2014

DUITSE KOERANT BERIG OOR KOM RED MY
17 JAN ’14
Die liedjie se musiek video word bespreek in Duitsland.
Duitse koerant Südwest Presse het verlede jaar ‘n artikel geskryf oor buitelanders wat in die verlede die stad Ulm besoek het ter viering van die bekende Ulmer Münster kerk se 125ste verjaarsdag-vieringe. Egmond was in die artikel gelys met ‘n foto van sy besoek aan die kerk toring. Die jaar skop af met nog nuus uit Duitsland waar die koerant rapporteer oor die Duitste gaste afkomstig van die nabye stad Senden wat in die Kom Red My musiek video speel. Lees hier die artikel in Duits en kyk ook na die YouTube video van die artikel hier.

SEASIDE RADIO SPEEL KOM RED MY
19 JAN ’14
Die Nederlandse Radio Stasie lys die nuwe treffer.
Kom Red My is vandag die “plugplaat” op die stasie Seaside Radio in die Nederlandse dorp Egmond Aan Zee. Die liedjie is heel toevallig ook gelys saam met Substitute deur Clout, wat die stasie se “oudje van de week” is.

EGMOND REIK PARADYS VIDEO & ENKELSNIT UIT
21 JUL ’14
Die EDM-dans nommer is ‘n collab met Slay.
Die derde uitreiking vanaf die Vuil Wasgoed album is Paradys, ‘n Afrikaanse weergawe van die bespiegelde snit Better Days deur Slay, vir wie Egmond in 2013 ‘n demo opgeneem het maar nog nie enige verdere werk studio opnames voltooi het nie. Die liedjie, waarvan daar ook ‘n tweede weergawe opgeneem is (en later uitgereik sal word), is nou beskikbaar aanlyn. Die musiek video is ook uitgereik vandag op YouTube.

PARADYS HAAL PLAASLIKE KOERANT
1 AUG ’14
The Hornbill skryf oor die nuwe enkelsnit.
Skaars ‘n paar maande nadat The Hornbill oor Kom Red My geskryf het, rapporteer die plaaslike Zululand koerant weer oor Egmond se nuwe enkelsnit Paradys.

VUIL WASGOED UITGEREIK
4 OKT ’14
Egmond stel sy nuwe album bekend in verkorte EP-formaat.
Die lang bespreekte album Vuil Wasgoed is vandag uitgereik op iTunes as ‘n 4-stuk EP. Die album sluit die onlangs voltooide opname Reën (Aan Die Brand Steek) in wat beplan gaan word as die vierde enkelsnit in 2015. Die liedjie DJ wat op die album geplaas moes word is teruggehou weens verskeie redes en sal later uitgereik word op ‘n beplande suster’s projek van die album.

“DIE POS” SKRYF OOR VUIL WASGOED
24 OKT ’14
Koerant in die Bosveld noem Egmond se nuwe EP in insetsel.
Die Pos Koerant wat lesers in die Waterberge vermaak het ‘n insetsel in hul nuutste uitgawe oor Egmond se nuwe EP Vuil Wasgoed geplaas.