat!!!
Die Halloween launch van Egmond se nuwe treffer, Ongelooflik (Arnaldo Suarez Remix), wys ‘n baie meer volwasse kant van die kunstenaar wat min luisteraars (en kykers!) verwag. Die eerste enkelsnit vanaf die opkomende Ongevraagde “Ritmes” album (‘n reimagined weergawe van die 2008 uitreiking – wat op 30 November uitgereik word), is ‘n remix deur ‘n Argentynse musikant, Arnaldo Suarez. Die musiek video is verfilm in Kwazulu Natal en Argentinië.

ONGELOOFLIK WORD BESPIEGEL IN DIE PERS
17 NOV ’12
Die nuwe enkelsnit en opkomende album haal die koerante.
Daar is hierdie naweek ‘n berig oor die bekendstelling van Ongelooflik asook die opkomende vrystelling van Ongevraagde “Ritmes” in die koerant Die Pos, wat verskyn in Bela Bela/Modimolle/Mookgopong in Limpopo. Lees die artikel aanlyn hier.

ONGEVRAAGDE “RITMES” ALBUM UITGEREIK
30 NOV ’12
Egmond verbaas met nuwe weergawe van tweede album.
Egmond se 2de album Ongevraagde “Ritmes” word vandag (weer) uitgereik. Die nuwe weergawe van die album bestaan uit ‘n string treffers en het ‘n hele nuwe tracklisting wat geen van die 2008-weergawe se snitte insluit nie. Die hoof enkelsnit Ongelooflik is op Halloween uitgereik. Die snit Jy’s In My Bloed sal dien as die 2de enkelsnit in 2013 en is ‘n alternatiewe weergawe van die liedjie wat nog nie uitgereik is nie.