

As deel van die 15-jaar feesvieringe van Egmond se loopbaan, kry die Sirkus Applous album ‘n deluxe uitreiking wat die album met nog ‘n addisionele 5 liedjies opstoot. Die insluitings sluit in ‘n splinternuwe Kersfees weergawe van ‘n bekende treffer asook ‘n verdere vier van Egmond se enkelsnitte wat bekendheid verwerf het tussen 2003 en 2018.
Meer Sirkus Applous word uitgereik 15 jaar nadat Egmond sy eerste Afrikaanse enkelsnit, V’more, in Desember 2003 bekendgestel het aan die wêreld. Die liedjie, wat die catalyst was vir die opname van sy debuut album Ongevraagde “Hello”, is ‘n vertaling van sy debuut Engelse enkelsnit This Morning, wat Augustus 2003 uitgereik was. In 2017 is die Engelse enkelsnit opgeneem met ‘n Kersfees klank, en vir die album is V’more ook bederf met dieselfde Kers-produksie. Die oorspronklike opname is herbesoek om addisionele klem te plaas op die stem van Clout-sangeres Glenda Millar, wat hierdeur ook meer fokus kry in die nuwe weergawe van die treffer. Die liedjie is uitgereik as enkelsnit voorganger. Die album-weergawe daarvan is hierop ingesluit.
Tesame met Iewers, wat in 2011 bekendheid verwerf het vir sy kleurvolle musiekvideo, en Brug Lelies, wat ook daai jaar weer opgeneem was om Yolandi van Vlieg-faam in te sluit, het die debuut album ook die #1 dans treffer As Jy Wil opgelewer in 2009. Die Afrikaanse weergawe van Better Days wat in 2014 opgeneem was as deel van die Vuil Wasgoed EP se futuristiese musiek video het opslae gemaak toe dit in Julie daardie jaar uitgereik was as voorganger vir daardie album. Paradys verskyn dus ook op die album in sy oorspronklike video weergawe. Egmond het gesê dat sy ontmoeting met Algorrid3m ‘n groot invloed op hom gehad het en dat dit ‘n eer is om met die kunstenaar te werk.
As ‘n spesiale bonus is die openings treffer Kom Red My ingesluit in ‘n ietwatse ander weergawe, nl. die “2019 Remix”.
Volgens Egmond is die deluxe weergawe van die album goed opgesom in die titel se eerste woord “meer”. Na die oorweldige positiewe reaksie op die treffers album, en die navraag vir nog Egmond musiek, was dit die perfekte geleentheid (en ook die ideale manier) om terug te kyk na die begin van sy loopbaan en weereens ‘n buiging te maak uit dank vir sy tyd in die musiek wêreld.
In April 2021 word die album onttrek van alle platforms om plek te maak vir die nuwe opkomende Sirkus Applous Encore, ‘n 10 stuk treffer album wat Junie 2022 uitgereik word. Die oorspronklike Meer Sirkus Applous album is beskikbaar op SoundCloud en sluit die 2021 weergawe van Dis Elektries (ft Yolandi) in.
Tracklisting
1) Kom Red My [2019 Remix]
2) Melkweg Reënboog
3) Koebaai
4) Better Days (ft Algorrid3m)
5) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
6) Dis Elektries [2016 Remake] (ft Yolandi)
7) Mors
8) Brug Lelies (ft Yolandi)
9) Paradys (ft Slay)
10) As Jy Wil
11) Gee Voor Jy Groet
12) Vlieg (Duet met Yolandi)
13) Iewers
14) Reën Aan Die Brand Steek [2016 Remake]
15) V’more (ft Glenda Millar) [Kersfees Remix]
Enkelsnit

LUISTER NA “MEER SIRKUS APPLOUS” HIER
• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (4) musiek ook deur Algorrid3m en (3) musiek ook deur Sandy Robbie.
• Opgeneem tussen Desember 2003 en Oktober 2018
• 1, 2, 5 en 14 vanaf Nog Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• 4 vanaf Lights Blinding. Sien besonderhede hier.
• 6, 7, 8, 10, 11, 13 en 15 vanaf Ongevraagde “Hello”. Sien besonderhede hier.
• 9 en 12 vanaf Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• Koebaai opgeneem tussen Februarie & Junie 2018 deur Sandy Robbie. Finale produksie en meng deur Sandy Robbie.
• 1, 6 en 15 addisionele opnames deur Egmond en Sandy Robbie in Oktober 2016 en Oktober 2018.
• Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg, Brug Lelies en Dis Elektries.
• Algorrid3m verskyn op Paradys, DJ en Better Days.
• Sandy Robbie verskyn op DJ.
© Kopiereg SAMRO