

Egmond se debuut Ongevraagde “Hello” word weereens gevier! Vir die 2011 reissue se tiende herdenking word ‘n volwaardige 2.0 weergawe van die album bekendgestel. Die 2021 uitreiking spog boonop met nuwe opnames van die titels Gister (herdoop as Hello) en Dis Elektries (ft Yolandi). Die album se uitreikings datum is ook die 18de herdenking van die sanger se heel eerste Afrikaanse opname, nl. V’more, wat op hierdie dag in 2003 opgeneem is in Johannesburg.
Nuus rondom die projek word in Februarie gebreek met die uitreiking van Verslaaf (2021 Version), die eerste enkelsnit. Die omslag vir die 2.0 album word dieselfde tyd bekend gestel op sosiale media. Die ontwerp behou die styl van die 2011 album met grepe vanuit musiek videos wat die hoof foto, geneem deur fotograaf Jeannie de Beer, omring.
Die sanger vertel dat hy reeds jare gelede Gister en Dis Elektries ‘n nuwe studio klank wou gee. Beide het reeds in 2016 ‘n remix / remake weergawe gehad, maar dit was volgens Egmond nie goed genoeg nie. Die 2.0 album was die perfekte verskoning om beide snitte weer te benader. Gister kry nie net ‘n nuwe titel nie (nl. Hello wat uit die lirieke stam), maar boonop splinternuwe lirieke, terwyl Sandy Robbie se produksie dit waardig maak as die album titel. Dis Elektries, wat reeds 8 weke lank #1 was in 2010/11, kry ook nuwe lewe. Sandy Robbie voltooi beide snitte in Australië met stem opnames wat in KwaZulu Natal en die Wes Kaap opgeneem word tussen Maart en November 2021.
Die balans van die album verteenwoordig elke snit se beste weergawe. “Single Edits” van sommige snitte word ingesluit omdat dié weergawes meer trefkrag het, terwyl ander snitte ‘n nuwe remaster ontvang.
‘n “2021 Version” word voltooi vir die liedjie Mors wat laat Maart 2021 afgekondig word as die 2de enkelsnit. Alhoewel die Mors (2021 Version) enkelsnit later uitgereik word in September 2021, ruil dit plekke om met Dis Elektries (ft Yolandi) se 2021 weergawe wat uitgereik word as die tweede enkelsnit in Mei. Die nuwe weergawe van Mors word nie op die album ingesluit nie en dien slegs as ‘n los-staande enkelsnit, nadat daar besluit is om dit by ‘n ander projek in te sluit (wat self later gekanselleer word). Hello is as die derdde enkelsnit in vroeg 2022 uitgereik en word die grootste treffer vanaf die album.
Die album word boonop gevier met ‘n spesiale “Watch Party” wat op 3 Desember uitgereik word. Behalwe vir die lirieke video van Hello, kry die res van die album snitte nuwe visuele videos wat bestaan uit fotos en videos uit die argiewe wat in meeste geval vertoon hoe die liedjies voltooi en bemark is.
Die 2011 weergawe is in April 2021 afgetree op alle platforms om plek te maak vir die 2.0 edition.
Tracklisting
1) Mors [Single Edit]
* Nuwe opnames
2) V’more [2021 Remaster]
3) Gee Voor Jy Groet [Single Edit]
4) As Jy Wil [2021 Remaster]
5) Dis Elektries (ft Yolandi) [2021 Version]*
6) Iewers [Single Edit]
7) Hello *
8) Jy’s In My Bloed [2021 Remaster]
9) Verslaaf [2021 Album Version]
10) Brug Lelies (ft Yolandi)
Enkelsnitte



KRY “ONGEVRAAGDE ‘HELLO’ 2.0” HIER
• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (10) musiek ook deur Nathi Louw.
• Opgeneem tussen Jun 2003 en Nov 2021.
• Oorspronklike opnames gedoen by Air Studios (2 – 4, 8 – 10), Pieter de Bruin (5), Sandy Robbie (5, 7) en AdRock Studios (1, 3, 6).
• Finale produksie en meng deur Sandy Robbie (5, 7), Bernie Millar (2 – 4, 8 – 10), Egmond (4, 8, 9, 10) en Renier Henn (1, 6).
• Yolandi van Deventer verskyn op Dis Elektries en Brug Lelies.
• Agtergrond stemme deur Sandy Robbie (7).
• Agtergrond stemme deur Glenda Millar (2, 8).
• Agtergrond stemme deur Esti Henn en Marisela (3).
• Kitaar deur Sandy Robbie (2, 8).
• Kitaar deur Nathi Louw en Tshepo Mohapi (10).
• Kitaar deur Tshepo Mohapi (9).
© Kopiereg SAMRO