

Toe daar op ‘die ‘n titel besluit was vir Egmond se Afrikaanse debuut album, was die sanger druk besig met die opnames van die tweede Afrikaanse enkelsnit Mors. Daar was toe reeds meer as 10 liedjies “ver-Afrikaans” nadat die beplande Engelse debuut album laat vaar is ten gunste van ‘n Afrikaanse een. Die titel het nie rerig by enige van dié liedjies se lirieke ingepas nie, en die enigste een waar dit wel ritmies gepas het was nie van pas storie gewys nie.
“Dit was vir my ‘n baie groot dilemma,” vertel Egmond. “Die album titel was iets spesiaals, en ek wou graag ‘n liedije hê wat luisteraars met die album kon koppel. Iets wat uitstaan. Maar ek kon dit nêrens plaas vir ‘n hele klompie maande nie.” Toe een dag in in April 2004 ontdek hy ‘n deuntjie op sy kitaar en skryf ‘n splinternuwe Afrikaanse liedjie met die album titel in. Alhoewel die liedjie ‘n nuwe naam gekry het, was die skrywer tevrede. Die album titel was vas.
Dit het meer as ‘n jaar geduur voordat Gister opgeneem is in Johannesburg by Bernie Millar. Die span agter die sukses van Jy’s In My Bloed en V’more was almal weer daar – Glenda Millar op backing vocals en Sandy Robbie op kitaar. Die stem opnames is Egmond se bestes genoem tot op daardie stadium, en met ‘n nuwe rock klank was die liedjie vol beloftes.
‘n Promosie CD single is gesny en te koop aangebied op die webwerf en het gespog met ‘n foto van ‘n portret wat die kunsternaar self geskilder het toe hy 14 jaar oud was. Die reaksie op Gister was positief en ‘n Radio Kragbron in Desember van 2005 het gesorg vir die liedjie se debuut op die radio.
Met die sukses van die liedjie op radio was die sanger vol hoop en die eerste konsert vir 2006 was voor ‘n groot gehoor in sy tuisdorp. Die vertoning, wat voor Kurt Darren en Mandoza geskeduleer was, het ‘n setlist gehad wat Gister ingesluit het. Deel van die setlist was ‘n nuwe weergawe van Gee Voor Jy Groet, wat toe nog nie opgeneem was nie, en vir die eerste keer uitgetoets sou word aan ‘n gehoor. Die reaksie op Gister was baie negatief, en die gehoor het die sanger uitgejou tydens die optrede. Om die konsert kort te knip weens die negatiewe reaksie op die liedjie, het die sanger besluit om nie die nuwe weergawe van Gee Voor Jy Groet te sing nie, en het gedui aan die tegniese span om na die finale snit van die optrede aan te skuif. Maar Gee Voor Jy Groet het begin speel en die sanger het met ‘n swaar hart die liedjie gesing. In ‘n verbasende skuif het die openings note van die liedjie skielik ‘n opgewonde reaksie uit die gehoor gelok en die gehoor het gejuig en hande geklap vir dié nuwe liedjie. Die negatiewe reaksie op Gister was gou vergete en die konsert het geeindig met Mors, wat reeds ‘n radio gunsteling was op daardie tyd. Na die konsert is alle promosie vir Gister gestaak weens die reaksie, en alle fokus is geskuif om die nuwe Gee Voor Jy Groet op te neem.
Die onverwagte bekendstelling van die iTunes Connect-exclusive single Gister vier die 5de herdenking van Egmond se debuut album Ongevraagde “Hello” in ‘n nuwe weergawe. Gister is uitgereik op die iTunes Music Connect platform waar followers op die platform die eksklusiewe vrystelling gratis kan stream en ook aflaai. Volgens Egmond wou hy nog altyd Gister as enkelsnit uitgereik het, maar dat daar destyds ander liedjies was wat meer radio-friendly was. Die album weergawe was ook volgens Egmond uitgetoets aan ‘n gehoor in 2006 maar was nie so goed ontvang soos die ander album snitte nie.
Om die debuut album se 5 jaar herdenking te vier, is Gister weer genader. Naas die bekendstelling van Dis Elektries se 2016 Remake, is daar ook vir Gister ‘n nuwe baadjie aangetrek. “Die remix is ‘n nuwe cut van die liedjie wat baie meer radio-friendly is as die album weergawe,” vertel Egmond. Die enkelsnit se omslag foto kom vanaf dieselfde foto sessie wat in 2004 gedoen is deur fotograaf Jeannie de Beer vir die debuut album. Die musiek video verteenwoordig ook daardie foto sessie en is in vroeg 2017 ook eksklusief of iTunes Connect bekend gemaak, en later op die You Tube kanaal. Die snit was vir 2 jaar eksklusief aan iTunes Connect en is in 2018 uitgereik as die b-side vir die enkelsnit Koebaai. In 2020 word die 2016 Remix ook ingesluit op die album Remixed wat uitgereik word op alle digitale platforms.
Vir die Ongevraagde “Hello” 2.0 projek is Gister weer benader en herdoop as Hello met nuwe lirieke en ‘n nuwe produksie. Hello is in 2022 uitgereik as enkelsnit. Egmond vertel dat hy vandag die kitaar demo verkies bo die studio produksie van Gister, omdat dit beter die gevoel van die eintlike liedjie vasvang. “Die reaksie op Gister na die 2006 konsert het sekerlik iets te doen met my kamstige dislike vir die studio weergawe, maar die essence van die liedjie was nog altyd baie spesiaal, en ek dink nadat ons dit weer benader het en met Hello opgekom het, kon ek ophou skaam wees oor die liedjie wat uiteindelik ‘n treffer geword het 18 jaar nadat dit geskryf was. En natuurlik, die album titel soortvan teruggewen het.”
In 2025 word die 20ste herdenking van die enkelsnit uitgereik met ‘n nuwe remastered weergawe van die album snit, ‘n voorheen onbeskikbare studio demo, en die 2004 akoestiese demo. In 2026 word ‘n CD single uitgereik, 21 jaar nadat dit die eerste keer as promosie enkelsnit uitgereik was. Die enkelsnit sluit 4 snitte is, soortgelyk aand die 20th anniversary se looporde.
Release history
CD-Single – 19 Augustus 2005 (Retired)
iTunes Connect Exclusive – 13 Oktober 2016 (2016 Remix) (Retired)
Streaming – 25 Desember 2025 (20th Anniversary Edition)
CD-Single – 13 Februarie 2026
2016 Remix video stills
STROOM “GISTER” HIER
“Hello” – ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos botter op ‘n droë stuk brood; water wat in slote loop. “Hello” – jou ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos spasie op ‘n dubbel bed; visse in ‘n tuna net. Gister, sonder jou was daar gister. Motgereënde blou. Nou is die dae waar ons hande kan vashou. In die water kan val as die vure ons neerklou. Gister. “Hello” – jou ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos aande saam voor ons tv; vakansies saam by die Kaapse see. “Hello” – ongevraagde “hello”. Ongevraagd soos die goud wat om ons vingers draai; jou kyk as jy jou arms om my swaai.
Woorde & Musiek: Egmond
© Kopiereg SAMRO




