2015

EGMOND TERUG MET JY’S IN PARADYS
1 JUN ’15
Die 2014 dans-treffer kry nuwe lewe in alternatiewe weergawe.
Na maande se stilte keer Egmond terug met ‘n nuwe herdoopte weergawe van Paradys, (getiteld Jy’s In Paradys), vir sy opkomende treffers album 1 Dosyn. Die enkelsnit en musiek video is vandag vrygestel. Die enkelsnit bevat ook ‘n besondere b-side: ‘n “live” weergawe van DJ, die liedjie wat oorspronklik op die Vuil Wasgoed album moes verskyn. Die treffers album word in Augustus uitgereik.

VERSLAAF REMIX UITGEREIK
14 AUG ’15
Tweede enkelsnit vanaf 1 Dosyn word uitgereik.
Met net dae oor voordat die nuwe grootste treffers album uitgereik gaan word, verras Egmond vandag met ‘n 2015 Remix van Verslaaf. Die single-edit van die liedjie is van vandag af beskikbaar op iTunes en ander platforms. ‘n Verkorte weergawe van die musiek video is op 30 Julie 2015 uitgereik op You Tube ter promosie van die album maar Egmond het op Facebook gespog dat daar wel ‘n vollengte musiek video vir die liedjie sal volg in die volgende paar maande.

1 DOSYN GROOTSTE TREFFERS ALBUM UITGEREIK
19 AUG ’15
Egmond vier sy eerste 12 jaar in die industrie.
Egmond vier sy 12de musiek jaar in die industrie met ‘n 12-stuk treffers album wat ‘n klompie van sy bekendste liedjies bevat, met 2 nuwe iterasies van sy treffers Paradys (aka Jy’s In Paradys) en Verslaaf, asook die insluiting van die voorheen onbeskikbare Electric (ft Nathi Louw), wat in ‘n opgedateerde weergawe ingesluit is.

DJ IS HIER!
21 AUG ’15
Egmond verbaas met splinternuwe enkelsnit dae na Treffers album.
DJ is die hoof enkelsnit vanaf Egmond se vierde studio album Nog Vuil Wasgoed wat in 2016 uitgereik gaan word. Die enkelsnit is ‘n dans nommer wat reeds in 2012 geskryf is vir die Vuil Wasgoed album, maar op die laaste oomblik weggelaat is vanaf daardie album. Die liedjie feature die talente van Sandy Robbie en Algorrid3m (voorheen bekend as Slay). ‘n Musiek video word tans opgeneem vir die liedjie.

KOM RED MY KRY DIE REMAKE TREATMENT
11 NOV ’15
Die 2013 treffer kry ‘n nuwe baadjie.
Egmond se 2013 treffer Kom Red My is vandag uitgereik in ‘n nuwe weergawe. Die liedjie het, te danke aan die produksie van DJ, ‘n nuwe voorkoms. Volgens Egmond was daar ‘n spesiale “magic” wat DJ gehad het wat hy ook in die liedjie wou hê, en hy het dit aangestuur na Sandy Robbie toe om die liedjie weer te ontwikkel. Die enkelsnit vervang al die vorige weergawes van die oorspronklike treffer en vervang ook die musiek video met ‘n nuwe donkerder filter wat die video die nodige “edge” gee. Die liedjie kry ook sy premiere op Uitsaaines.