Tydens die opname van Egmond se debuut album het die pop-rocker verskeie demos opgeneem met backtracks wat self geproduseer is. Een van dié snitte is ‘n paar maande na die album se uitreiking opgeneem. Die snit was natuurlik getiteld Ongelooflik.

In 2010 en in 2012 word daar remixes van Ongelooflik uitgereik, wat die 2008 opname gebruik het as basis. Die Arnaldo Suarez Remix was die voorganger vir die album Ongevraagde “Ritmes” en die prettige musiek video het in 2013 op die voorblad van Channel24 beland toe dit ‘n gedugte lys gehaal het. En dit is waar die liedjie se storie geeindig het; of so het dit geblyk.

Daar word in 2021 afgekondig dat Ongelooflik ‘n nuwe remake treatment gaan ontvang vir die beplande Ongevraagde “Ritmes” 2.0 album, maar daardie album word gekanselleer. Tog bly die idee spook by Egmond om die liedjie ‘n volwaardige studio weergawe te gee. Die geleentheid doen homself voor vir die Koeksister Pop album.

Ongelooflik word van voor af genader en die liedjie se struktuur word vereenvoudig en versterk. ‘n A cappella demo word voorgelê aan Sandy Robbie, sonder enige verwysings na die bestaande remixes. Die huidige musiektoneel lewer ook inspirasie vir die klank van die opname.

Wat volg is maande se intensiewe produksie aan beide kante van die wêreld, met Sandy Robbie wat agter die rekenaars sit in Australië, terwyl daar stem opnames in die Noordkus van Suid-Afrika voltooi word.

‘n Nuwe prechorus word geskryf terwyl daar meer uitvoerige stem opnames voltooi word om meer lyf aan die enkelsnit te verskaf. Kaley, van Pyn-faam, keer ook terug vir dramatiese effek op die refrein en verskeie verse. Terwyl die duet met die Australiaanse nagtegaal radio golwe verower landswyd, word daar gewerkskaf aan die liedjie wat dien as die derde enkelsnit vanaf Koeksister Pop.

Daar word boonop twee spesiale gaste genooi om deel te wees van die liedjie, naamlik radio omroepers Anne-Marie Burger (Radio Overberg) en Ian Müller (Jou Stasie). Egmond vertel dat die lirieke was ‘n tipe “life imitating art, imitating life” ervaring, en dat alhoewel die woorde reeds in 2008 geskryf was, dat dit sy ervaring gebeeldspieël het van die afgelope jaar. Dit was juis die talle onderhoude op radio wat die sanger na die omroepers laat uitreik het om deel te word van die projek. “Natuurlik het albei ja gesê, en dit is ‘n baie groot eer om hierdie top omroepers in die liedjie te kan hê.”

‘n Musiekvideo word voltooi in April, met ‘n foto wat op sosiale media geplaas is om die opname af te kondig. Egmond vertel dat die musiek video ‘n homage is aan sy 20 jaar in die industrie. Beeldmateriaal van hoogtepunte die laaste twee dekades is vasgevang in die agtergrond van die video, wat ook die beelmateriaal insluit van die onuitgereikte Pyn “mirror” musiek video. Die Sandy Robbie studio opnames van Kaley word ook vasgevang in die kleurvolle neon musiek video. ‘n Lirieke video maak sy debuut maak op 30 Junie 2023 tesame met die album Koeksister Pop se uitreiking. ‘n “Making Of” video wat ‘die eerste ‘n kykie agter die skerms bied van die nuwe treffer word op 6 Julie 2023 uitgereik. Die volledige musiek video word saam met die enkelsnit uitgereik op 7 Julie 2023.

In vroeg Julie begin verskeie radio stasies Ongelooflik lys op hul speellyste, insluitende Radio X5 Stereo, Musical Venture Radio, Springbok Internet Radio en Radio Namakwaland. Olka Bolka, Glans en Galora SA deel ook die pers verklaring. Maroela Media skryf ook oor die nuwe vrystelling en plaas dit op hul Spotify lys van nuwe uitreiking. In Augustus maak Ongelooflik sy debuut op RSG se Oppiradio met Haidee Muller-Isaacs. Ook in Augustus word onderhoude gevoer op Kosmos Stereo, Caledon FM, Radio Laeveld, Overvaal Stereo en Jou Stasie oor die nuwe enkelsnit. In September volg verdere onderhoude op IFM Radio 102.2, Impala Internet Radio, Radio Overberg, Lekker FM en Jou Radio. Die enkelsnit het verdere sukses behaal op Overvaal Stereo waar dit in die ‘n top 10 geland het in die weeklikse treffers, asook die top 10 van die maand sedertien dit sy debuut gehaal het.

KRY “ONGELOOFLIK” HIER

Voorblad storie oor jou gesing. Vingers, ligte in jou rigting. En ek sien jou. Almal sien jou. As ek jou sien weet ek jy is ongelooflik. Ongelooflik vir my. Jy is ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my. In die sterre kan jy baljaar. Op die golwe word jy ervaar. En ek hoor jou. Almal hoor jou. As ek jou hoor weet ek jy is ongelooflik. Ongelooflik vir my. Jy is ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my. Ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my. Ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my. En ek sien jou. Almal sien jou. As ek jou sien weet ek jy is ongelooflik. Ongelooflik vir my. Jy is ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my. Onderhoude op radio. Paparazzi wat soek na jou. En ek hoor jou. Almal hoor jou. As ek jou hoor weet ek jy is ongelooflik. Ongelooflik vir my. Jy is ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my. Ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my. Ongelooflik. Jy’s ongelooflik vir my.

Woorde: Egmond Musiek: Egmond & Sandy Robbie
© Kopiereg SAMRO