Egmond se tweede grootste treffers album, Sirkus Applous, is ‘n versameling van sy mees populêrste treffers wat uitgereik is as enkelsnitte tydens sy loopbaan wat strek vanaf 2003 tot 2018. Sirkus Applous se promosie is afgeskop in 2018 met die nuwe enkelsnit Koebaai. Die album sluit naas die nuwe opname 9 van Egmond se grootste treffers in, waaronder die #1 liedjies Melkweg ReënboogDis Elektries, en die onlangse Hosa Radio nommer #1 treffer Better Days (ft Algorrid3m).

Die Sirkus Applous projek is saamgestel om Egmond se onmiskenbare klank te verteenwoordig. Met oor die 800 duisend digitale eenhede wat reeds verkoop is, is die album se snitte gekies uit sy top verkope op iTunes, die kykergetalle op YouTube en radio gunstelinge die afgelope 15 jaar.

Die album titel Sirkus Applous het Egmond alreeds uitgedink in 2013 kort nadat hy verlief geraak het op Lady Gaga se liedjie ‘Applause’. Egmond is self ‘n groot Britney Spears aanhanger, en haar album ‘Circus’ was op sy lessenaar toe hy die 2 bymekaar gesit het in ‘n titel wat hy geweet het hy eendag wou gebruik. “Dit is die regte titel vir die album wat my musiek loopbaan in twee woorde vasvat – ‘n holderstebolder ervaring van ‘n skouspel wat menige aanhangers gekweek het!” Die titel word ook ingesluit in die lirieke van Koebaai. Vir eers, ‘n buiging gevolg deur ‘n rondte sirkus applous…

In April 2021 word die album onttrek van alle platforms om plek te maak vir die nuwe opkomende Sirkus Applous Encore, ‘n 10 stuk treffer album wat Junie 2022 uitgereik word. Die oorspronklike Sirkus Applous album is beskikbaar op SoundCloud en sluit die 2021 weergawe van Dis Elektries (ft Yolandi) in.

Tracklisting

1) Kom Red My
2) Melkweg Reënboog
3) Koebaai *
4) Better Days (ft Algorrid3m)
5) DJ (ft Algorrid3m & Sandy Robbie)
6) Dis Elektries (ft Yolandi)
7) Mors
8) Gee Voor Jy Groet
9) Reën Aan Die Brand Steek
10) Vlieg (duet met Yolandi)

* Nuwe opname
Enkelsnit

LUISTER NA “SIRKUS APPLOUS” HIER

• Woorde & Musiek: Egmond, behalwe (4) musiek ook deur Algorrid3m en (3) musiek ook deur Sandy Robbie.
• Opgeneem tussen Desember 2003 en Junie 2018
• 1, 2, 5 en 9 vanaf Nog Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• 4 vanaf Lights Blinding. Sien besonderhede hier.
• 6, 7 & 8 vanaf Ongevraagde “Hello”. Sien besonderhede hier.
• 10 vanaf Vuil Wasgoed. Sien besonderhede hier.
• Koebaai opgeneem tussen Februarie & Junie 2018 deur Sandy Robbie. Finale produksie en meng deur Sandy Robbie.
• Dis Elektries [2016 Remake] addisionele opnames deur Egmond en Sandy Robbie in Oktober 2016.
• Yolandi Van Deventer verskyn op Vlieg en Dis Elektries.
• Algorrid3m verskyn op DJ en Better Days.
• Sandy Robbie verskyn op DJ.

© Kopiereg SAMRO