

Egmond se eerste remix album word in 2020 afgekondig kort op die hakke van die Verslaaf Video Remix bekendstelling. Die album is ‘n versameling van Egmond se beste remixes van 2003 tot 2020 wat vir die eerste keer saam op ‘n album verskyn.
Een Ding se demo het vroeg in 2020 sy debuut gemaak op die Ongevraagde “Hello” Skrikkeljaar album, maar die remix is reeds in Maart 2016 uitgereik as ‘n iTunes Connect Exclusive. Sedert die platform tot niet gemaak is, kry die destydse ekslusiewe remix sy plekkie in die son saam met ‘n groepie ander remixes wat deur die jare as B-sides uitgereik is op verskeie enkelsnitte. Gister se remix was self op die platform so uitgereik en is in 2018 as B-side vir Koebaai uitgereik op iTunes en ander digitale platforms.
Die remixes is deur verskeie kunstenaars behartig, soos Arnaldo Suarez wat reeds sedert 2003 deel van Egmond se loopbaan is. Die oorspronklike CD-single van This Morning, wat as ‘n limited edition uitgereik is in Augustus 2003, het ‘n remix van die enkelsnit ingesluit wat nog nooit digitaal uitgereik was nie. Dit word nou vir die eerste keer bekendgestel saam met Een Ding wat ook deur Arnaldo Suarez geremix is.
Gee Voor Jy Groet se 2007 remix was saam met die remix van Jy’s In My Bloed uitgereik in 2008 op die oorspronklike CD-weergawe van Ongevraagde “Ritmes”. Daardie album is later in 2012 in ‘n ander formaat uitgereik en ‘n ander weergawe van Jy’s In My Bloed was ingesluit. Dit maak dus die liedjies se eerste verskyning op die digitale platform op ‘n album, alhoewel die Jy’s In My Bloed remix reeds in 2016 as B-side uitgereik was.
Volgens Egmond het die idee vir die album ontstaan toe hy besef het hoeveel van sy treffers reeds remixes het, en dat ‘n album die perfekte manier was om al daardie weergawes saam te groepeer. Die album se omslag kom vanuit die Verslaaf musiek video wat beeldmateriaal van beide 2010 en 2020 gehad het in dieselfde tonele. Egmond het gesê dat omdat die album bestaan uit musiek van vroeg en later in sy loopbaan, dat hierdie die perfekte manier was om die album saam te vat in ‘n omslag.
Ses van die remixes wat op die album verskyn, ondermeer Verslaaf, Kom Red My, Gee Voor Jy Groet, This Morning, Jy’s In My Bloed en Brug Lelies kry almal nuwe musiek videos vir die remixes. Die ander 5 treffers op die album het almal reeds musiek video uitreikings gehad deur die jare. Dit maak die hele album nie net ‘n digitale luister genot nie, maar ook ‘n eerste vir Egmond dat sy hele album as video album ook beskikbaar is.
Twee enkelsnitte is vanaf die album uitgereik. Die eerste, Verslaaf, is in Junie uitgereik terwyl die tweede, Kom Red My, in Augustus 2020 uitgereik is as enkelsnit. Beide liedjies se musiek videos het reeds in Mei hul debuut gemaak.
Tracklisting
1) Melkweg Reënboog [Club Mix]
2) Kom Red My [Vocal Up Remix]
3) Better Days (ft Algorrid3m) [Algorrid3m Remix]
4) Verslaaf [Video Remix]
5) Brug Lelies [Remix]
6) Ongelooflik [Ruddha Remix]
7) Een Ding [Arnaldo Suarez Bial Remix]
8) Gister [2016 Remix]
9) Jy’s In My Bloed [Remix]
10) Gee Voor Jy Groet [2007 Remix]
11) This Morning [Arnaldo Suarez Remix]
Enkelsnitte


KRY “REMIXED” HIER
• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (5) musiek ook deur Nathi Louw.
• Opgeneem tussen Jun 2003 en Aug 2020.
• Oorspronklike weergawe van 1 vanaf Nog Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• Oorspronklike weergawe van 2 vanaf Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• Oorspronklike weergawes van 3 en 11 vanaf Lights Blinding. Sien besonderhede hier.
• Oorspronklike weergawe van 4, 8, 9 en 10 vanaf Ongevraagde “Hello”. Sien besonderhede hier.
• Oorspronklike weergawe van 6 vanaf Ongevraagde “Ritmes”. Sien besonderhede hier.
• Oorspronklike weergawe van 5 en 7 vanaf Ongevraagde “Hello” – Skrikkeljaar. Sien besonderhede hier.
• Algorrid3m verskyn op Better Days.
• Glenda Millar verskyn op Jy’s In My Bloed.
• Ongelooflik remix deur Ruddha.Com.
• Een Ding en This Morning remixes deur Arnaldo Suarez.
• Addisionele opnames van Gee Voor Jy Groet deur Barend du Plessis.
• Finale meng en verdere remixes deur Egmond.
© Kopiereg SAMRO