Die Spotify ULTIMATE! playlist is beskikbaar as ‘n limited edition album ter viering van die pop-rocker se nuutste #1 treffer Aardbewing, asook die splinternuwe COLLECTORS reeks wat al die sanger se albums vir die eerste keer op LP (en ook CD!) beskikbaar stel.

Alhoewel Aardbewing hoort aan die album 1728, word dit saam met 12 ander treffers uitgereik op LP en CD. Die limited edition bied slegs 50 eksamplare van die 4 verskillende weergawes elk te koop. Naas die standaard CD album en plaat, is daar ook ‘n deluxe weergawe van die CD beskikbaar met 2 bonus snitte en ‘n 12-bladsy boekie, terwyl die gewone 13-snit LP ook beskikbaar is met die 12-bladsy boek. Die deluxe weergawe CD sluit die bonus snitte Hello en Reën (Aan Die Brand Steek) in.

Die Spotify playlist is reeds in April 2025 uitgereik, en opgedateer met elke nuwe uitreiking. Getiteld ULTIMATE!, bevat die speellys elke enkelsnit wat uitgereik was deur die sanger se loopbaan.

Die album sal afgetree word in die nabye toekoms en sal slegs beskikbaar wees vir ‘n kort tydperk. Die ULTIMATE! album sal dus ook weer afgetree word en opdateer word soos wat nuwe musiek beskikbaar gemaak word, om sodoende altyd die nuutste weergawe vir luisteraars te kan bied.

Die album omslag bevat fotos vanaf die Aardbewing musiek video en foto sessie, terwyl die 12-blad boekie verskeie fotos uit die kunstenaar se loopbaan insluit.

Release history

Streaming oorspronklik uitgereik 9 April 2025
Streaming nuutste weergawe uitgereik 3 Oktober 2025
Collectors LP/CD uitgereik 12 Desember 2025

Tracklisting LP / CD

2025


1) Aardbewing
2) Spookasem
3) Kom Red My
4) Ongelooflik (ft Kaley)
5) Encore (Op Die Radio)
6) Dis Elektries (ft Yolandi)
7) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
8) Better Days (ft Algorrrid3m)
9) Everything We Say (Remix ft Algorrdi3m & Sandy Robbie)
10) Gee Voor Jy Groet
11) Koebaai
12) Vlieg (ft Yolandi)
13) Pyn (ft Kaley)

2025 Deluxe


1) Aardbewing
2) Spookasem
3) Kom Red My
4) Ongelooflik (ft Kaley)
5) Encore (Op Die Radio)
6) Dis Elektries (ft Yolandi)
7) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
8) Better Days (ft Algorrrid3m)
9) Everything We Say (Remix ft Algorrdi3m & Sandy Robbie)
10) Gee Voor Jy Groet
11) Hello *
12) Koebaai
13) Vlieg (ft Yolandi)
14) Pyn (ft Kaley)
15) Reën (Aan Die Brand Steek) *
* Deluxe bonus snitte

STROOM “ULTIMATE!” HIER

Opgeneem tussen Januarie 2004 – September 2025.

Finale produksie deur Sandy Robbie, behalwe (7, 8, 9) ook deur Algorrid3m, Renier Henn (10) en Bernie Millar / Duncan Todd (13)

  • Algorrid3m verskyn op DJ, Better Days en Everything We Say.
  • Kaley verskyn op Ongelooflik en Pyn.
  • Anne-Marie Burger & Ian Müller verskyn op Ongelooflik.
  • Anne-Marie Burger verskyn op Spookasem.
  • Sandy Robbie verskyn op DJ, Everything We Say.

© Kopiereg SAMRO