2013

JY’S IN MY BLOED (FT GLENDA MILLAR) VIDEO & ENKELSNIT
1 APR ’13
Verdwaal in speelgoed land saam met Egmond en Glenda Millar.
Jy’s In My Bloed, die lang verwagte tweede enkelsnit vanaf Ongevraagde “Ritmes”, se musiek video is voltooi. Die nuwe enkelsit wat die gas kunstenaar Glenda Millar insluit, word vandag bekendgestel. Die video is Egmond se 11de Afrikaanse musiek video. Die video is ook in HD verfilm. Die fotos in die video van Glenda Millar is met permissie gebruik deur fotograaf Tiaan Volschenk. Glenda Millar is ‘n lid van die bekende kult groep CLOUT. Die liedjie sal ook sy radio premiere hê op Uitsaaines op 18 April.

CHANNEL24 LYS SKOK-EGMOND VIDEO
30 APR ’13
Die vermaaklikheids webwerf plaas Ongelooflik se musiek video op ‘n bespiegelde lys.
Die musiek video vir Ongelooflik is vandag gelys op die briljante Channel24.Co.Za as een van die “swakste Afrikaanse musiek videos” in hul sogenaamde ‘reloaded’ artikel wat gedugte Afrikaanse videos lys. Die skreeusnaakse video wat op Halloween 2012 uitgereik is, word van menige oorde bespiegel! Egmond het op sy Twitter account Channel24 “bedank” vir die nominasie, waarop hul tong-in-die-kies reageer het met “LEGEND”.

JY’S IN MY BLOED GELYS OP CHANNEL24
16 MEI ’13
Nog ‘n liedjie haal Channel24 se voorblad.
Skaars twee weke nadat die musiek video vir Ongelooflik die briljante Channel24.Co.Za se bespiegelde lys gehaal het, is Egmond weer terug op die voorblad – die keer vir ‘n gratis download vir sy nuwe enkelsnit Jy’s In My Bloed (feat Glenda Millar). Die tweede enkelsnit vanaf die tweede album Ongevraagde “Ritmes”, kan nou direk op die bladsy afgelaai word hier.

‘N NUWE HOOFSTUK MET NEXT MUSIC
1 JUN ’13
Next Music reik Egmond se musiek uit aanlyn.
Egmond se musiek het weer ‘n groot sprong gemaak op die digitale front. Sedert die aanlyn winkel RhythmMusicStore.Co.Za sy deure toegemaak het in Februarie vanjaar, was daar geen opsie meer om die sanger se musiek te koop aanlyn nie. Van vandag af is Next Music die offisiële distrubeerder van Egmond se katalogus en word sy musiek tans op iTunes, Amazon.Com en meer uitgereik. This Morning is uitgereik met ‘n nuwe omslag wat vandag ook gepaard gaan met ‘n nuwe musiek video weergawe van die liedjie, getiteld die “iTunes Version”.

KOM RED MY IS EGMOND SE NUWE ENKELSNIT
11 SEP ’13
‘n Onverwagte nuwe liedjie word opgeneem in Durban.
Kom Red My is vandag as voltooid afgemerk. Die liedjie, wat uitgereik gaan word as die tweede enkelsnit vanaf Vuil Wasgoed, is opgeneem by die Sesalos Studios in Durban onder leiding van Kundai Vera. Die enkelsnit vervang DJ wat beplan was vir die opname – op aandrang van Egmond se Duitste vriende wat kom kuier het en dadelik deur die liedjie se ritme en wysie bekoor was. Die enkelsnit word eersdaags op iTunes uitgereik en sal die 13de September op Uitsaaines premiere om 13:13pm. ‘n Musiek video word ook in die volgende twee weke opgeneem.

KOM RED MY VIDEO PREMIERE
14 OKT ’13
Channel24 stel Egmond se nuwe musiek video bekend.
Kom Red My is Egmond se splinternuwe enkelsnit vanaf sy opkomende album Vuil Wasgoed. Die treffer video is ook vandag bekend gestel op Channel24 en spog met 2 Duitsers as deel van die cast. Die liedjie is ook nou beskikbaar op iTunes.
Update 5 Mei ’14:
Skaar ‘n paar maande nadat Kom Red My op Channel24 verskyn het, spring die kykergetalle van die nuwe enkelsnit oor die 10 000 kykers op You Tube wat dit tot op hede Egmond se grootste treffer maak. Die liedjie het in sy eerste week van vrystelling 7000 kykers gelok, en namate stewig gegroei in die daaropvolgende maande.

ARTIKEL OOR EGMOND IN ZULULAND KOERANT
10 NOV ’13
Die dorps-koerantjie The Hornbill skryf oor sanger.
‘n Interessante rubriek het verskyn in die maand se koerantjie wat in Egmond se tuisdorp Mtunzini uitgereik word. Die artikel bespreek die sanger se nuwe treffer Kom Red My, die video se sukses en meer.